Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die girl op die internet
Die girl op die internet [boodskap #83335] Do, 04 September 2003 23:09
bliksim wit  is tans af-lyn  bliksim wit
Boodskappe: 54
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Volle Lid
Toe ek nog a student was in Stellenbosch het ek eendag vir a girl in
Johanneburg begin skryf op die Internet (ja, dit was OP DIE INTERNET!).
Die ding was dat ek verlief was op a ander girl, of miskien was ek net
deurmekaar, julle ken studente... Maar toe loop ek die girl raak erns OP
DIE INTERNET.

Ek was weerbaar, sy was geskei met a kind, ek het baie gepraat, sy het
baie gepraat, ons altwee het geglo dat daar erns iemand is wat sal
verstaan.... Ek onthou dat ek een maand a selfoon rekening gekry het vir
R1000 en dit was werklik in die begin dae van selfone.

Anyhow, om a lang storie korter te maak, een dag besluit ek en Roche om
vir RR Ryger te gaan kuier met ons drie floppie diskette vol porngrafie
afgelaai van die internet af.
Ons het van sy boeke gehou (sterk aan te beveel vir enige iemand met a pap
koppie, die hol gevoel, beertjie en sy boytjies en die spoed van die lewe)
en die man was redakteur van Loslyf so nie net kon ons a bietjie besigheid
doen nie, maar ons kon ook die meester se hand skud (gmphf)

Ons het ons self ingeboek op die trein van Kaapstad Johburg toe en met ons
kitare en 6 halfjacks brandewyn saam met 4 ander suckers in a kompartement
begin party (hy ek onhou nou dat Valiant Swart en die Valk ook op die
trein was, heel toevallig). Ongelukkig het ons meer hormone as rekenaar
kennis gehad en Loslyf het nie veel belang gestel in a onlangs
geformateerde windows95 floppy nie.

Op Johannesburg aangekom wag ons aleen by die bus terminus in Hilbrow vir
die internet girl. Uiteindelik tel sy ons op en daar trek ons weg teen die
spoed van lig deur die verlate strate van Johannesburg in haar geroesde
Exa op pad xxx
toe om vir my pa hulle te gaan kuier.

Al wat ek vandag kan onhou is hoe baie die girl in my geglo het. Sy het
werklik geglo dat ek haar sal verlos van ...haar lewe. Dat ons saam in
Stellenbosch sou kom bly en ek/ons alles sou kon reg maak.

Die moral of the story: Pasop vir die mense op nuusgroepe want jy ken
hulle nie van koekie seep nie ;-)

B
Vorige onderwerp: en Lorinda, die wiel het gedraai :-)
Volgende onderwerp: (no subject)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 13 14:25:25 MGT 2024