Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Winterpad " deur ANDRE LE TOIT
" Winterpad " deur ANDRE LE TOIT [boodskap #82992] Wo, 27 Augustus 2003 12:34 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
WINTERPAD (uit "Die Bar op de Aar)
André le Toit

Ek wil my deken met jou deel
Daar's prentjies van mooi bome op
Ek wil nagdeur jou vrugte steel
En die skille in my hand omdop
Ek wil jou uitsuig soos lemoene
Hoog raak op jou soene
Verlei maar my spioene
Kom deel my bedsprei en nog wat
Kom rook die pyp met my majat
Winterpad my willegat

Daar's pinball-games diep in jou oë
Daar's twintigsente op jou bors
Jou water kom direk van bo
En soos die hert het ek ook dors
Ek sal jou inryg soos rooi krale
Ek sal jou rook soos my sigare
Jou vel, jou hande en jou hare
Oompie het 'n vark gery
Maar jy's vir altyd bo-op my
Winterwei my lekkerkry

Krismisrose in die tuin
Poliesmanne in die townships
Luister-bugs in die gordyn
Wie gaan next time opslip?
Kanker op die wit veranda
Jou troepe roep 'n hees amandla
Vlug jou oë na ander lande?
Vroutjie, wees my noodtoestand
My hele lyf is aan die brand
Winterland my watertand.
Re: " Winterpad " deur ANDRE LE TOIT [boodskap #83052 is 'n antwoord op boodskap #82992] Vr, 29 Augustus 2003 16:28 Na vorige boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Toppertjie!

"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> WINTERPAD (uit "Die Bar op de Aar)
> André le Toit
>
> Ek wil my deken met jou deel
> Daar's prentjies van mooi bome op
> Ek wil nagdeur jou vrugte steel
> En die skille in my hand omdop
> Ek wil jou uitsuig soos lemoene
> Hoog raak op jou soene
> Verlei maar my spioene
> Kom deel my bedsprei en nog wat
> Kom rook die pyp met my majat
> Winterpad my willegat
>
> Daar's pinball-games diep in jou oë
> Daar's twintigsente op jou bors
> Jou water kom direk van bo
> En soos die hert het ek ook dors
> Ek sal jou inryg soos rooi krale
> Ek sal jou rook soos my sigare
> Jou vel, jou hande en jou hare
> Oompie het 'n vark gery
> Maar jy's vir altyd bo-op my
> Winterwei my lekkerkry
>
> Krismisrose in die tuin
> Poliesmanne in die townships
> Luister-bugs in die gordyn
> Wie gaan next time opslip?
> Kanker op die wit veranda
> Jou troepe roep 'n hees amandla
> Vlug jou oë na ander lande?
> Vroutjie, wees my noodtoestand
> My hele lyf is aan die brand
> Winterland my watertand.
Vorige onderwerp: Uit " Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Die Brommer " deur CHARL- PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 00:22:00 MGT 2024