Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Toeriste sterf in Namib
Toeriste sterf in Namib [boodskap #83022] Do, 28 Augustus 2003 06:43
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nóg oorsese toeriste het die gees gegaf in die Namib agter die stuur van
gehuurde voertuie. Spesifiek hierdie jaar het ons al 'n slegte rekord van
sterftes en die neiging is dat dit al meer word. Die eerste gedagte sal
wees dat dit die paaie is wat so sleg en nou is, maar die teendeel is waar.
Namibië het een van die beste paaiestrukture in Afrika en veral die
grondpaaie, waarop die ongelukke meestal gebeur, is breed en wyd oop
geskraap en behoort dit eintlik g'n probleem te wees nie. Die probleem is
egter gehuurde 4x4 voertuie en bestuurders wat eintlik nie gekwalifiseerd is
om op sulke paaie te ry nie. Baie opvallend is dat meeste van die oorsese
mans, hulle vrouens [of meisies] toelaat om die 4x4 te bestuur. .....nou ken
ons almal vrouebestuurders!
Vorige onderwerp: Geskenk vir Katryn (Not)
Volgende onderwerp: Ek het ook 'n vibrator
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 01:56:10 MGT 2024