Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaanse Taal Groep - Stigting
Afrikaanse Taal Groep - Stigting [boodskap #8188] Ma, 27 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Blue Peter[2]  is tans af-lyn  Blue Peter[2]
Boodskappe: 15
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Dankie vir die belangstelling. Ek is trots op my moedertaal, Afrikaans, en wil
graag die taal bevorder, sosiaal, akademies en kultuur. Ek wil graag van
belangstellendes hoor in die omgewing van Kaapstad wat daarin belang sal stel
om periodies (maandeliks) bymekaar te kom om sake aangaande Afrikaans te
bespreek. Die onderwerpe kan redelik wyd uitlopend wees, maar is ten doel om
Afrikaans te bevorder.

Alle belangstellendes kan my via e-pos kontak.

Ek sien uit na julle reaksie!

Groete

Gerhard

(N.S. Miskien is daar alreeds sulke groepe in die omgewing, laat my weet.....)
Re: Afrikaanse Taal Groep - Stigting [boodskap #8215 is 'n antwoord op boodskap #8188] Di, 28 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 27 Jan 97 15:14:57 GMT, am...@iafrica.com (Blue Peter) wrote:

bespreek.>>>[/color]

Gaan die vergaderings later geheim wees?

Gaan besluit geneem word?

Gaan mense se loopbane beinvloed word?
Re: Afrikaanse Taal Groep - Stigting [boodskap #8267 is 'n antwoord op boodskap #8188] Do, 30 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Dit gaan baie meer doen vir
> Afrikaans as om te besluit watter maatskappybaas julle gaan teer en
> veer omdat hy 'n Engelse advertensie op die radio plaas of nie
> Afrikaanse vertalings vir die bestanddele van Aromat op sy botteltjies
> plaas nie.
>
> sommer net 'n gedagte
> herman
>
>

Ja Herman, beter kon jy dit nie gestel het nie.

Koos kakkies
Re: Afrikaanse Taal Groep - Stigting [boodskap #8268 is 'n antwoord op boodskap #8188] Do, 30 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
herman[2]  is tans af-lyn  herman[2]
Boodskappe: 8
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
am...@iafrica.com (Blue Peter) wrote:

> Dankie vir die belangstelling. Ek is trots op my moedertaal, Afrikaans, en wil
> graag die taal bevorder, sosiaal, akademies en kultuur. Ek wil graag van
> belangstellendes hoor in die omgewing van Kaapstad wat daarin belang sal stel
> om periodies (maandeliks) bymekaar te kom om sake aangaande Afrikaans te
> bespreek. Die onderwerpe kan redelik wyd uitlopend wees, maar is ten doel om
> Afrikaans te bevorder.

> Alle belangstellendes kan my via e-pos kontak.

> Ek sien uit na julle reaksie!

> Groete

> Gerhard

> (N.S. Miskien is daar alreeds sulke groepe in die omgewing, laat my weet.....)

ai my liewe vader ou Gerhard
dit begin nou al weer klink soos die pre-90's politiek - talks about
talks. hoekom word daar nou alewig groepe gestig en vergaderings gehou
om die toekoms van iets so organies soos Afrikaans te analiseer, te
verwetenskaplik en dood te praat? hoekom gebruik jy en die ander
belangstellendes in sulke klinies-vervelige groepe nie eerder julle
tyd en geld om Afrikaans te bevorder deur die ondersteuning van die
kunste nie? Dis waar die groeipunt en die uiteindelike redding of
ondergang van die taal lê. Julle kan in die tyd wat dit julle vat om
te bespreek of daar genoeg Afrikaans op maaskaashouers is eerder gaan
luister na 'n Afrikaanse kunstenaar soos Valiant Swart of die geld
waarmee julle bier en pretzels gaan koop vir julle vergadering eerder
spandeer om 'n CD van Kerkorrel (of Marimba of Rauch of wat ook al
julle smaak kielie) te gaan koop. Dit gaan baie meer doen vir
Afrikaans as om te besluit watter maatskappybaas julle gaan teer en
veer omdat hy 'n Engelse advertensie op die radio plaas of nie
Afrikaanse vertalings vir die bestanddele van Aromat op sy botteltjies
plaas nie.

sommer net 'n gedagte
herman
Re: Afrikaanse Taal Groep - Stigting [boodskap #8280 is 'n antwoord op boodskap #8188] Vr, 31 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article,
writes:

> am...@iafrica.com (Blue Peter) wrote:
>
>
>
>> Groete
>
>> Gerhard
>
>> (N.S. Miskien is daar alreeds sulke groepe in die omgewing, laat my
weet.....)
>
> ai my liewe vader ou Gerhard
> Afrikaans as om te besluit watter maatskappybaas julle gaan teer en
> veer omdat hy 'n Engelse advertensie op die radio plaas of nie
> Afrikaanse vertalings vir die bestanddele van Aromat op sy botteltjies
> plaas nie.
>
> sommer net 'n gedagte
> herman
>
>

Herman het jy die moeite gedoen om die ou se post gelees? Hy sê en ek haal
aan: '...graag die taal bevorder, sosiaal, akademies en kultuur....'. Ek sien
nerens iets van druk groepe stig ens ens nie? Miskien moet jy die ou groepie
join, hulle kan jou dalk help om Afrikaans te lees en te verstaan :)

Cheers
Lou
Re: Afrikaanse Taal Groep - Stigting [boodskap #8281 is 'n antwoord op boodskap #8188] Vr, 31 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Nie almal is Christine nie, sommiges is Mabel of Hester of Johanna.
Bly jy is weer op die NG. Thailand? Ek het gedink jy is na Bahrain?
groete
Xfiles.
Re: Afrikaanse Taal Groep - Stigting [boodskap #8283 is 'n antwoord op boodskap #8188] Vr, 31 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 30 Jan 1997 23:39:14 GMT, cvb...@burger.naspers.co.za
(kakkies) wrote:

>>[/color]

Gaan gou 'n koppie tee haal vir 'n viering-drankie.
Ek stem actually 100 persent saam hier.

Het nog altyd gedink Afrikaans sal beter gehelp word as iemand geld
bestee om meer boeke te publiseer en wyer te versprei (CD's ook).
Goedkoper papier, kleiner wins, laer standaarde.
Soos Bill Gates wat Windows oral neersit, maak nie saak of dit die
beste pakket is nie.
Re: Afrikaanse Taal Groep - Stigting [boodskap #8284 is 'n antwoord op boodskap #8188] Vr, 31 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arina Pieterse  is tans af-lyn  Arina Pieterse
Boodskappe: 2
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hi Gerhard
Alle sterkte met hierdie projek van jou. Ons mense het so iets nodig, maar
o wee, daar is baie wat 'n bietjie bitter is, hulle voel daar word net
gepraat en niks gedoen nie.
Groete Arina

Koos wrote in article
...
> On Mon, 27 Jan 97 15:14:57 GMT, am...@iafrica.com (Blue Peter) wrote:
>
> > om periodies (maandeliks) bymekaar te kom om sake aangaande Afrikaans te

>> bespreek.>>>
>
> Gaan die vergaderings later geheim wees?
>
> Gaan besluit geneem word?
>
> Gaan mense se loopbane beinvloed word?
>
Re: Afrikaanse Taal Groep - Stigting [boodskap #8285 is 'n antwoord op boodskap #8188] Vr, 31 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Mon, 27 Jan 97 15:14:57 GMT, am...@iafrica.com
(Blue Peter) wrote: Gerhard het geskryf:
Die onderwerpe kan redelik wyd uitlopend wees,
maar is ten doel om ..ens,,

Ja, daar is mense wat belangstel, maar hier moet
ek byseg dat nie alle afrikaners ook christine is
nie,hoekom ek dit spesifiek noem is omdat ons al
keelvol is van soetsappighede/klubs/groepe wat
met gebed open en sluit.

Die christine op die NG hoef nou ook nie hul
vlerke in 'n knoop te kry hieroor nie, vryheid van
godsdiens is mos aan die orde van die dag !!

Alhoewel ek tydelik in Thailand is, sal ek graag
by 'n taalgroep wil aansluit in Kaapstad, met my
terugkeer aan die einde van die jaar.

Vyg
...................................
plant 'n boontjierank...
...................................
Re: Afrikaanse Taal Groep - Stigting [boodskap #8308 is 'n antwoord op boodskap #8188] So, 02 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Blue Peter[2]  is tans af-lyn  Blue Peter[2]
Boodskappe: 15
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
> In article ,
> am...@iafrica.com says...
>>
>>
>>
>> Dankie vir die belangstelling. Ek is trots op my moedertaal, Afrikaans,
> en wil
>> graag die taal bevorder, sosiaal, akademies en kultuur.
>
>
> HOEKOM verskyn jou naam dan as BLUE PETER op die nuusgroep?

>>
>>> Some
Ek sien jy doen self nie sleg met handhawing van Afrikaans nie! Miskien moet
jy maar eers in jou eie oge kyk jong!

Vriendelike Groete
Gerhard
Re: Afrikaanse Taal Groep - Stigting [boodskap #8309 is 'n antwoord op boodskap #8188] So, 02 Februarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
am...@iafrica.com says...
>
>
>
> Dankie vir die belangstelling. Ek is trots op my moedertaal, Afrikaans, en wil
> graag die taal bevorder, sosiaal, akademies en kultuur.

HOEKOM verskyn jou naam dan as BLUE PETER op die nuusgroep?
Some handhawing van jou moedertaal,he`?
Vorige onderwerp: Re: WARNING TO ALL SA
Volgende onderwerp: Re: Op reis in Suid Afrika!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 17:24:09 MGT 2024