Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Steve se relaas - net vir Antie Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82548 is 'n antwoord op boodskap #82523] Wo, 20 Augustus 2003 03:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" skryf in boodskap news:3f4279fc$0$229@hades.is.co.za...
> Wel, hy het die Kruger Wildtuin begin. Een van die grootste toeriste
> aantreklikhede in SA. Dis soos om Tolkien se Lord of the Rings te vat en te
> sê - nee die boek is nie jou naam werd nie, kom ons sit Nelson Mandela se
> naam op en maak asof dit syne is. Hoe dit ookal sy, Kruger en sy doen en
> late is deel van ons geskiedenis, my familie is deel van die geskiedenis wat
> hy begin het. Hoe kan jy 'n deel van ons geskiedenis vernietig? En waar
> gaan dit ophou?
>
> E
>

Hy is inderdaad deel van die geskiedenis. Dis nie wat ek bevraagteken het
nie.

Lorinda
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82549 is 'n antwoord op boodskap #82517] Wo, 20 Augustus 2003 04:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti. So elkeen van jou familie het bloot vir homself gesorg.
Niks het verander nie.
"@rogers.com" wrote in message
news:bou0b.223966$hOa.165512@news02.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Jonas wrote
>
>> Anti. Oor my familie het ek nog nooit gelieg nie Waar was
>> joune?
>
> Een lid van my familie het die eerste verpleeghandboek in
> Afrikaans geskryf. Een van my familie was die redakteur
> van Sarie Marais totdat hy gesterf het. Een lid van my
> familie was op die Goldstone Kommissie. En my pa het
> vir 'n paar dae in 1917 uit die heuwels op die plek geskiet
> waar my ma gebly het. Sy het hom dit nooit vergewe nie.
> Hy het altyd so meewarig daaroor geglimlag.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82550 is 'n antwoord op boodskap #82545] Wo, 20 Augustus 2003 04:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - jou afleiding is baie ver van die waarheid af. Sonder daardie
ervaringsagtergrond sal jy nie verstaan juis dit wat ander ervaar wanneer
hulle dieselfde ervarings het nie.
O ja - my ma was 'n katoliek. Sien hoe eenvoudig is dinge ...

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f425dbe$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bhtlif$lm6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Anti. Oor my familie het ek nog nooit gelieg nie. Maar ook nog nooit
> gespog
>> nie. My familie se bloed is in die Oos-Kaap (Kaapse-rebelle), in Baberton
>> (konsentrasiekamp) in 1914 in die Rebellie, in Koffiefontein, ens.
>
> "Oh the bombs that I threw and the bridges I blew and here's what I get for
> thanks..." :-))
>
> Ek is bly jy het die bostaande geskryf, dit verklaar 'n paar dinge vir my
> (waaroor jou insig verskil het van die algemene...). Dis interessant dat jy
> bewus is van hierdie deel van jou familie geskiedenis, baie Afrikaners gee
> voor hulle weet daar niks van nie (of ek het al begin dink hulle weet dalk
> regtig nie). Dit is 'n deel van die Afrikaner geskiedenis wat my baie
> interesseer, ook omdat die bewussyn van wat daartoe aanleiding gegee het
> meesal nie gelei het na 'n bewussyn van dieselfde gevoel in ander nie.
>
> Lorinda
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82559 is 'n antwoord op boodskap #82521] Wo, 20 Augustus 2003 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - jou trippie Clarence toe het wat vir jou beteken?
"@rogers.com" wrote in message
news:bJu0b.224106$hOa.105134@news02.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Lorinda wrote
>
>> Wat is Paul Kruger se legacy? Ek dink dis juis die "legacy" van Paul
> Kruger
>> (se oorlogsverklaring) wat die oorheersing van Engels 'n uitgemaakte saak
>> gemaak het.
> . Mens kon sê sy beeld moet bly oor die Afrikaner
>> weerstand wat dit simboliseer, maar ek het bedenkinge oor sy "legacy".
>
> Ja, ek dink nie baie van die mense wat nou sulke klaagpotte
> is, weet wat aangegaan het in die aanloop tot die Anglo-Boereoorlog
> nie. Weet hulle hoe daar uit die Kaapse Afrikaners se kringe
> afvaardiging na afvaardiging gekom het om te pleit met Paul Kruger
> om nie tot 'n oorlogsverklaring oor te gaan nie. (Onder andere, die
> leier van die Eerste SA Taalbeweging, redakteur van die Patriot.)
> Dit word algemeen aangeneem dat die beweging vir oorlog gestoot
> is deur 'n hele klomp Nederlanders tussen Paul Kruger se raadgewers.
> Maar Paul Kruger was nie darem heeltemal uit die bose nie.
> Hy het ewe liberaal prostitusie wettig gemaak en dus die prostitute
> gedwing om onder mediese sorg te werk.
> Ek wonder wie op hierdie nuusgroep, en hoeveel Afrikaners in
> die algemeen, nou nog die pelgrimstog maak na die huis waar Paul
> sy laaste jare deurgebring het op die walle van die Meer van Geneva.
> Ek het.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82564 is 'n antwoord op boodskap #82559] Wo, 20 Augustus 2003 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Anti - jou trippie Clarence toe het wat vir jou beteken?

Is ek verkeerd as ek dink dat dit eintlik Clarens genoem
word? Ek is nie seker nie.
Wel, Jonas, as 'n student van die geskiedenis, en as 'n
Afrikaner met diep wortels, het ek daardie pelgrimstog
gemaak na 'n deel van die Afrikaner se geskiedenis wat
gerespekteer moet word. En jy moet altyd onthou dat
Jan Smuts, die beroemdste en grootste Afrikaner wat
SA nog opgelewer het, vir Paul Kruger gewerk het en
in die oorlog geveg het.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82572 is 'n antwoord op boodskap #82516] Wo, 20 Augustus 2003 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Aai, ek sukkel vanaand! Probeer so hard om objektief te bly, maar onse Antie
se alewige gekerm maak dit vir my moeilik.

'offisiele'... vir iemand wat alewig gal braak oor andere se taalgebruik,
vind ek hierdie nogal vreemd. Sekerlik is 'amptelik' 'n beter woordkeuse?

Nevermind Antie.... ek het in die regte lewe ook 'n werklike bloedverwante
'tante' en ek 'humour' haar ook maar. Helpie om te stry nie, sy gaat ook
maar net soos jy te kere!

D.

>
> En is Afrikaans nie een van die offisiele tale in Suid-
> Afrika nie? Wat wil jy nog meer kry? Jy en jou soort
> is tjankbalies, spoilt brats, cry babies, wat vir mense
> wil oortuig dat almal doodgaan van die honger, terwyl
> jy van plan is om 'n hele huis vol diere aan te hou. Hoekom
> gee jy nie daardie geld vir die armes onder die Afrikaners
> nie. Ek wag op 'n antwoord.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82573 is 'n antwoord op boodskap #82522] Wo, 20 Augustus 2003 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Nou kan ek dit nie meer uithou nie...

Antie, jy maak my onthou van 'n uitdrukking wat ek as kind geken het: "Gaan
skyt in die vlei".

En ek wil graag glo dat ekke 'n gintelman is, en gebruik nie as 'n gewoonte
growwe taal nie, maar onse Antie vryf my te veel op!

D.

> Elaine
>
>> As ek dan nou met die res van my geld 'n hele donnerse erf vol wilde
> diere,
>> mak diere, vlieënde diere, kruipende diere en skreeuende diere wil aanhou
>> voel ek, ek het die volste reg.
>
> Nouja, daar sien jy nou jou soort Afrikaner-kultuur in
> volle bloei. En jy het die volste reg om al hierdie diere
> op jou plek aan te hou. Maar moet net nie vir my kom
> vertel SA krepeer van die honger nie. Dan praat jy
> snert. Jy sit nog in 'n toestand van melk en heuning,
> en as iemand eendag begin wonder hoekom mense
> soos jy op die walle van die Vaal met 'n huisvol
> troeteldiere sit en begin klippe gooi, moet dan nie
> sit en huil nie.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82578 is 'n antwoord op boodskap #82521] Wo, 20 Augustus 2003 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Veels geluk. Ek gee eintlik nie 'n moer om of jy wel by die walle van die
meer van Geneva was nie.

Eintlik gee ek nie 'n moer om oor dit wat jy kwytraak nie.

Neem die pille soos die dokter gesê het, dit sal regtig help!

Daniel.

> Ek wonder wie op hierdie nuusgroep, en hoeveel Afrikaners in
> die algemeen, nou nog die pelgrimstog maak na die huis waar Paul
> sy laaste jare deurgebring het op die walle van die Meer van Geneva.
> Ek het.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82579 is 'n antwoord op boodskap #82564] Wo, 20 Augustus 2003 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti. Jy is 30 jaar terug hier weg. Voor dit het jy by Adams Mission vir die
swartes skoolgegee. Jy is nog steeds nie eens bewus van diskriminasie jeens
Afrikaners in Natal nie. Om die waarheid te sê jy ontken dit. Waar het jy in
Afrikaner-geledere beweeg?
Ek dink Smuts het na die Boere-oorlog hom toegespits om die belange van die
Empaaier te bevorder. Of dit hom nou die grootste Afrikaner gemaak het sal
ek sterk twyfel.

"@rogers.com" wrote in message
news:L_I0b.229653$hOa.77025@news02.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Jonas wrote
>
>> Anti - jou trippie Clarence toe het wat vir jou beteken?
>
> Is ek verkeerd as ek dink dat dit eintlik Clarens genoem
> word? Ek is nie seker nie.
> Wel, Jonas, as 'n student van die geskiedenis, en as 'n
> Afrikaner met diep wortels, het ek daardie pelgrimstog
> gemaak na 'n deel van die Afrikaner se geskiedenis wat
> gerespekteer moet word. En jy moet altyd onthou dat
> Jan Smuts, die beroemdste en grootste Afrikaner wat
> SA nog opgelewer het, vir Paul Kruger gewerk het en
> in die oorlog geveg het.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82580 is 'n antwoord op boodskap #82547] Wo, 20 Augustus 2003 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda. Volgens jou is Kruger verantwoordelik vir daardie oorlog. Ek glo
nie Kruger het veel van 'n keuse gehad as om 'n oorlogsverklaring uit te
reik nie.
Wat was die alternatief?

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f4270ad_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3f426e09$0$227@hades.is.co.za...
>> Ek stem saam. Maar Kruger beteken dalk iets vir iemand anders. Die
>> regering gaan Paul Kruger se "legacy" vernietig. Niemand het daai reg
> nie.
>> Nie eers Thabo Mbeki, die Pous of die ANC nie.
>
> Wat is Paul Kruger se legacy? Ek dink dis juis die "legacy" van Paul Kruger
> (se oorlogsverklaring) wat die oorheersing van Engels 'n uitgemaakte saak
> gemaak het.
> - en dit het nou niks te doen met Kruger die mens, of sy tragiese dood ver
> van sy mense ens. ens. nie. Mens kon sê sy beeld moet bly oor die Afrikaner
> weerstand wat dit simboliseer, maar ek het bedenkinge oor sy "legacy".
>
>
> Lorinda
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82581 is 'n antwoord op boodskap #82537] Wo, 20 Augustus 2003 13:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ja, jy kan vir 'n aap 'n das en 'n suit aantrek en hom om 'n tafel laat sit.
Selfs meer as een aap. En die klomp kan dan lekker sit en klets. Vir onse
antie lyk dit soos 'n ekonomiese bespreking.

Sjeim. En ek is 'n sogenaamde verligte - verskoon asseblief my vergelyking
ten opsigte van aap teenoor die antie se woordkeuse van 'swartes', dit is
nie my normale taalgebruik nie, maar vir onse antie se onthalwe moes ek dit
so doen.

Lank sal sy lewe.

Weereens sjeim.

Daniel.

> Toe ek in 1993 in die Wildtuin was, was daar ook 'n groep
> baie goed geklede en ooglopend professionele swartes wat in
> 'n groep baie ernstig met mekaar in die eetkamer gesit en praat
> het, en aantekenings gemaak het. Ek neem aan dat selfs in
> daardie dae, voor die oorgang in 1994, sake soos die ekonomie
> van die Krugerwildtuin al bespreek is. Asook hulle beleid na
> oorname. Want mens kan seker wees dat daar swart stamme
> en individue is wat eise teen die SA staat wil instel - nadat hulle
> voorvaders 'n geslag of twee verwyder is uit daardie area om
> plek te maak vir die diere en die ryk toeriste.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82582 is 'n antwoord op boodskap #82517] Wo, 20 Augustus 2003 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
Weejy antie, jou pa moes meer gereeld 'n kondoom gebruik het! Hy moes nooit
"vir 'n paar dae in 1917 uit die heuwels op die plek geskiet" het nie. Sies
vir hom om van jou ma se heuwels so te praat!

Daniel.

> Jonas wrote
>
>> Anti. Oor my familie het ek nog nooit gelieg nie Waar was
>> joune?
>
> Een lid van my familie het die eerste verpleeghandboek in
> Afrikaans geskryf. Een van my familie was die redakteur
> van Sarie Marais totdat hy gesterf het. Een lid van my
> familie was op die Goldstone Kommissie. En my pa het
> vir 'n paar dae in 1917 uit die heuwels op die plek geskiet
> waar my ma gebly het. Sy het hom dit nooit vergewe nie.
> Hy het altyd so meewarig daaroor geglimlag.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82583 is 'n antwoord op boodskap #82580] Wo, 20 Augustus 2003 13:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote

> Lorinda. Volgens jou is Kruger verantwoordelik vir daardie oorlog. Ek glo
> nie Kruger het veel van 'n keuse gehad as om 'n oorlogsverklaring uit te
> reik nie.
> Wat was die alternatief?

Die alternatief was dit wat die Afrikaner-afvaardigings
uit Kaapland voor gepleit het: kompromisse waar albei
kante iets sou toegee en so oorlog vermy. Maar nee-
daar is in die oorlog ingevaar, meestal omdat Kruger
se politieke raadgewers Nederlands was en hulle invloed
in die middel van suidelike afrika bestendig. And the
rest is history.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82586 is 'n antwoord op boodskap #82573] Wo, 20 Augustus 2003 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"daniel" wrote:

> En ek wil graag glo dat ekke 'n gintelman is, en gebruik nie as 'n gewoonte
> growwe taal nie, maar onse Antie vryf my te veel op!

Ai Daniel, ons is naamgenote so ek voel ek moet iets vir jou sê. :-))
Al wat jy nou gedoen het, is om haar te laat goed voel oor wat sy doen
en sê, want jou stelling bevestig dat sy nog nie haar touch verloor
het nie. Sy weet nog presies watter knoppies om te druk. Sien?
Interessant dat dit keer op keer veral die"manne" is wat in haar
slaggate trap? Ek wonder waarom dit is? :-)
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82588 is 'n antwoord op boodskap #82550] Wo, 20 Augustus 2003 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bhuse5$f2e$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - jou afleiding is baie ver van die waarheid af. Sonder daardie
> ervaringsagtergrond sal jy nie verstaan juis dit wat ander ervaar wanneer
> hulle dieselfde ervarings het nie.
> O ja - my ma was 'n katoliek. Sien hoe eenvoudig is dinge ...
>

Watter afleiding? Ek stem saam dat sekere ervarings mens teoreties meer
simpatiek moes maak teenoor ander met dieselfde ervarings, maar dis juis nie
altyd die geval nie.

Lorinda
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82590 is 'n antwoord op boodskap #82583] Wo, 20 Augustus 2003 15:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - jy stel dit so asof dit Britte geen rol gespeel het nie. Ek is
bevrees jy is besig om jou eie weergawe van daardie stukke geskiedenis op te
dis en te glo.

"@rogers.com" wrote in message
news:4PK0b.230847$hOa.54035@news02.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Jonas wrote
>
>> Lorinda. Volgens jou is Kruger verantwoordelik vir daardie oorlog. Ek glo
>> nie Kruger het veel van 'n keuse gehad as om 'n oorlogsverklaring uit te
>> reik nie.
>> Wat was die alternatief?
>
> Die alternatief was dit wat die Afrikaner-afvaardigings
> uit Kaapland voor gepleit het: kompromisse waar albei
> kante iets sou toegee en so oorlog vermy. Maar nee-
> daar is in die oorlog ingevaar, meestal omdat Kruger
> se politieke raadgewers Nederlands was en hulle invloed
> in die middel van suidelike afrika bestendig. And the
> rest is history.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82593 is 'n antwoord op boodskap #82590] Wo, 20 Augustus 2003 16:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas

> Anti - jy stel dit so asof dit Britte geen rol gespeel het nie. Ek is
> bevrees jy is besig om jou eie weergawe van daardie stukke geskiedenis op te
> dis en te glo.

Ek dink dis jy wat nie hoor wanneer gepraat
word nie. Onthou, op daardie stadium was
Kaapland en Natal aparte entiteite onder
Britse administrasie, en die inwoners van
Kaapland Britse onderdane.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82594 is 'n antwoord op boodskap #82491] Wo, 20 Augustus 2003 17:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda wrote
As die Transvaal op daardie tydstip ander leierskap gehad
> het, sou die ding anders verloop het; Kruger was oud en het aan 'n ander
> tydperk behoort. Hy het nie die reailiteit van die nuwe Transvaal en sy
> ekonomie verstaan nie. Die Boereoorlog, al was dit moedig geveg, was 'n
> groot fout.. Die Afrikaanse taal se uiteiendelike stryd teen Engels is daar
> verloor.

Die oorlog het natuurlik stadigaan internasionale proporsies
aangeneem. Soldate het van ander dele van die Britse Ryk in
SA gaan veg. Ook hier uit Kanada. Dit verbaas my nog altyd
as ek by gedenknaalde kom wat gevalle Kanadese soldate in
ander dele van die wereld gedenk, en ek sien die Boereoorlog
word daar genoem. Ons het natuurlik ook 'n Pretoria-brug
hier in Ottawa, wat van daardie tyd dateer.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82601 is 'n antwoord op boodskap #82580] Do, 21 Augustus 2003 00:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bhvsfq$28v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda. Volgens jou is Kruger verantwoordelik vir daardie oorlog. Ek glo
> nie Kruger het veel van 'n keuse gehad as om 'n oorlogsverklaring uit te
> reik nie.
> Wat was die alternatief?

Brittanje het 'n natuurlik 'n groot rol in die hele ding gespeel, maar dat
daar nie uitkomkans was nie is 'n mite. Daar was baie in die Afrikaner
geledere wat groot misnoee oor die hele aangeleentheid gehad het, veral
natuurlik omdat dit die Vrystaat ook by die hele ding betrek het. Kruger het
na raadgewers geluister wat hom nie die beste raad gegee het nie, en hy was
gruwelik mislei deur onder andere die Duitsers, bv die Kaiser se telegram
ens ens. wat die verhouding tussen die Boere en die Engelse verder versleg
het, en op die ou einde toe Kruger oorlog verklaar, was daar bitter min
hulp van die Duitsers. Die Jameson raid was 'n fiasko, dit het nie die
ondersteuning gekry wat Rhodes gehoop het nie, en dit sou dus gehelp het as
Kruger kalm gebly het. Dit sou ook gehelp het as hy geluister het na die
mense wat vir hom probeer verduidelik het oor die soort militere back-up
wat Brittanje binne 'n paar maande na Suid-Afrika sou kon bring. Hy het dit
nie geglo nie. As die Transvaal op daardie tydstip ander leierskap gehad
het, sou die ding anders verloop het; Kruger was oud en het aan 'n ander
tydperk behoort. Hy het nie die reailiteit van die nuwe Transvaal en sy
ekonomie verstaan nie. Die Boereoorlog, al was dit moedig geveg, was 'n
groot fout.. Die Afrikaanse taal se uiteiendelike stryd teen Engels is daar
verloor.

Lorinda
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82603 is 'n antwoord op boodskap #82498] Do, 21 Augustus 2003 01:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek wou eintlik regtig weet of daar 'n woord vir dit in Afrikaans is, want ek
het toevallig 'n site ( X wants Y)waar ek vir swingers voorsiening maak.
Maar swinging is ouer as selfs jy my Antie en jy sal verbaas wees hoeveel
Afrikaanse swingers daar is.

Wat die gedigte aanbetref - dis 'n baie subjektiewe ding. Daar is digters
wat ek geniet, maar meer die "ouer" werke. Ek is immers self 'n skrywer my
antie, so om 'n gedig te lees, te verstaan en te waardeer verg nie juis
vreeslik baie inspanning van my kant af nie.

Ja, ek doen baie van my werk in Engels, en ek doen dit gewilliglik, die
besigheidswêreld is Engels. Maar dis nie te sê net omdat ek in Engels werk
dat ek nie my kultuur verstaan nie. Ek vererg my vir mense soos Karen Zoid
wat 'n mooi, oulike Afrikaanse volksliedjie vat en dit onmenslik verkrag.
My kultuur bestaan nie net uit my taal uit nie. Die taal is 'n klein
deeltjie van 'n groot spektrum. Ek glo nie eers jy besef wat jou eie
kultuur is nie Antie. Jy kan Afrikaans praat - so what? Norbert kan ook
Afrikaans praat, maar besef hy wat dit is om 'n Afrikaner te wees? Ek glo
amper net so min soos wat ek weet wat dit is om 'n Hollander te wees (no
offence Norbert).

Elaine

"@rogers.com" wrote:

> En ek sal vir jou oortuig dat jy een van die grootste
> struikelblokke in " jou kultuur" se bloei is. Jy vertel
> self dat jy nie eintlik omgee om Afrikaans reg en keur-
> vol te gebruik nie. En ek sien sommer ook so in die
> verbygaan hoe jy die onderwerp van " swinging" op
> hierdie nuusgroep probeer inbring, op die oog af om
> 'n Afrikaanse term daarvoor te kry, maar eintlik omdat
> jy graag daaroor wil praat. Ek is ook amper seker dat
> jy meeste van jou werk in Engels doen, en dit
> gewilliglik doen. Jy, my liewe Elaine, is een van die
> domino's wat val in die proses, as " jou" kultuur besig
> is om te vergaan. Kan jy vir my verseker dat jy die
> afgelope tyd Henning Pieterse se Herzogbekroonde
> gedigte op hierdie nuusgroep gelees het. En dit waardeer
> het en dit begryp het?
> En as jy dit nie gedoen het nie, waaruit bestaan jou
> " Afrikaanse kultuur," my liewe Elaine. Uit oor swinging
> te praat?
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82604 is 'n antwoord op boodskap #82497] Do, 21 Augustus 2003 01:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maak dit ons soort Antie - iemand wat in Kanada sit lewer geen bydrae tot
die voortbestaan van die taal of die kultuur nie.

E

"@rogers.com" wrote:

As die Afrikanervolk doodgaan ten koste van
> ander kulture, dan is dit julle soort self wat dit veroorsaak.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82606 is 'n antwoord op boodskap #82603] Do, 21 Augustus 2003 02:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

. Ek glo nie eers jy besef wat jou eie
> kultuur is nie Antie. Jy kan Afrikaans praat - so what? Norbert kan ook
> Afrikaans praat, maar besef hy wat dit is om 'n Afrikaner te wees? Ek glo
> amper net so min soos wat ek weet wat dit is om 'n Hollander te wees (no
> offence Norbert).

En dan wil jy nou oor kultuur praat, en na al hierdie
tyd het jy nog nie opgelet dat Norbert 'n Vlaming
is en nie 'n " Hollander" nie.
En omdat jy nou vir my beskuldig dat ek nie weet
" wat my kultuur is nie," verduidelik vir my nou
asseblief wat " jou kultuur" is. Daardie kultuur waarvoor
jy nou so venynig veg teen die " regering" wat dit van
jou af wil wegneem. Gee vir my vyf aanduidings van wat
jy as heilig in jou kultuur beskou.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82607 is 'n antwoord op boodskap #82604] Do, 21 Augustus 2003 02:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Maak dit ons soort Antie - iemand wat in Kanada sit lewer geen bydrae tot
> die voortbestaan van die taal of die kultuur nie.

Jy is baie arrogant. So wat het jy tot op datum
vir die voortbestaan van Afrikaans gedoen en
vir die kultuur? Ek het 'n paar verhandelings oor
Opperman geskryf. Ek het vir 'n paar mense
Afrikaans geleer wat nou belangrike poste
in SA beklee. Ek het, deur gedigte op hierdie
nuusgroep te plaas, vir sekere mense gedigte
laat lees wat hulle nog nie te sien gekry het
in SA nie, en wat hulle eers later in die boek-
winkel gaan koop het. Wat is jou rekord?

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82611 is 'n antwoord op boodskap #82601] Do, 21 Augustus 2003 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sekerlik kan 'n mens die geskienis lees soos jy hom wil glo? Ek neem aan
jy stel voor dat die twee republieke [Vrystaat en Transvaal] moes vir
Engeland gesê het kom vat maar die diamantvelde en goud waaragter julle is?
Waaroor anders dink julle het die oorlog gegaan? In julle trand van
'hoekom doen mens sulke dinge', hoekom vra julle nie die vraag vir julleself
af wat de donner het Engeland gaan moeilikheid soek met die Boere? Bepaal
eers wie was die aggressor in die verhaal en dan oordeel jy. Oou antie
Gloudina sit en tjank elke dag snot en trane oor die gevolge van
kolonialisasie.....maar nou jubel sy saam met jou oor die sogenaamde
stupidgeid van die Boereoorlog wat juis aan Engeland daai mag gegee het!
Stupid!

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f43a5f9$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bhvsfq$28v$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Lorinda. Volgens jou is Kruger verantwoordelik vir daardie oorlog. Ek glo
>> nie Kruger het veel van 'n keuse gehad as om 'n oorlogsverklaring uit te
>> reik nie.
>> Wat was die alternatief?
>
> Brittanje het 'n natuurlik 'n groot rol in die hele ding gespeel, maar dat
> daar nie uitkomkans was nie is 'n mite. Daar was baie in die Afrikaner
> geledere wat groot misnoee oor die hele aangeleentheid gehad het, veral
> natuurlik omdat dit die Vrystaat ook by die hele ding betrek het. Kruger het
> na raadgewers geluister wat hom nie die beste raad gegee het nie, en hy was
> gruwelik mislei deur onder andere die Duitsers, bv die Kaiser se telegram
> ens ens. wat die verhouding tussen die Boere en die Engelse verder versleg
> het, en op die ou einde toe Kruger oorlog verklaar, was daar bitter min
> hulp van die Duitsers. Die Jameson raid was 'n fiasko, dit het nie die
> ondersteuning gekry wat Rhodes gehoop het nie, en dit sou dus gehelp het as
> Kruger kalm gebly het. Dit sou ook gehelp het as hy geluister het na die
> mense wat vir hom probeer verduidelik het oor die soort militere back-up
> wat Brittanje binne 'n paar maande na Suid-Afrika sou kon bring. Hy het dit
> nie geglo nie. As die Transvaal op daardie tydstip ander leierskap gehad
> het, sou die ding anders verloop het; Kruger was oud en het aan 'n ander
> tydperk behoort. Hy het nie die reailiteit van die nuwe Transvaal en sy
> ekonomie verstaan nie. Die Boereoorlog, al was dit moedig geveg, was 'n
> groot fout.. Die Afrikaanse taal se uiteiendelike stryd teen Engels is daar
> verloor.
>
> Lorinda
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82621 is 'n antwoord op boodskap #82497] Do, 21 Augustus 2003 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar is fokkol verkeerd met die wyse waarmee McDuck sy taal gebruik nie.
Meeste afrikaners in die Gauteng area praat gereeld engels en die manier
waarop jy glo die afrikaner gebruik dieselfde hoë woorde wat jy in jou poste
gebruik, is net 'n aanduiding van hoe ver jy verwyder is van die
werklikheid.

Soos baie mense al voorgestel het, hoekom gaan besoek jy nie bietjie Suid
Afrika nie, dan kan jy mos maar eerstehands beleef hoe dit met die afrikaner
gaan.

Jy dink deur gedigte te lees maak dit van jou 'n kenner van die afrikaner
kultuur. Ek wed jou die meeste opregte afrikaners lees nie gedigte nie, en
gee nog minder om wat hulle beteken. Hulle is nog steeds afrikaners,
volbloed afrikaners.

Dink jy omdat Fredie Greyling gedigte skryf maak dit hom 'n goeie afrikaner?
Hy is nog steeds 'n poepol.

> Elaine wrote
>
>> Ek wil graag vir jou iets aanhaal wat Steve Hofmeyr in die Huisgenoot gesê
>> het. Toe ek dit gelees het, het ek aan jou gedink. Hy baklei vir ons en
>> vir die Afrikaner volk wat stadig maar seker doodgaan ten koste van ander
>> kulture
>
> My liewe Elaine, ek dink jy moet mooi lees wat Steve
> Hofmeyr skryf. En jy moet dink voordat jy self skryf.
> Waar hoor jy dat " die Afrikaner volk... stadig maar seker
> doodgaan ten koste van ander kulture." Jy lieg mos. Die
> Afrikanerkultuur is springlewendig. Kyk net na julle kultuur-
> feeste. Kyk net na die bloei van dinge op Litnet. Kyk na
> hoeveel mense in die buiteland Afrikaans skryf, kyk na
> hoeveel mense in die Nederlandse spraakgebied probeer
> Afrikaans leer.
> Jy weet, Elaine, een van die grootste bedreigings van die
> Afrikaanse kultuur, soos ek dit op hierdie nuusgroep sien,
> is daardie mense wat niks kan omgee vir Afrikaans nie,
> en 'n gebroke Afrikaans gebruik (soos McDuck) of anders
> 'n hopelose gemors maak van hulle moedertaal, soos Frikkie
> Potgieter rsaboy, wat liewer sy knie buig voor Fred Rundle
> en Engels. As die Afrikanervolk doodgaan ten koste van
> ander kulture, dan is dit julle soort self wat dit veroorsaak.
>
> Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82622 is 'n antwoord op boodskap #82586] Do, 21 Augustus 2003 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek laaik dit om partykeer op die ou koei te skreeu en skel. Dis lekker om
iemand te ken wat jy nie respekteer nie, want dan kan jy op hierdie manier
van jou furstrasie ontslae raak.

Die goffel antie vervul hierdie rol goed.

"Katryn" skryf in boodskap news:ub07kvc5b3bt0a3e4qldogdfphcu3dpteh@4ax.com...
> "daniel" wrote:
>
>> En ek wil graag glo dat ekke 'n gintelman is, en gebruik nie as 'n gewoonte
>> growwe taal nie, maar onse Antie vryf my te veel op!
>
> Ai Daniel, ons is naamgenote so ek voel ek moet iets vir jou sê. :-))
> Al wat jy nou gedoen het, is om haar te laat goed voel oor wat sy doen
> en sê, want jou stelling bevestig dat sy nog nie haar touch verloor
> het nie. Sy weet nog presies watter knoppies om te druk. Sien?
> Interessant dat dit keer op keer veral die"manne" is wat in haar
> slaggate trap? Ek wonder waarom dit is? :-)
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82623 is 'n antwoord op boodskap #82529] Do, 21 Augustus 2003 12:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die ou koei bedoel seker jy noe die diere slag en vir die honger mense voer.
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82624 is 'n antwoord op boodskap #82582] Do, 21 Augustus 2003 12:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"You Go Boy!!!!"

(Sorry vir die amerikaans)

"daniel" skryf in boodskap news:3f43854f$0$23587$5a62ac22@freenews.iinet.net.au...
> Weejy antie, jou pa moes meer gereeld 'n kondoom gebruik het! Hy moes nooit
> "vir 'n paar dae in 1917 uit die heuwels op die plek geskiet" het nie. Sies
> vir hom om van jou ma se heuwels so te praat!
>
> Daniel.
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82626 is 'n antwoord op boodskap #82509] Do, 21 Augustus 2003 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Niks boeke, gedig bundels, bome of rebellies in jou familie nie?

Ons sal maar jou afrikanerskap in heroorweging moet bring!!

"Elaine" skryf in boodskap news:3f426606$0$231@hades.is.co.za...
> My stamboom het in die niet verlore gegaan. My grootjie was as klein kind
> in die konsentrasiekampe maar sy kon dit nie regtig onthou nie. My
> oupagrootjie was in St Helena waar hy die mooiste houtwerk gedoen het - ek
> het baie van die goed geërf. My Oupa was te skytbang vir oorlog en was
> nooit in die army nie. My Stiefoupa aan moederskant was nog nie gebore in
> die tyd van die boereoorlog nie, maar my stiefoupa is 'n rustende
> Vrymesselaar en hy was in die 2de wêreldoorlog in Europe en Egipte.
>
> Hoe's daai?
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Wat dink jy hiervan, Elaine. En ou Jonas. Wat
>> dink jy hiervan. Steve Hofmeyr is ten minste
>> eerlik.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82627 is 'n antwoord op boodskap #82511] Do, 21 Augustus 2003 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
OOOOh blikemmer jy word sommer sumier terug gestuur Holland toe as hulle
daai taal in jou boekie ontdek!!

"Elaine" skryf in boodskap news:3f426819$0$230@hades.is.co.za...
> Ek het 'n ou sangboekie by my ouma geërf, dit het aan haar ma/ouma behoort.
> Voorin staan geskryf - Aan S.E. de Wet tot aandenking van haar dierbaren
> Vader, C.A. de Wet, krygsgevagene, Bellevue kamp - 20-7(of1)-1901.
>
> Waar was jou familie antie? Of kry jy skaam?
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Wat dink jy hiervan, Elaine. En ou Jonas. Wat
>> dink jy hiervan. Steve Hofmeyr is ten minste
>> eerlik.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82629 is 'n antwoord op boodskap #82626] Do, 21 Augustus 2003 12:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja daar was!! My oupa wou nie army toe gaan nie! Jinne...

E

"Glücklich" skryf in boodskap news:9N21b.4139$634.2606@fe02.atl2.webusenet.com...
> Niks boeke, gedig bundels, bome of rebellies in jou familie nie?
>
> Ons sal maar jou afrikanerskap in heroorweging moet bring!
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82630 is 'n antwoord op boodskap #82627] Do, 21 Augustus 2003 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maar dis al 'n baie plat weergawe van Hollands :)

"Glücklich" skryf in boodskap news:HO21b.4149$634.1250@fe02.atl2.webusenet.com...
> OOOOh blikemmer jy word sommer sumier terug gestuur Holland toe as hulle
> daai taal in jou boekie ontdek!!
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82631 is 'n antwoord op boodskap #82607] Do, 21 Augustus 2003 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En jy sê ek is arrogant????

E

"@rogers.com" wrote:

> Jy is baie arrogant. So wat het jy tot op datum
> vir die voortbestaan van Afrikaans gedoen en
> vir die kultuur? Ek het 'n paar verhandelings oor
> Opperman geskryf. Ek het vir 'n paar mense
> Afrikaans geleer wat nou belangrike poste
> in SA beklee. Ek het, deur gedigte op hierdie
> nuusgroep te plaas, vir sekere mense gedigte
> laat lees wat hulle nog nie te sien gekry het
> in SA nie, en wat hulle eers later in die boek-
> winkel gaan koop het. Wat is jou rekord?
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82632 is 'n antwoord op boodskap #82629] Do, 21 Augustus 2003 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
OK jy kry 10 punte daarvoor.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f44bfe1$0$230@hades.is.co.za...
> Ja daar was!! My oupa wou nie army toe gaan nie! Jinne...
>
> E
>
> "Glücklich" wrote in message
> news:9N21b.4139$634.2606@fe02.atl2.webusenet.com...
>> Niks boeke, gedig bundels, bome of rebellies in jou familie nie?
>>
>> Ons sal maar jou afrikanerskap in heroorweging moet bring!
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82633 is 'n antwoord op boodskap #82606] Do, 21 Augustus 2003 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy sien, dis die probleem. Jy probeer kultuur in 'n hokkie druk en jy kan
nie. Kultuur is 'n hele kombinasie van 'n klomp goed. Soms kan dit in
woorde uitgedruk word, en soms is dit net iets wat jy "weet" en voel. Bv.
Saterdae braai ons vleis, kyk rugby, drink 'n koue Castle Lager en eet
biltong. Rugby kom van Engeland af, en in ander lande word daar ook vleis
gebraai en bier gedrink, maar die kombinasie van die verskillende goed "in
een" is deel van ons kultuur. Nou sê vir my Antie, wat is jou idee van
kultuur, en as jy skree ek praat Afrikaans gaan ek baie lelik word.

E

Ns. Jy mis die punt oor Norbert totaal, maar sorry Norbert ek het nie
geweet jy's 'n Vlaming nie :)

"@rogers.com" wrote:
>
> En dan wil jy nou oor kultuur praat, en na al hierdie
> tyd het jy nog nie opgelet dat Norbert 'n Vlaming
> is en nie 'n " Hollander" nie.
> En omdat jy nou vir my beskuldig dat ek nie weet
> " wat my kultuur is nie," verduidelik vir my nou
> asseblief wat " jou kultuur" is. Daardie kultuur waarvoor
> jy nou so venynig veg teen die " regering" wat dit van
> jou af wil wegneem. Gee vir my vyf aanduidings van wat
> jy as heilig in jou kultuur beskou.
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82634 is 'n antwoord op boodskap #82621] Do, 21 Augustus 2003 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Glücklich wrote

> Daar is fokkol verkeerd met die wyse waarmee McDuck sy taal gebruik nie.
> Meeste afrikaners in die Gauteng area praat gereeld engels en die manier
> waarop jy glo die afrikaner gebruik dieselfde hoë woorde wat jy in jou poste
> gebruik, is net 'n aanduiding van hoe ver jy verwyder is van die
> werklikheid.

So dit kom uit jou eie mond uit: sommige Afrikaners
is alreeds besig om te verengels. Of is jy nou besig
om 'n soort van mengsel van Engels en Afrikaans as
die nuwe kultuurgoed van die Afrikaner voor te staan?
En miskien is jy reg. Hierdie mense wat so sit en haat
spoeg teen die beleide van die huidige regering,
behou die reg voor om hulle taal net soveel op te mors
as wat hulle wil. Solank hulle maar net kan kla oor
die manier waarop " hulle taal vernietig word deur
die regering."
Ek word soms vreeslik deurmekaar. Ek het
een swaer, wat nou vir ons in Engels skryf. Sy vrou is
een van daardie Duitsers van die Oostelike Provinsie,
wat eintlik Afrikaans beter praat as Engels, maar hulle
praat nou gereeld Engels in die huis en hulle kinders
word Engels groot en hulle kleinkinders ook (albei die
dogters is met Engelse getroud.) Ek weier egter
om in eposse met hulle Engels te praat hier uit
Kanada uit. Dis te onnatuurlik.
Nou korrespondeer ek ook met iemand in
Kaapstad. Hy is 'n Afrikaner, maar sy vrou is Engels
en hulle huistaal is Engels. Maar hy skryf vir my in
keurige Afrikaans. Nouja, watter een van die twee
gevalle is nou goeie Afrikaners. Die een wat sy eie
moedertaal onteien, of die een wat sy moedertaal
versorg?
Ek sweer Mandela se Afrikaans is beter as
McDuck s'n. Deel van die tyd wat hy in gevangenis-
skap moes deurbring, het hy gebruik om Afrikaans
te leer en te oefen met sy bewaarders. As Mandela
Afrikaans kan respekteer, hoekom kan McDuck dit
opmors?

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82635 is 'n antwoord op boodskap #82632] Do, 21 Augustus 2003 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uit hoeveel?

E

"Glücklich" skryf in boodskap news:lc31b.4313$634.164@fe02.atl2.webusenet.com...
> OK jy kry 10 punte daarvoor.
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82636 is 'n antwoord op boodskap #82634] Do, 21 Augustus 2003 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken McDuck persoonlik en om hom met Mandela te vergelyk is 'n belediging
vir McDuck.

Die taal wat jy praat en kwaliteit daarvan maak jou niks beter as ander
mense nie. Wat help dit jy kan goed spel maar jy het die persoonlikheid van
'n vark.

Gaan soek bietjie die mense in Pretoria wat woordeboek afrikaans praat.

>
>> Daar is fokkol verkeerd met die wyse waarmee McDuck sy taal gebruik nie.
>> Meeste afrikaners in die Gauteng area praat gereeld engels en die manier
>> waarop jy glo die afrikaner gebruik dieselfde hoë woorde wat jy in jou
> poste
>> gebruik, is net 'n aanduiding van hoe ver jy verwyder is van die
>> werklikheid.
>
> So dit kom uit jou eie mond uit: sommige Afrikaners
> is alreeds besig om te verengels. Of is jy nou besig
> om 'n soort van mengsel van Engels en Afrikaans as
> die nuwe kultuurgoed van die Afrikaner voor te staan?
> En miskien is jy reg. Hierdie mense wat so sit en haat
> spoeg teen die beleide van die huidige regering,
> behou die reg voor om hulle taal net soveel op te mors
> as wat hulle wil. Solank hulle maar net kan kla oor
> die manier waarop " hulle taal vernietig word deur
> die regering."
> Ek word soms vreeslik deurmekaar. Ek het
> een swaer, wat nou vir ons in Engels skryf. Sy vrou is
> een van daardie Duitsers van die Oostelike Provinsie,
> wat eintlik Afrikaans beter praat as Engels, maar hulle
> praat nou gereeld Engels in die huis en hulle kinders
> word Engels groot en hulle kleinkinders ook (albei die
> dogters is met Engelse getroud.) Ek weier egter
> om in eposse met hulle Engels te praat hier uit
> Kanada uit. Dis te onnatuurlik.
> Nou korrespondeer ek ook met iemand in
> Kaapstad. Hy is 'n Afrikaner, maar sy vrou is Engels
> en hulle huistaal is Engels. Maar hy skryf vir my in
> keurige Afrikaans. Nouja, watter een van die twee
> gevalle is nou goeie Afrikaners. Die een wat sy eie
> moedertaal onteien, of die een wat sy moedertaal
> versorg?
> Ek sweer Mandela se Afrikaans is beter as
> McDuck s'n. Deel van die tyd wat hy in gevangenis-
> skap moes deurbring, het hy gebruik om Afrikaans
> te leer en te oefen met sy bewaarders. As Mandela
> Afrikaans kan respekteer, hoekom kan McDuck dit
> opmors?
>
> Gloudina
>
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82637 is 'n antwoord op boodskap #82633] Do, 21 Augustus 2003 13:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elaine wrote

> Saterdae braai ons vleis, kyk rugby, drink 'n koue Castle Lager en eet
> biltong. Rugby kom van Engeland af, en in ander lande word daar ook vleis
> gebraai en bier gedrink, maar die kombinasie van die verskillende goed "in
> een" is deel van ons kultuur. Nou sê vir my Antie, wat is jou idee van
> kultuur

Elaine, Engelssprekende Suid-Afrikaners doen presies
dieselfde dinge wat jy hier beskryf as " deel van jou
kultuur." Wat is die verskil tussen jou kultuur en die van
die Suid-Afrikaanse Engelssprekende?
Julle sit so en spog hoe braaivleis en bier drink deel
van die Afrikaanse kultuur is. Julle het duidelik nog nie in
Noord-Amerika vir 'n lang ruk gebly nie. Hulle noem dit
nou wel barbeque en nie braaivleis nie, maar as jy nou 'n
kultuur wil sien wat braaivleis en bier tot 'n godsdiens
verhoog het, kom kuier hier.

Gloudina
Re: Steve se relaas - net vir Antie Gloudina [boodskap #82639 is 'n antwoord op boodskap #82637] Do, 21 Augustus 2003 13:32 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet ongelukkig met die antie saamstem. Die amerikaaners sal ons laat
skaamkry as dit by braai kom. En nie net "patties" soos op die TV nie maar
volbloed "T-bone steaks"

Ek onthou en verlang altyd na die gebraaiery rondom Loftus voor en na rugby
wedstryde. Die ander dag toe ons een van die "Miami Dolphins" se
"Pre-season" wedstryde gaan kyk het was ek verbaas om dieselfde atmosfeer
rondom "Pro-Player" stadium raak te loop. Die verskil is net dat hierdie
manne baie beter toegerus is. Hulle arriveer met "Pickups"(nie bakkies nie)
en slaan 'n parytjie op vir 40 mense vanuit sy bak. Hulle noem die 'n
"Tailgate Party" of "Going Tailgating". Miskien kan ons die afrikaanse
weergawe daarvan "kattebak suip" noem.

Dis ook nie net by sport geleenthede nie dis orals. My buurman braai...
sorry barbeque 3 keer 'n week. Hy het een van daai lekker kombinasie
braaiers, hy werk met kole of gas, affhangende van die tyd tot jou beskiking
kan jy net 'n knoppie druk vit 'n gasvlam, of jy kan kole ingooi en wag.

"@rogers.com" wrote in message
news:JJ31b.213419$4UE.119980@news01.bloor.is.net.cable.roger s.com...
>
> Elaine wrote
>
>> Saterdae braai ons vleis, kyk rugby, drink 'n koue Castle Lager en eet
>> biltong. Rugby kom van Engeland af, en in ander lande word daar ook vleis
>> gebraai en bier gedrink, maar die kombinasie van die verskillende goed "in
>> een" is deel van ons kultuur. Nou sê vir my Antie, wat is jou idee van
>> kultuur
>
> Elaine, Engelssprekende Suid-Afrikaners doen presies
> dieselfde dinge wat jy hier beskryf as " deel van jou
> kultuur." Wat is die verskil tussen jou kultuur en die van
> die Suid-Afrikaanse Engelssprekende?
> Julle sit so en spog hoe braaivleis en bier drink deel
> van die Afrikaanse kultuur is. Julle het duidelik nog nie in
> Noord-Amerika vir 'n lang ruk gebly nie. Hulle noem dit
> nou wel barbeque en nie braaivleis nie, maar as jy nou 'n
> kultuur wil sien wat braaivleis en bier tot 'n godsdiens
> verhoog het, kom kuier hier.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Re: Baxter Response (KILL THE CHICKEN)
Volgende onderwerp: Tsafendas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 16:51:03 MGT 2024