Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Groepe
Groepe [boodskap #82437] Ma, 18 Augustus 2003 20:28 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Goeiemiddag Manne,

Ek het nou sopas nog `n Nuwe groep bygebring en ons noem hom sommer
Politiek.
Hier kan ons met mekaar oor alles gesels wat nie Weermag / SAP /
Geloof aangeleenthede is nie.
Ek wil graag dat ons ons by die Groepname hou aangesien baie mense kla
oor die onnodige boodskappe wat hulle ontvang en dat ons van die
Groepe afdwaal waarvoor ons die mense vra om by aan te sluit.
Almal op die Groepe wil nie pos ontvang oor Geloof, Politiek of
enigiets anders as Magte aangeleenthede nie.

Ek vra almal asseblief om by die Groepe te bly met die aangeleentheid
wat ons oor wil gesêls.
Indien nie sal ek ongelukkig vir `n paar dae die Groepe modereer en
die pos na die Toepaslike Groepe stuur.

Hier is al die Groepe waar ons kan aansluit.

Let wel dat ek die Geloofsgroep ook terugskuif na Topica sodat al ons
Groepe nou onder een server dien.
Pas asseblief julle e-pos adresse aan soos nodig. Ek hoop hierdie is
die laaste keer dat ek nou groepe skuif maar ons / ek het ook maar
geeksperimenteer om die beste te vind.

Beste Groete
Frikkie


DIS BAIE MAKLIK... STUUR SLEGS `n LEE BOODSKAP NA DIE VOLGENDE ADRES
EN SIEDAAR....

POLITIEK EN ANDER AANGELEENTHEDE OOR DIE LAND? WêRELD:
Politiek-...@topica.com

1: SA Magte Gesêlsgroep
Weermag-...@topica.com
SLEGS WEERMAG / POLISIE AANGELEENTHEDE. GEEN KORT KOMMENTAAR OF
SARKASME NIE ASB.

2: Geloofsbespreking
HIERDIE GROEP IS OOK NOU TERUG BY TOPICA SO YAHHO SAL NIE MEER
BOODSKAPPE DEURSTUUR NA GELOOF NIE. SLEGS GELOOFS AANGELEENTHEDE:
Geloof-s...@topica.com

3: Vryheid2000 Nuus:
Hierdie is `n Groep waar al Fred Rundle se artikels deurgestuur word
soos hy dit plaas. Op hierdie Groep kan daar nie teruggeskryf word nie
en ons is so by die 600 Lede sterk reg oor die Wêreld. Indien die
aanvraag daar is maak ek `n aperte Groep oop net vir waar ons oor
Politiek kan gesêls. POLITIEK IS REEDS OOPGEMAAK SOOS BO EN DAAR IS
NOG NIEMAND OP NIE, SO STUUR MAAR DIE LEE BOODSKAP OM AAN TE SLUIT:
Freedom200...@topica.com

Ek doen graag `n beroep op elkeen op die Groepe om asseblief ons lyste
onder jul vriende te adverteer en dat ons saam lekker oor alles kan
gesêls. Probeer selfs `n advertensie in die Plaaslike koerantjie daar
by julle te kry want daar is werklik mense in afgelee plekke wat slegs
d.m.v. e-pos kontak het met hul mense in ander dele.

Baie dankie en beste Groete
Frikkie
Re: Groepe [boodskap #82448 is 'n antwoord op boodskap #82437] Ma, 18 Augustus 2003 23:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie Potgieter

> Hierdie is `n Groep waar al Fred Rundle se artikels deurgestuur word
> soos hy dit plaas. Op hierdie Groep kan daar nie teruggeskryf word nie

Dit is natuurlik voor die einste Fred Rundle voor wie
ons Frikkie sy knie buig. Nou vra ek vir jou. Fred Rundle,
wat duidelik een van die rassistiese industrie-maisters in
SA is, doen sy ding omdat hy geld daarmee maak, en geld
uit die buiteland daarvoor ontvang. Heelwaarskynlik uit die
VSA en Kanada. Ek neem aan onse Frikkie kry deel van
daardie geld as salaris van Fred Rundle af.

Penkop op wag.
Re: Groepe [boodskap #82454 is 'n antwoord op boodskap #82448] Di, 19 Augustus 2003 04:02 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - jy kry ook jou geld van Kanadese meesters.
"@rogers.com" wrote in message
news:6ld0b.237237$rsJ.38539@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> Frikkie Potgieter
>
>> Hierdie is `n Groep waar al Fred Rundle se artikels deurgestuur word
>> soos hy dit plaas. Op hierdie Groep kan daar nie teruggeskryf word nie
>
> Dit is natuurlik voor die einste Fred Rundle voor wie
> ons Frikkie sy knie buig. Nou vra ek vir jou. Fred Rundle,
> wat duidelik een van die rassistiese industrie-maisters in
> SA is, doen sy ding omdat hy geld daarmee maak, en geld
> uit die buiteland daarvoor ontvang. Heelwaarskynlik uit die
> VSA en Kanada. Ek neem aan onse Frikkie kry deel van
> daardie geld as salaris van Fred Rundle af.
>
> Penkop op wag.
>
Vorige onderwerp: Lorinda
Volgende onderwerp: Is this afrikaans?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 21:06:37 MGT 2024