Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Kragonderbreking
Die Kragonderbreking [boodskap #82323] Sa, 16 Augustus 2003 06:34 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is 'n paar goed wat ek nie mooi verstaan nie.
1) Ons het tog gereeld lokale kragonderbrekings, maar daar word nooit
gepraat van grootskaalse rowery en plundery tydens die kragonderbrekings
hier nie.
2) Daar word tog meer krag in die winter as in die somer gebruik - en dis
nou somer daar onder in die VSA/Kanada - so hoekom was daar nie 'n
grootskaalse kragonderbreking in die winter nie? Ek weet wel van 'n groot
kragonderbreking in Kanada 'n winter so twee jaar gelede, maar toe was die
VSA nie betrek nie.
3) Daar is tog nou minder mense in die VSA as in die winter - 'n hele paar
is mos nou in Irak. - of mors die mense daar onder met krag net soos wat
hulle brandstof mors?

Annette
Re: Die Kragonderbreking [boodskap #82335 is 'n antwoord op boodskap #82323] Sa, 16 Augustus 2003 10:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote

> Daar is 'n paar goed wat ek nie mooi verstaan nie.
> 1) Ons het tog gereeld lokale kragonderbrekings, maar daar word nooit
> gepraat van grootskaalse rowery en plundery tydens die kragonderbrekings
> hier nie.
> 2) Daar word tog meer krag in die winter as in die somer gebruik - en dis
> nou somer daar onder in die VSA/Kanada - so hoekom was daar nie 'n
> grootskaalse kragonderbreking in die winter nie? Ek weet wel van 'n groot
> kragonderbreking in Kanada 'n winter so twee jaar gelede, maar toe was die
> VSA nie betrek nie.
> 3) Daar is tog nou minder mense in die VSA as in die winter - 'n hele paar
> is mos nou in Irak. - of mors die mense daar onder met krag net soos wat
> hulle brandstof mors?

Daar is ook gereeld lokale kragonderbrekings in beide Kanada
en die VSA. Hierdie een was 'n freak wat hulle nou nog nie kan
verstaan nie. Hulle dink dat iemand nie die reels nagevolg het vir
veilige versending van krag nie. Ook word die privatisering van
die elektrisiteitproduksie geblameer vir verouderde installasies
wat nie vervang word soos dit moet nie.
Daar was egter hierdie keer geen grootskaalse plundery in enige
plek nie, behalwe as dit nou laasnag gebeur het ( dis oggend en ek
het nog nie die nuus gekyk nie.) Laasaand het hulle juis gewys hoe
vredig New York was.
Mens kan skaars SA en Noord-Amerika vergelyk in hierdie
geval. Die aantal mense wat krag verloor het - 50 miljoen - is meer
as die bevolking van SA. (Omtrent 10 miljoen is in Ontario. Die res
is in die Noordooste van die VSA, die digbevolkste deel van die
VSA en een van die hoogs-geindustrialiseerde dele). Buitendien was
dit baie baie warm, en lugverkoeling-gebruik neem ek aan is baie
groter hier as in SA, net soos binneshuise verwarming baie meer
intensief is hier in die winter.

Gloudina
Re: Die Kragonderbreking [boodskap #82345 is 'n antwoord op boodskap #82323] Sa, 16 Augustus 2003 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Aug 2003 08:34:21 +0200, "Annette" wrote:

> 2) Daar word tog meer krag in die winter as in die somer gebruik -
> Annette
>
Ek sou dit self nie weet nie, Annette, maar ek twyfel daaraan. Want in
Italië het hulle onlangs ook kragonderbrekings gehad en dit het gekom
deur die lugversorgings (airconditioning) in die huise wat in die
somer net meer krag nodig het. Die verwarming van die huise in Europa
en die VSA gaan nog meestal met stookolie maar die afkoeling daarvan
kan nie anders as met elektrisiteit gebeur nie.

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Die Kragonderbreking [boodskap #82349 is 'n antwoord op boodskap #82323] Sa, 16 Augustus 2003 19:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar is een goeie saak met daardie kragonderbreking in die VSA..
Die grote hoeveelheid spam wat daagliks hier op me rekenaar binnekom
is baie afgeneem! Daardie spammers in die VSA het geen stroom meer om
hulle e-pos te verstuur nie!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Die Kragonderbreking [boodskap #82419 is 'n antwoord op boodskap #82323] Ma, 18 Augustus 2003 13:22 Na vorige boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Aug 2003 08:34:21 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Daar is 'n paar goed wat ek nie mooi verstaan nie.
> 1) Ons het tog gereeld lokale kragonderbrekings, maar daar word nooit
> gepraat van grootskaalse rowery en plundery tydens die kragonderbrekings
> hier nie.

met die risk om negatief te klink: hulle is te besig om n vrou te
verkrag of n kind te vermoor

> 2) Daar word tog meer krag in die winter as in die somer gebruik - en dis
> nou somer daar onder in die VSA/Kanada - so hoekom was daar nie 'n
> grootskaalse kragonderbreking in die winter nie? Ek weet wel van 'n groot
> kragonderbreking in Kanada 'n winter so twee jaar gelede, maar toe was die
> VSA nie betrek nie.
> 3) Daar is tog nou minder mense in die VSA as in die winter - 'n hele paar
> is mos nou in Irak. - of mors die mense daar onder met krag net soos wat
> hulle brandstof mors?
>
> Annette
>
>
>
>
>

Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za
Vorige onderwerp: Swinging
Volgende onderwerp: Te warm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 12:00:15 MGT 2024