Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verstrooidheid in alle heftigheid
Verstrooidheid in alle heftigheid [boodskap #82379] So, 17 Augustus 2003 20:11
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
Verlede Vrydag het ek, nà ek 30 kilos gery het
om my huis se sleutel te kry waar ek dit miskien gelaat het,
weer by die huis aangekom, en skielik besluit om in die kattebak
te kyk. Die verligting dat die sleutels daarin was, het die feit
versag dat ek dit daarin gesit het. Maar wat daarna gebeur het
laat my wonder of net ek so verstrooid is:-)

Oudergewoonte het ek in trurat die motorhuis ingetrek en dus nie nodig
gehad om die ligte van die motorhuis aan te skakel nie, want my kar se
truligte is lekker helder.
Daarna het ek in die donker uitgeklim, en omdat dit stikdomker was in
die motorhuis, het ek voel voel oor die muur gesoek na die skakelaar,
om die ligte van die motorhuis af te skakel. Eers toe ek dit vind, en
voel dat dit in die af posisie is, het ek besef waarmee ek besig is.

Ek vergelyk dit met die dag wat ek my motor genader het met die
sleutels in my regterhand, met my linkerhand in my linkersak gesoek
het na die sleutel, en toe ek dit nie daar kry nie, die sleutel
oorgesit het in my linkerhand, en met my regterhand in my regtersak
verder gesoek. Omgedraai om te gaan soek waar ek was, en dit toe in
my hand gekry.

Of die dag wat ek, wat 'n bril gebruik om te lees, na die poskantoor
gestap het. My bril, 'n Multi-Focal, wat altyd in my hempsak is, kleur
lekker donker in die son. Toe ek oor die straat stap, haal ek dit uit
my hempsak, en sit dit oor my oë, want die son was skerp.

In die poskantoor het ek my bril begin soek, en toe terug gestap
na my kantoor, waar die bril seker op my lessenaar lê. Toe ek oor
dieselfde straat waar ek dit opgesit het stap, kry ek dit. Op my oë.

En dan troos ek myself, dat dit nie net ek is wat die botter in die
messelaai probeer kry nie. Is julle ook so?

DD

Om sommige snaakse aanmerkings in die kiem te smoor:
'n Graad twee sertifikaat het die onderwyseres se nota daarin
dat ek verstrooid is:-)))
Vorige onderwerp: Doodstraf?
Volgende onderwerp: Swinging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 04:56:27 MGT 2024