Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » REISIGER
REISIGER [boodskap #81983] Vr, 08 Augustus 2003 11:40 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat het van jou geword?
Re: REISIGER [boodskap #82045 is 'n antwoord op boodskap #81983] Ma, 11 Augustus 2003 10:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max[2]  is tans af-lyn  Max[2]
Boodskappe: 47
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Hy't verdwaal in sy gekkeparadys. Hoop nie hy kom ooit terug nie.

"Jonas"
> Wat het van jou geword?
Re: REISIGER [boodskap #82076 is 'n antwoord op boodskap #82045] Ma, 11 Augustus 2003 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Max - hy't my die ander dag ge-epos en wou weet of iemand hom nie dalk mis
nie....

"Max" skryf in boodskap news:cc9ea8f.0308110209.75f888da@posting.google.com...
> Hy't verdwaal in sy gekkeparadys. Hoop nie hy kom ooit terug nie.
>
> "Jonas"
>> Wat het van jou geword?
Re: REISIGER [boodskap #82077 is 'n antwoord op boodskap #82076] Ma, 11 Augustus 2003 17:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote:

> Max - hy't my die ander dag ge-epos en wou weet of iemand hom nie dalk mis
> nie....

Jy moet rerig ophou om aan josuelf eposse te stuur, Jonas. Dis nie
gesond nie.
Re: REISIGER [boodskap #82078 is 'n antwoord op boodskap #82077] Ma, 11 Augustus 2003 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
meskien die enigste intelligente om op die ng mee
te gesels
---
"Katryn"
: Jy moet rerig ophou om aan josuelf eposse te stuur, Jonas. Dis nie
: gesond nie.
Re: REISIGER [boodskap #82079 is 'n antwoord op boodskap #82078] Ma, 11 Augustus 2003 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:bh8l9d$ouf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> meskien die enigste intelligente om op die ng mee
> te gesels

Die reisiger, Jonas, of jy? :-)

Lorinda
Re: REISIGER [boodskap #82087 is 'n antwoord op boodskap #82079] Di, 12 Augustus 2003 04:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hi Lorinda - volg jy die Kelly-saak. Ek moet my weer oriënteer mbt die saak.
Dink jy daar gaan meer as een klap uitgedeel word?

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f37da79$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Tobie" wrote in message
> news:bh8l9d$ouf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> meskien die enigste intelligente om op die ng mee
>> te gesels
>
> Die reisiger, Jonas, of jy? :-)
>
> Lorinda
>
Re: REISIGER [boodskap #82117 is 'n antwoord op boodskap #82079] Di, 12 Augustus 2003 17:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda"
: Die reisiger, Jonas, of jy? :-)
---
hmmm ...... dit kan 'n vasvrae wees, maar laat ek
nou maar eerlik wees en sê om met homself te praat
...... dit was diplomaties genoeg dink ek :-)
Re: REISIGER [boodskap #82122 is 'n antwoord op boodskap #82087] Di, 12 Augustus 2003 20:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bh9oq5$cgo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hi Lorinda - volg jy die Kelly-saak. Ek moet my weer oriënteer mbt die saak.
> Dink jy daar gaan meer as een klap uitgedeel word?

O ja, ek volg dit (dit sou hier in elkgeval onmoontlik wees om daarvan weg
te kom:-)
Ek hoop daar word so baie klappe uitgedeel dat dit soos applous klink....
Gilligan het goed gedoen onder ondervraging vandag, of soos hulle
herhaaldelik op die nuus se, "he stuck to his guns".

Lorinda
Re: REISIGER [boodskap #82124 is 'n antwoord op boodskap #82122] Wo, 13 Augustus 2003 04:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - jou opmerking oor Gilligan is interessant. Met my beperkte insae
is ek ietwat bevooroordeeld jeens hom. My indruk op die tydstip is dat hy sy
inligtingsbron ("Kelly") te veel opgeblaas het ...

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f394de8$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bh9oq5$cgo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hi Lorinda - volg jy die Kelly-saak. Ek moet my weer oriënteer mbt die saak.
>> Dink jy daar gaan meer as een klap uitgedeel word?
>
> O ja, ek volg dit (dit sou hier in elkgeval onmoontlik wees om daarvan weg
> te kom:-)
> Ek hoop daar word so baie klappe uitgedeel dat dit soos applous klink....
> Gilligan het goed gedoen onder ondervraging vandag, of soos hulle
> herhaaldelik op die nuus se, "he stuck to his guns".
>
> Lorinda
>
Re: REISIGER [boodskap #82125 is 'n antwoord op boodskap #82122] Wo, 13 Augustus 2003 05:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Lorinda - is die ondervraging van Blair al aan die gang?
Annette

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f394de8$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bh9oq5$cgo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Hi Lorinda - volg jy die Kelly-saak. Ek moet my weer oriënteer mbt die saak.
>> Dink jy daar gaan meer as een klap uitgedeel word?
>
> O ja, ek volg dit (dit sou hier in elkgeval onmoontlik wees om daarvan weg
> te kom:-)
> Ek hoop daar word so baie klappe uitgedeel dat dit soos applous klink....
> Gilligan het goed gedoen onder ondervraging vandag, of soos hulle
> herhaaldelik op die nuus se, "he stuck to his guns".
>
> Lorinda
>
Re: REISIGER [boodskap #82132 is 'n antwoord op boodskap #82124] Wo, 13 Augustus 2003 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bhcdal$21u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - jou opmerking oor Gilligan is interessant. Met my beperkte insae
> is ek ietwat bevooroordeeld jeens hom. My indruk op die tydstip is dat hy sy
> inligtingsbron ("Kelly") te veel opgeblaas het ...

Jonas, die feit bly egter staan dat die inligting in die dossier wat die
regering aan die Parlement en die publiek voorgele het, verkeerd was. Die
enigste ding wat die regering reg kan bewys is is as hulle WMD in Irak kry
wat in 'n toestand van gereedheid is om die Britse publiek uit te wis. Dis
Blair se eie skuld, hy het dag in en dag uit op die WMD ding aangedring in
die aanloop tot die oorlog, so hy het self die swaard gekies.

Lorinda
Re: REISIGER [boodskap #82133 is 'n antwoord op boodskap #82125] Wo, 13 Augustus 2003 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:bhcj8m$111ijg$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Lorinda - is die ondervraging van Blair al aan die gang?
> Annette

Nog nie. Dis eersdaags sy beurt.

Lorinda
Re: REISIGER [boodskap #82147 is 'n antwoord op boodskap #82132] Wo, 13 Augustus 2003 13:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda die optrede van die BBC-korrespondente gaan veel wyer as die
Kelly-saak. Hulle vooroordeel kom veral duidelik na vore wanneer hulle
verslag doen uit die land waar mens bly. So was daar die ander dag 'n
verslag oor "slagbome" ("boomgates") wat uit sekere woongebiede verwyder
word. Die BBC-verslaggewer het die oprigting van slagbome 'n rassistiese
kleur gegee.
Wie is die mediamense - en het hulle goddelike insig en die patentereg op
die waarheid? Of, wie se standpunt verteenwoordig hulle nou eintlik?

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f39e04f$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bhcdal$21u$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Lorinda - jou opmerking oor Gilligan is interessant. Met my beperkte insae
>> is ek ietwat bevooroordeeld jeens hom. My indruk op die tydstip is dat hy sy
>> inligtingsbron ("Kelly") te veel opgeblaas het ...
>
> Jonas, die feit bly egter staan dat die inligting in die dossier wat die
> regering aan die Parlement en die publiek voorgele het, verkeerd was. Die
> enigste ding wat die regering reg kan bewys is is as hulle WMD in Irak kry
> wat in 'n toestand van gereedheid is om die Britse publiek uit te wis. Dis
> Blair se eie skuld, hy het dag in en dag uit op die WMD ding aangedring in
> die aanloop tot die oorlog, so hy het self die swaard gekies.
>
> Lorinda
>
Re: REISIGER [boodskap #82150 is 'n antwoord op boodskap #82147] Wo, 13 Augustus 2003 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas wrote :

> Wie is die mediamense - en het hulle goddelike insig en die patentereg op
> die waarheid? Of, wie se standpunt verteenwoordig hulle nou eintlik?

Om van " die mediamense" te praat asof hulle 'n
monolitiese kultuur is, wys net jou eie onkundigheid
van hoe dinge werk, en 'n begeerte om jou eie
standpunt voor te stoot waar dit verskil van dit
wat jy in die koerante lees. Hier in Kanada ken ek
my koerante. Ek weet watter een sosiaal en ekonomies
konserwatiewe tendense prys en daarom teen die
huidige regerende Liberal Party is. Ek weet watter
koerante ja-broers vir die Liberal Party is. Daarom
lees ek die Globe and Mail, wat basies konserwatief
is, maar wat eerlik genoeg is en intellektueel oop om
somtyds van opinie te verander. So 'n koerant het
groot slaankrag. In die VSA is daar baie sulke goeie
koerante. In my klein dae was Die Burger so 'n koerant,
al was dit ook die mondstuk van die Nasionale Party.
My ma se pa het egter altyd ook die Suiderstem gelees,
want hy was 'n Smelter in murg en been.

Gloudina
Re: REISIGER [boodskap #82160 is 'n antwoord op boodskap #82147] Wo, 13 Augustus 2003 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bhdemt$hec$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda die optrede van die BBC-korrespondente gaan veel wyer as die
> Kelly-saak. Hulle vooroordeel kom veral duidelik na vore wanneer hulle
> verslag doen uit die land waar mens bly. So was daar die ander dag 'n
> verslag oor "slagbome" ("boomgates") wat uit sekere woongebiede verwyder
> word. Die BBC-verslaggewer het die oprigting van slagbome 'n rassistiese
> kleur gegee.
> Wie is die mediamense - en het hulle goddelike insig en die patentereg op
> die waarheid? Of, wie se standpunt verteenwoordig hulle nou eintlik?

Jonas, ek het nie die "slagbome" verslag gesien nie, so ek kan nie iets
daaroor se nie.
Oor die media in die algemeen, verskillende koerante ens. het verskillende
agendas. Mense lees mos maar die koerant (of luister na die radio stasie
ens.) wat hulle standpunt verteenwoordig, of wat hulle vertrou om hulle
standpunt vir hulle te formuleer. In die geval van laasgenoemde is dit die
algemene houding van die koerant wat hulle aantrek. Die standpunte van die
"Daily Mail" verskil byvoorbeeld hemelsbreed van die standpunte van die
"Morning Star". Mens moet maar krities wees oor wat jy lees of waarna jy
luister, maar mense het baie keer 'n stel idees waaraan hulle alles wat
hulle hoor of lees meet, en dan besluit of dit "waar" of "onwaar" is.

Die BBC is oor die algemeen redelik konserwatief.
Oor die Kelly geval verteenwoordig die BBC in hierdie instansie die
standpunt van 'n groot deel van die publiek.

Lorinda
Re: REISIGER [boodskap #82168 is 'n antwoord op boodskap #82160] Do, 14 Augustus 2003 02:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - in die geval haal ek met 'n rede 'n BBC verslag aan. Ons het almal
toegang daartoe. Glo my ek lees krities - maar dit laat vrae by my ontstaan
wanneer ek skewe voorstellings sien oor 'n aangelentheid waartoe ek insae
het. Die vraag wat dan ontstaan is hoe skeef of verwronge is die beriggewing
oor die onderwerpe wat ek nie ken nie.

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f3a92ce$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bhdemt$hec$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Lorinda die optrede van die BBC-korrespondente gaan veel wyer as die
>> Kelly-saak. Hulle vooroordeel kom veral duidelik na vore wanneer hulle
>> verslag doen uit die land waar mens bly. So was daar die ander dag 'n
>> verslag oor "slagbome" ("boomgates") wat uit sekere woongebiede verwyder
>> word. Die BBC-verslaggewer het die oprigting van slagbome 'n rassistiese
>> kleur gegee.
>> Wie is die mediamense - en het hulle goddelike insig en die patentereg op
>> die waarheid? Of, wie se standpunt verteenwoordig hulle nou eintlik?
>
> Jonas, ek het nie die "slagbome" verslag gesien nie, so ek kan nie iets
> daaroor se nie.
> Oor die media in die algemeen, verskillende koerante ens. het verskillende
> agendas. Mense lees mos maar die koerant (of luister na die radio stasie
> ens.) wat hulle standpunt verteenwoordig, of wat hulle vertrou om hulle
> standpunt vir hulle te formuleer. In die geval van laasgenoemde is dit die
> algemene houding van die koerant wat hulle aantrek. Die standpunte van die
> "Daily Mail" verskil byvoorbeeld hemelsbreed van die standpunte van die
> "Morning Star". Mens moet maar krities wees oor wat jy lees of waarna jy
> luister, maar mense het baie keer 'n stel idees waaraan hulle alles wat
> hulle hoor of lees meet, en dan besluit of dit "waar" of "onwaar" is.
>
> Die BBC is oor die algemeen redelik konserwatief.
> Oor die Kelly geval verteenwoordig die BBC in hierdie instansie die
> standpunt van 'n groot deel van die publiek.
>
> Lorinda
>
Re: REISIGER [boodskap #82169 is 'n antwoord op boodskap #82150] Do, 14 Augustus 2003 02:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - jou beterweterige opmerkings is kenmerkend van 'n oudonderwyser aan
'n skool vir agtergeblewendes. Pas gerus aan by jou gehoor.
Die vrae wat ek vra word sedert die ontstaan van die media in sy huidige
vorm gevra - en is steeds onbeantwoord.

"@rogers.com" wrote in message
news:1Dr_a.145579$4UE.3900@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> Jonas wrote :
>
>> Wie is die mediamense - en het hulle goddelike insig en die patentereg op
>> die waarheid? Of, wie se standpunt verteenwoordig hulle nou eintlik?
>
> Om van " die mediamense" te praat asof hulle 'n
> monolitiese kultuur is, wys net jou eie onkundigheid
> van hoe dinge werk, en 'n begeerte om jou eie
> standpunt voor te stoot waar dit verskil van dit
> wat jy in die koerante lees. Hier in Kanada ken ek
> my koerante. Ek weet watter een sosiaal en ekonomies
> konserwatiewe tendense prys en daarom teen die
> huidige regerende Liberal Party is. Ek weet watter
> koerante ja-broers vir die Liberal Party is. Daarom
> lees ek die Globe and Mail, wat basies konserwatief
> is, maar wat eerlik genoeg is en intellektueel oop om
> somtyds van opinie te verander. So 'n koerant het
> groot slaankrag. In die VSA is daar baie sulke goeie
> koerante. In my klein dae was Die Burger so 'n koerant,
> al was dit ook die mondstuk van die Nasionale Party.
> My ma se pa het egter altyd ook die Suiderstem gelees,
> want hy was 'n Smelter in murg en been.
>
> Gloudina
>
Re: REISIGER [boodskap #82225 is 'n antwoord op boodskap #82168] Do, 14 Augustus 2003 21:48 Na vorige boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bhesgn$bke$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - in die geval haal ek met 'n rede 'n BBC verslag aan. Ons het almal
> toegang daartoe. Glo my ek lees krities - maar dit laat vrae by my ontstaan
> wanneer ek skewe voorstellings sien oor 'n aangelentheid waartoe ek insae
> het. Die vraag wat dan ontstaan is hoe skeef of verwronge is die beriggewing
> oor die onderwerpe wat ek nie ken nie.

Soos ek gese het, verskillende koerante, TV kanale ens. het verskillende
agendas, en die feit dat hulle nie almal dieselfde agenda het nie is hoe
mens partykeer 'n beter prentjie oor 'n saak kan kry deur na meer as een te
kyk. Beriggewing is inderdaad somtyds verwronge, en gebrek aan insig aan
die kant van die joernalis kan een van die redes hiervoor wees. Dit kan
veral gebeur as daar oor 'n saak in die buiteland geskryf word, waneer daar
'n gebrek aan kennis van die konteks is, of die nuanses nie begryp word nie.
Dit beteken nie noodwendig dat dit altyd die geval is nie.

Die vermoe van die "massamedia" om mense te indoktrineer word ook effens
oorskat.

Lorinda
Vorige onderwerp: Re: Mugabe's Secret Famine now Online for FREE Viewing
Volgende onderwerp: Yahoo van lyn af????!!!!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 05:11:06 MGT 2024