Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons nuutste wêreldkampioen
Ons nuutste wêreldkampioen [boodskap #82099] Di, 12 Augustus 2003 10:12
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Bongani Mvumvu is die nuwe Kinder Wêreldkampioen in dressage. Hy het
deelnemers van 17 ander lande uitgestof.
Deelname aan die kampioenskap is op uitnodiging alleenlik.
Bongani is drie jaar gelede gevind deur die 4-jarige seun van 'n varkboer
van Phillippi - hy was besig om vir kos te soek.
Sy ma het hom by sy pa gelos om te gaan werk soek, sy pa is toe dood, en hy
het die huis verlaat op soek na sy ma.
Hy kon onthou dat sy ma op die plaas al gaan werk soek het en kos soek het.
Hy en die seuntjie het dadelik maats geword, en hy is genooi om die
paasnaweek saam met die Mohr gesin deur te bring.
Hy bly nog steeds by die gesin, en hulle is nou sy pleegsorgouers.
Hy het oral saam met hulle gegaan, en baie gou het hulle agtergekom hy het
'n natuurlike talent vir perdry.
Hulle het hom laat afrig by 'n bekende afrigter, en hy het elke kompetisie
gewen waaraan hy deelgeneem het.
Verlede jaar het hy selfs 'n kompetisie gewen waaraan senior ruiters
deelgeneem het.
Mnr Brett Kebble dek die onkoste van Bongani, sy pleegmoeder Linda Mohr en
sy afrigter Mike Lewis in Duitsland.
Bongani het besluit dat Afrikaans sy moedertaal is.

Annette
Vorige onderwerp: Can you please translate me this phrase?
Volgende onderwerp: Prioriteite
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 21 19:59:15 MGT 2024