Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Manto wys haar middelvinger
Manto wys haar middelvinger [boodskap #82042] Ma, 11 Augustus 2003 07:20
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Verlede jaar in Mei, nadat onse Prez se kantoor oorval is met fakse van
heinde en verre, is daar toe aangekondig dat hy van plan verander het, en
dat Nevaripien aan verkragtingslagoffers beskikbaar gestel sal word. Die
volgende Sondag is daar toe groot volbladkleuradvertensies oor die nuwe
5-jaar plan.
Die konstitusionele hof het ook die regering gelas om die behandeling toe te
pas omdat daar na die aankondiging niks gebeur het nie.
Nou is ons by 'n KykWeer
Verlede Donderdagnag het 'n parlementêre kommitee besluit dat Manto en haar
gesondheidsdienste die behandeling binne twee mande moet instel.
Sondag - Groot volkleuradvertensies in die Sondagkoerante - albeit nie
volblad nie. - slegs driekwart.
Gisteraand verklaar Manto hulle kan gaan doppies blaas, dit sal baie langer
as twee maande neem om die behandeling in te stel.

Niemand vra vir Manto of die Prez wat hulle nou eintlik gedoen het na
verlede jaar in Mei volgens die advertensie nie.
Nou sien ons hoekom - daar is nie geld vir vigsbehandeling nie, want die
geld word gebruik om mense wat vigs het in die tronke te hou sodat hulle dit
nie verder versprei as hulle onmiddelike omgewing nie.

Annette
Vorige onderwerp: Die lege sitkamer
Volgende onderwerp: Tronkstraf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 07:30:55 MGT 2024