Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Herman....van '''n "ex"...en 'n "pat"
Vir Herman....van '''n "ex"...en 'n "pat" [boodskap #8081] Di, 21 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Tierkat  is tans af-lyn  Tierkat
Boodskappe: 12
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek is "ex"....want ek bly nou al vir 4 jr. in die VSA

En... ek is "pat"..... want ek voel nog steeds baie patrioties oor die
tuisland.

Maar is ek "ex pat"?

Ek sit in die VSA oor ek rooi miere in my agterwereld het..... en dit
noodwendig lei tot 'n gegatskuurdery. Die huidige Suid-Afrikaanse ekonomie
is nie goeie salf vir die ewige gejeukery nie.... so hier is ek nou.

Herman.....meeste van ons ekse kerm nogal nie so baie nie....
Gloudina vervul in die behoefte om bietjie Afrikaans te lees.....
Galjoen se bydraes is meestal apolities en erg verfrissend.....
en die res van ons neuk maar so hier en daar in met 'n opinie.... en 'n
opinie van 'n sogenaamde buitestaander kan nogal waardevol wees en 'n heel
nuwe perspektief aan 'n probleem gee.

Miskien omdat ons "ex" ....maar baie "pat" is het ons hierdie nuusgroep
amper meer nodig as jy.....dis die een plek waar ons nuus kan kry sonder
dat CNN dit opgedollie het om mooi te lyk ..... waar ons so nou en dan
iets lees oor die mooi van die land..... bietjie Afrikaner kultuur kan
inkry.....en waar mense nog toutrek oor die naam KOOS.....:-)

Ek bly lekker hier.....my miere is ook heel he^ppie.... maar Suid-Afrika
en Afrikaans is nog my eerste liefde...... en as jy dink ek het niks te se
nie omdat my voete wyer as die grense van Suid- Afrika geloop het..... is
jou gees /wereld en brein maar klein...... MISKIEN SAL 'N BIETJIE "EX" JOU
"PAT" GOED DOEN!!!

Vrinnelike groete uit Amerika
Hester
Re: Vir Herman....van '''n "ex"...en 'n "pat" [boodskap #8121 is 'n antwoord op boodskap #8081] Do, 23 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 23 Jan 1997 20:57:53 GMT, hwa...@burger.naspers.co.za
(herman) wrote:

>>>[/color]

Dis 'n nuwe beskrywing vir Opperman, Louw en Breytenbach.
Re: Vir Herman....van '''n "ex"...en 'n "pat" [boodskap #8122 is 'n antwoord op boodskap #8081] Do, 23 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
tie...@aol.com (Tierkat) wrote:

> Ek is "ex"....want ek bly nou al vir 4 jr. in die VSA

> En... ek is "pat"..... want ek voel nog steeds baie patrioties oor die
> tuisland.

> Maar is ek "ex pat"?

> Ek sit in die VSA oor ek rooi miere in my agterwereld het..... en dit
> noodwendig lei tot 'n gegatskuurdery. Die huidige Suid-Afrikaanse ekonomie
> is nie goeie salf vir die ewige gejeukery nie.... so hier is ek nou.

> Herman.....meeste van ons ekse kerm nogal nie so baie nie....
> Gloudina vervul in die behoefte om bietjie Afrikaans te lees.....
> Galjoen se bydraes is meestal apolities en erg verfrissend.....
> en die res van ons neuk maar so hier en daar in met 'n opinie.... en 'n
> opinie van 'n sogenaamde buitestaander kan nogal waardevol wees en 'n heel
> nuwe perspektief aan 'n probleem gee.

> Miskien omdat ons "ex" ....maar baie "pat" is het ons hierdie nuusgroep
> amper meer nodig as jy.....dis die een plek waar ons nuus kan kry sonder
> dat CNN dit opgedollie het om mooi te lyk ..... waar ons so nou en dan
> iets lees oor die mooi van die land..... bietjie Afrikaner kultuur kan
> inkry.....en waar mense nog toutrek oor die naam KOOS.....:-)

> Ek bly lekker hier.....my miere is ook heel he^ppie.... maar Suid-Afrika
> en Afrikaans is nog my eerste liefde...... en as jy dink ek het niks te se
> nie omdat my voete wyer as die grense van Suid- Afrika geloop het..... is
> jou gees /wereld en brein maar klein...... MISKIEN SAL 'N BIETJIE "EX" JOU
> "PAT" GOED DOEN!!!

> Vrinnelike groete uit Amerika
> Hester
Uiteindelik iemand wat beskaafd kan redeneer oor die onderwerp. Baie
dankie. Ek verstaan jou punt, jou situasie en waardeer dat jy eerlik
is oor die aangeleentheid. Ja, miskien sal 'n bietjie ex my pat goed
doen. Ek het net 'n probleem met mense wat nie besef dat as hulle die
land verlaat het, hulle onmoontlik die hele prentjie kan kry op
dieselfde manier as wat iemand dit kry wat hier bly. Maar, en daar is
jy reg met jou implikasie, selfs iemand wat hier bly kan onmoontlik
die volle prentjie kry en ons is afhanklik van verskillende
perspektiewe om die laslappie-beeld vollediger te maak. Jou belydenis
(?) dat julle die nuusgroep meer nodig het as ek, verstaan ek. Dis net
dat ek nie altyd insien dat expats se lojaliteit aan die land bo
verdenking is as hulle besluit het om oorsee te bly nie. Om net vir 'n
tydjie daar te vertoef is natuurlik 'n ander saak. En ek sal lieg as
ek sê dat ek nie so 'n geleentheid ook sal waardeer nie.

Maar asseblief, expats - gee ons dan nuwe perspektiewe, insigte en
dies meer, en nie net sentimentele gediggies nie. Ons het julle oë in
die vreemde nodig om die land hier beter te kan sien. Julle nostalgie
laat ons egter so bietjie koud.

Vriendelike groete uit 'n warm Azanië.
Herman
Re: Vir Herman....van '''n "ex"...en 'n "pat" [boodskap #8138 is 'n antwoord op boodskap #8081] Vr, 24 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
fe...@is.co.za (Koos) wrote:

> On Thu, 23 Jan 1997 20:57:53 GMT, hwa...@burger.naspers.co.za
> (herman) wrote:

> dies meer, en nie net sentimentele gediggies nie.>>>>

> Dis 'n nuwe beskrywing vir Opperman, Louw en Breytenbach.

Opperman, Louw en Breytenbach is darem nie al gediggies wat hier gepos
is nie.
Vorige onderwerp: Re: Antjie Krog, FEMINISTE en so aan...
Volgende onderwerp: Re: hier's een vir julle - EN HIER IS JOUNE OOK .....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 07:24:36 MGT 2024