Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » wat beteken "geskiedenis"
wat beteken "geskiedenis" [boodskap #8089] Di, 21 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Andrew Harwood  is tans af-lyn  Andrew Harwood
Boodskappe: 12
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Groete almal,

Jammer my Afrikaanse taal is nie so goed nie, maar kan iemand vir my sê
wat beteken die woord "geskiedenis" (in Engels) asseblief.
Dankie.

============================================================ ================
| ("`-''-/").___..--''"`-._ ANDREW HARWOOD |
| `6_ 6 ) `-. ( ).`-.__.`) Environmental Engineering |
| (_Y_.)' ._ ) `._ `. ``-..-' Carleton University |
| _..`--'_..-_/ /--'_.' ,' |
| (il).-'' (li).' ((!.-' Email: AHar...@Chat.Carleton.Ca |
| OR Har...@Engsoc.Carleton.Ca |
| From "Darkest Africa"... Postal: 7 Weatherwood Crescent |
| Vanuit "Donkere Afrika"... Nepean, Ontario; K2E 7C5; Canada |
============================================================ ================
Re: wat beteken "geskiedenis" [boodskap #8107 is 'n antwoord op boodskap #8089] Wo, 22 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
ahar...@chat.carleton.ca says...
>
>
> Groete almal,
>
> Jammer my Afrikaanse taal is nie so goed nie, maar kan iemand vir my sê
> wat beteken die woord "geskiedenis" (in Engels) asseblief.
> Dankie.
>

Hi Andrew,
Mede-Ottawaer!
“Geskiedenis” is die Afrikaans vir “History.”
Word gebruik vir die vak op skool of Universiteit.
Die werkwoord “om te geskied” (to happen)
is ‘n ouer en meer formele woord. Gewoonlik word
“om te gebeur” (to happen) gebruik in die alledaagse
taal. Maar in die Onse Vader (The Lords Prayer)
gebruik hulle “geskied” :

Onse Vader wat in die Hemele is...
laat U wil geskied.... (let Thy Will be done)

Die werkwoord word so vervoeg (conjugate):
Dit geskied vandag
Dit sal in die toekoms geskied
Dit het in die verlede geskied

“om te gebeur” word so vervoeg:

Dit gebeur vandag
Dit sal in die toekoms gebeur
Dit het in die verlede gebeur

Ek hou van jou leeu, Andrew. Ek hoop jy sal aanhou
om op die Afrikaanse nuusgroep te skryf.

Gloudina Bouwer
Re: wat beteken "geskiedenis" [boodskap #8130 is 'n antwoord op boodskap #8089] Do, 23 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
ahar...@chat.carleton.ca (Andrew Harwood) wrote:

> Groete almal,

> Jammer my Afrikaanse taal is nie so goed nie, maar kan iemand vir my sê
> wat beteken die woord "geskiedenis" (in Engels) asseblief.
> Dankie.

It means 'history'
Re: wat beteken "geskiedenis" [boodskap #8131 is 'n antwoord op boodskap #8089] Do, 23 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Antiochus  is tans af-lyn  Antiochus
Boodskappe: 5
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
either "history" or something like "story" or "happening." there's lots of
dictionaries around, though :)

groete,

clement j w zeitlhofer-adderton, wenen, oostenryk

Andrew Harwood schrieb im Beitrag
...
>
> Groete almal,
>
> Jammer my Afrikaanse taal is nie so goed nie, maar kan iemand vir my sê
> wat beteken die woord "geskiedenis" (in Engels) asseblief.
> Dankie.
>

Re: wat beteken "geskiedenis" [boodskap #8152 is 'n antwoord op boodskap #8089] Vr, 24 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Izak Bouwer (iz...@igs.net) wrote:


: Hi Andrew,
: Mede-Ottawaer!
: “Geskiedenis” is die Afrikaans vir “History.”
: Word gebruik vir die vak op skool of Universiteit.
: Die werkwoord “om te geskied” (to happen)
: is ‘n ouer en meer formele woord. Gewoonlik word
: “om te gebeur” (to happen) gebruik in die alledaagse
: taal. Maar in die Onse Vader (The Lords Prayer)
: gebruik hulle “geskied” :

: Onse Vader wat in die Hemele is...
: laat U wil geskied.... (let Thy Will be done)

: Die werkwoord word so vervoeg (conjugate):
: Dit geskied vandag
: Dit sal in die toekoms geskied
: Dit het in die verlede geskied

: “om te gebeur” word so vervoeg:

: Dit gebeur vandag
: Dit sal in die toekoms gebeur
: Dit het in die verlede gebeur

: Ek hou van jou leeu, Andrew. Ek hoop jy sal aanhou
: om op die Afrikaanse nuusgroep te skryf.

: Gloudina Bouwer

Hene Gloudina, jy het jou wrintiewaar 'n hele klomp lyne geskryf wat nie 'n
gedig is nie! Voel jy siek my kind?

Groete,
Dries Venter
Re: wat beteken "geskiedenis" [boodskap #8174 is 'n antwoord op boodskap #8089] Sa, 25 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , ven...@ilink.nis.za says...

> Hene Gloudina, jy het jou wrintiewaar 'n hele klomp lyne geskryf wat nie 'n
> gedig is nie! Voel jy siek my kind?
>
> Groete,
> Dries Venter
>

Dries,
Probeer jy skoor soek of probeer jy geselskap
soek? Indien jy skoor soek, gaan spring in die
Apies-rivier, daar waar dit kruis met Johnston-
straat in Sunnyside.
Indien nie, maak jouself nuttig en vertel my die
naam van die straat wat verby die Kunsmuseum
loop af in die rigting van die middestad, maar aan
die oostekant (?) van die Kunsmuseum, die kant
weg van die Uniegeboue af. (Terloops, wat noem
hulle die Uniegeboue deesdae?)
Ek probeer nou al vir dae om die naam van daar-
die straat te onthou. Waar dit kruis met Johnston,
is 'n taamlike groot huis, waar Ge Korsten gebly het,
(of nou nog bly?)
Ek is egter meer geinteresseer in nuus oor Gerard
Korsten, die dirigent, seun van die sanger. Het hy die
pos gekry as dirigent van die Transvaalse Filharmoniese
Orkes? ( Ek het 'n artikel oor hom in De Kat van Mei
laasjaar gelees.) Of het hy 'n pos oorsee aanvaar?
So, Dries, maak jouself nou nuttig. Ek ken Pretoria
taamlik goed. Het skoolgehou op Kilnerton, oorkant
die pad langs die Botaniese tuine, voor Bantoe-Onderwys
die swart skool van daardie lieflike plek verwyder het en
dit daar in die kaal haai vlakte ver van Pretoria gaan sit
het. Later, tussen twee emigrerings na Kanada, het ons
vir vier jaar in Lunnon-weg gebly. Pretoria is 'n lekker
plek. Ek het gehou van die Aula, en van die opelugteater
daar. Ek het goeie herinnerings van Pretoria.

Gloudina
Vorige onderwerp: Sosiale kultuur?
Volgende onderwerp: EINDE VAN DIE EEU
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 03:38:49 MGT 2024