Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: POFADDERS, POTJIEKOS, ZOELOES, YUPPIES en BLOEDRIVIER
Re: POFADDERS, POTJIEKOS, ZOELOES, YUPPIES en BLOEDRIVIER [boodskap #8068] Ma, 20 Januarie 1997 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Jan 1997 16:24:38 GMT, gal...@ibm.net wrote:

>>

Na aanleiding van die ewige satanisme wat in SA opduik en
langspeelplate van rock-musikante wat glo satanistiese boodskappe sou
uitspel as dit verkeerdom gespeel word, was daar die grap so 'n paar
jaar gelede:
Wat hoor jy as jy 'n Bles Bridges plaat verkeerdom speel?
Antwoord: 'n Potjiekos-resep.

Vir die wat lank weg was: Bles Bridges kom van die Oos-Rand, dra glo
'n pruik en sing op maat van soet viole soos 'n mislukte Ge Korsten.

Vir die wat nog langer weg was: Ge Korsten is 'n Pretoriase
operasanger wat dit nie kon maak nie.

Bles Bridges het dus so 'n dun skreeustem met sulke effens gladde
tenoor-rante. So half nasaal met 'n kleinburgerlike intensiteit.
Hy sing van die liefde en van rose en van seemeue en die liefde en die
rose en wind en die seemeeue en die rose en so aan.

Hy was 'n paar jaar gelede die darling van die ouerige Afrikaanse
tannies op die platteland.

Die wat gereeld NG Kerk toe gaan maar net ses boeke in die huis het:
Die Bybel, 'n Boek oor die Bybel, Huisgenoot se kitsresepte, Nog
kitsresepte van Huisgenoot, Iets van Audrey Blignault wat nooit gelees
is nie en 'n Engelse Mills and Boon wat daar rondle.
Vorige onderwerp: Re: Just a question
Volgende onderwerp: Re: Happy Birthday in Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 09:04:50 MGT 2024