Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » hier's een vir julle
hier's een vir julle [boodskap #8058] Vr, 17 Januarie 1997 00:00
hwa...  is tans af-lyn  hwa...
Boodskappe: 31
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Siende dat hierdie nuusgroep bykans volledig bestaan uit die pos van
sentimentele gediggies, pos ek maar my bydrae ook in dié vorm. Opgedra aan al
die ex-pats wat so baie te sê het omdat daar so baie kilometers tussen hulle
en Suid-Afrika is. Verskoon maar dat die ritme en die beeldspraak, dis nou nie
Breyten nie.

Ballade vir 'n vlugteling (a la SAUK TV)

Ek's 'n eks-Afrikaner en het fokkol te doen
ek sit in die buiteland wat my so erg verveel
so ek pos maar gediggies en resepte vir pampoen
want verder is ek met kennis maar karig bedeel

Ek maak maar asof ek na die suidergrond verlang
die mense, die plekke, die boeke en die weer
maar eintlik is ek vir die land skytbang
ek hoor dan die plek word deur swartes beheer

Ek sit in die vreemde en maak baie geld
vergeet daagliks hoe lyk 'n plakkershut
hoe droog is die karoo en die ou bosveld
hoe kraak die smiles tussen swart en wit

maar praat sal ek praat oor Suid-Afrika
my oordele vel oor die politiek
ek kom nie weer terug nie, maar sal bly kla
oor die verstokte wit ras en die Franskraal kliek

solank jy my uitlos en my net nie vra
om terug te keer na Suid-Afrika

Groete uit Suid-Afrika (dis so 'n kleinerige land aan die onderpunt van
Afrika, kaarte in nieu-seeland, kanada, australie en engeland behoort dit aan
te dui, soek maar)

herman
Vorige onderwerp: Die Afrikaner: Mandela bondgenootskappe boemerang
Volgende onderwerp: vervelige nuusgroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 22:24:20 MGT 2024