Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Feeste: Wie ken van?
Feeste: Wie ken van? [boodskap #80387] Do, 10 Julie 2003 13:42 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
So pas het die Visfees hier aan ons kus [op Hentiesbaai] afgeloop en volgens
alle aanduidings was dit 'n groot sukses, tog is daar 'n praktiese probleem
daarmee wat die organiseerders baie graag sou wou oplos. Hulle sit met 'n
'catch-22': Om die mense te trek kry hulle 'n kunstenaar van naam. Dié
vra natuurlik 'n hele paar pond om te kom optree en moet betaal word. Nou
kan jy:
1. Die hekgeld laag hou om die maksimum voetgangers deur die dag te
verseker om so aan die mense wat uitstal en te verkoop die maksimum
besoekers te verseker en aparte kaartjies verkoop vir aand van optrede wat
heelwat duurder is. Die probleem is egter dat mense wat nie betaal het om
die 'show' te sien nie, ook kan inglip want op feeste word groot tente
gebruik.
2. Jy kan die toegangsgeld duurder maak en dan kan die besoekers maak wat
hulle wil, die 'show' is by die prys ingesluit, maar wat van die ou wat nie
in die kunstenaar belangstel nie? So 'n duur toegang beteken dat die ou
wat net wil gaan kos koop, dit nie meer kan doen nie. Ook die armer deel
van die gemeenskap word totentaal uitgesluit.
Het iemand dalk raad?
Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80388 is 'n antwoord op boodskap #80387] Do, 10 Julie 2003 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja.
Kry 'n goedkoper sanger en gaan vir opsie 1:))
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f0d6d69.0@news1.mweb.co.za...
> So pas het die Visfees hier aan ons kus [op Hentiesbaai] afgeloop en volgens
> alle aanduidings was dit 'n groot sukses, tog is daar 'n praktiese probleem
> daarmee wat die organiseerders baie graag sou wou oplos. Hulle sit met 'n
> 'catch-22': Om die mense te trek kry hulle 'n kunstenaar van naam. Dié
> vra natuurlik 'n hele paar pond om te kom optree en moet betaal word. Nou
> kan jy:
> 1. Die hekgeld laag hou om die maksimum voetgangers deur die dag te
> verseker om so aan die mense wat uitstal en te verkoop die maksimum
> besoekers te verseker en aparte kaartjies verkoop vir aand van optrede wat
> heelwat duurder is. Die probleem is egter dat mense wat nie betaal het om
> die 'show' te sien nie, ook kan inglip want op feeste word groot tente
> gebruik.
> 2. Jy kan die toegangsgeld duurder maak en dan kan die besoekers maak wat
> hulle wil, die 'show' is by die prys ingesluit, maar wat van die ou wat nie
> in die kunstenaar belangstel nie? So 'n duur toegang beteken dat die ou
> wat net wil gaan kos koop, dit nie meer kan doen nie. Ook die armer deel
> van die gemeenskap word totentaal uitgesluit.
> Het iemand dalk raad?
>
Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80436 is 'n antwoord op boodskap #80387] Sa, 12 Julie 2003 11:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Intact  is tans af-lyn  Intact
Boodskappe: 13
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Junior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:...
> So pas het die Visfees hier aan ons kus [op Hentiesbaai] afgeloop en volgens
> alle aanduidings was dit 'n groot sukses, tog is daar 'n praktiese probleem
> daarmee wat die organiseerders baie graag sou wou oplos. Hulle sit met 'n
> 'catch-22': Om die mense te trek kry hulle 'n kunstenaar van naam. Dié
> vra natuurlik 'n hele paar pond om te kom optree en moet betaal word. Nou
> kan jy:
> 1. Die hekgeld laag hou om die maksimum voetgangers deur die dag te
> verseker om so aan die mense wat uitstal en te verkoop die maksimum
> besoekers te verseker en aparte kaartjies verkoop vir aand van optrede wat
> heelwat duurder is. Die probleem is egter dat mense wat nie betaal het om
> die 'show' te sien nie, ook kan inglip want op feeste word groot tente
> gebruik.
> 2. Jy kan die toegangsgeld duurder maak en dan kan die besoekers maak wat
> hulle wil, die 'show' is by die prys ingesluit, maar wat van die ou wat nie
> in die kunstenaar belangstel nie? So 'n duur toegang beteken dat die ou
> wat net wil gaan kos koop, dit nie meer kan doen nie. Ook die armer deel
> van die gemeenskap word totentaal uitgesluit.
> Het iemand dalk raad?

Nooi vir Steve om te kom optree. Hy sal julle betaal as julle hom net
'n verhoog sal gee. Probleem is net dat niemand dan sal opdaag nie.
Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80463 is 'n antwoord op boodskap #80436] Ma, 14 Julie 2003 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Snaaks genoeg wás Steve Hofmeyer daar en het hy 'n moerse bedrag gekos, maar
hy het soveel mense getrek dat daar nie plek was vir 'n muis nie. Hy was
uit en uit sy geld werd, maar die toegang moes hoër gemaak word.

"Intact" skryf in boodskap news:91ff6232.0307120327.5194b4df@posting.google.com...
> "Suidwester" wrote in message news:...
>> So pas het die Visfees hier aan ons kus [op Hentiesbaai] afgeloop en volgens
>> alle aanduidings was dit 'n groot sukses, tog is daar 'n praktiese probleem
>> daarmee wat die organiseerders baie graag sou wou oplos. Hulle sit met 'n
>> 'catch-22': Om die mense te trek kry hulle 'n kunstenaar van naam. Dié
>> vra natuurlik 'n hele paar pond om te kom optree en moet betaal word. Nou
>> kan jy:
>> 1. Die hekgeld laag hou om die maksimum voetgangers deur die dag te
>> verseker om so aan die mense wat uitstal en te verkoop die maksimum
>> besoekers te verseker en aparte kaartjies verkoop vir aand van optrede wat
>> heelwat duurder is. Die probleem is egter dat mense wat nie betaal het om
>> die 'show' te sien nie, ook kan inglip want op feeste word groot tente
>> gebruik.
>> 2. Jy kan die toegangsgeld duurder maak en dan kan die besoekers maak wat
>> hulle wil, die 'show' is by die prys ingesluit, maar wat van die ou wat nie
>> in die kunstenaar belangstel nie? So 'n duur toegang beteken dat die ou
>> wat net wil gaan kos koop, dit nie meer kan doen nie. Ook die armer deel
>> van die gemeenskap word totentaal uitgesluit.
>> Het iemand dalk raad?
>
> Nooi vir Steve om te kom optree. Hy sal julle betaal as julle hom net
> 'n verhoog sal gee. Probleem is net dat niemand dan sal opdaag nie.
Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80466 is 'n antwoord op boodskap #80436] Ma, 14 Julie 2003 10:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nie waar nie. Steve pak die sale vol. Op 'n persoonlike vlak hou ek self
nie baie van Steve nie, maar gee die duiwel wat hom toekom - die man kan
sing. En ek weet vir 'n feit dat hy altyd lank voor die tyd uitverkoop is.
In kleiner plekke is daar waglyste vir kaartjies, en as jy bespreek, het jy
24 uur om jou kaartjie te gaan loop haal of hy word aan die volgende ou op
die lys verkoop. Kry eers jou feite agtermekaar voordat jy sommer so losweg
beledig. Ou Steve het 'n groot comeback gemaak.
Maar ek hou nog steeds nie van hom nie.

E

"Intact" wrote:
>
> Nooi vir Steve om te kom optree. Hy sal julle betaal as julle hom net
> 'n verhoog sal gee. Probleem is net dat niemand dan sal opdaag nie.
Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80472 is 'n antwoord op boodskap #80466] Ma, 14 Julie 2003 15:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis waar. Lank voor hy op ons kus was het die mense al gepraat van 'ou
Steve' wat dan gaan kom [uh, arriveer!]. Ek dink dit het met die
verskeidenheid te doene wat hy aanbied....iets vir almal. Party ouens
wroeg mos net vir 'n sekere groep enersdenkenes.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f128534$0$231@hades.is.co.za...
> Nie waar nie. Steve pak die sale vol. Op 'n persoonlike vlak hou ek self
> nie baie van Steve nie, maar gee die duiwel wat hom toekom - die man kan
> sing. En ek weet vir 'n feit dat hy altyd lank voor die tyd uitverkoop is.
> In kleiner plekke is daar waglyste vir kaartjies, en as jy bespreek, het jy
> 24 uur om jou kaartjie te gaan loop haal of hy word aan die volgende ou op
> die lys verkoop. Kry eers jou feite agtermekaar voordat jy sommer so losweg
> beledig. Ou Steve het 'n groot comeback gemaak.
> Maar ek hou nog steeds nie van hom nie.
>
> E
>
> "Intact" wrote:
>>
>> Nooi vir Steve om te kom optree. Hy sal julle betaal as julle hom net
>> 'n verhoog sal gee. Probleem is net dat niemand dan sal opdaag nie.
>
Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80483 is 'n antwoord op boodskap #80472] Ma, 14 Julie 2003 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, hy sing nogal vir 'n wye gehoor, maar die ding is net dat die man so
arrogant en ongeskik is. As dit nie daarvoor was nie, sou ek ook na hom
geluister het. Moenie 'n fout maak nie, met sy gehoor en sy fans is hy baie
vriendelik. Dis as jy hom buite die verhoog en op straat sien dat hy so
houding aan hom kry.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f12cb67.0@news1.mweb.co.za...
> Dis waar. Lank voor hy op ons kus was het die mense al gepraat van 'ou
> Steve' wat dan gaan kom [uh, arriveer!]. Ek dink dit het met die
> verskeidenheid te doene wat hy aanbied....iets vir almal. Party ouens
> wroeg mos net vir 'n sekere groep enersdenkenes.
Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80501 is 'n antwoord op boodskap #80483] Di, 15 Julie 2003 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Kan ek aanneem dat jy uit eie ondervinding praat? Daar was groot probleme
om hom in Namibië te kry agv 'n besprekingsboggerop van vliegtuie en
spesiale planne moes gemaak word. Die een vrou het hier by ons gesê dat sy
nie kon glo hoe normaal en sonder strooi so 'n bekende ou kan wees nie!
Miskien PMS of so iets dat hy die dag toe julle ontmoet het nie so lekker
was nie?

"Elaine" skryf in boodskap news:3f1300c3$0$229@hades.is.co.za...
> Ja, hy sing nogal vir 'n wye gehoor, maar die ding is net dat die man so
> arrogant en ongeskik is. As dit nie daarvoor was nie, sou ek ook na hom
> geluister het. Moenie 'n fout maak nie, met sy gehoor en sy fans is hy baie
> vriendelik. Dis as jy hom buite die verhoog en op straat sien dat hy so
> houding aan hom kry.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f12cb67.0@news1.mweb.co.za...
>> Dis waar. Lank voor hy op ons kus was het die mense al gepraat van 'ou
>> Steve' wat dan gaan kom [uh, arriveer!]. Ek dink dit het met die
>> verskeidenheid te doene wat hy aanbied....iets vir almal. Party ouens
>> wroeg mos net vir 'n sekere groep enersdenkenes.
>
Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80507 is 'n antwoord op boodskap #80501] Di, 15 Julie 2003 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het in dieselfde dorp as hy gebly, en ons het nogal gereeld in hom
vasgeloop. Meeste van die tyd het ons mekaar maar geignoreer, maar soos dit
gaan as jy mense aanhoudend raakloop en ons later maar so kopknik by mekaar
verbygeloop. Hy's goed met die mense na sy show, en sy fans, maar met mense
wat nie aandag aan hom gee nie, kan hy mislik wees. Hy was bv. baie
vriendelik met my suster toe sy hom eendag na sy show ontmoet het, maar so
op straat as hy dink niemand kyk nie kan hy nogal ongeskik wees, ek praat
uit persoonlike ondervinding nadat ek 'n stel met hom afgetrap het. Sy
vroutjie, Natasha, is baie nice, net 'n bietjie klouerig aan hom, maar
verder altyd vriendelik.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f13a41c.0@news1.mweb.co.za...
> Kan ek aanneem dat jy uit eie ondervinding praat? Daar was groot probleme
> om hom in Namibië te kry agv 'n besprekingsboggerop van vliegtuie en
> spesiale planne moes gemaak word. Die een vrou het hier by ons gesê dat sy
> nie kon glo hoe normaal en sonder strooi so 'n bekende ou kan wees nie!
> Miskien PMS of so iets dat hy die dag toe julle ontmoet het nie so lekker
> was nie?
Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80510 is 'n antwoord op boodskap #80507] Di, 15 Julie 2003 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
OK, ek gee bes, jy ken hom. Dalk die bekendheid en nooit privaat wees wat
dalk die man vang?

"Elaine" skryf in boodskap news:3f13e9d4$0$236@hades.is.co.za...
> Ek het in dieselfde dorp as hy gebly, en ons het nogal gereeld in hom
> vasgeloop. Meeste van die tyd het ons mekaar maar geignoreer, maar soos dit
> gaan as jy mense aanhoudend raakloop en ons later maar so kopknik by mekaar
> verbygeloop. Hy's goed met die mense na sy show, en sy fans, maar met mense
> wat nie aandag aan hom gee nie, kan hy mislik wees. Hy was bv. baie
> vriendelik met my suster toe sy hom eendag na sy show ontmoet het, maar so
> op straat as hy dink niemand kyk nie kan hy nogal ongeskik wees, ek praat
> uit persoonlike ondervinding nadat ek 'n stel met hom afgetrap het. Sy
> vroutjie, Natasha, is baie nice, net 'n bietjie klouerig aan hom, maar
> verder altyd vriendelik.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f13a41c.0@news1.mweb.co.za...
>> Kan ek aanneem dat jy uit eie ondervinding praat? Daar was groot probleme
>> om hom in Namibië te kry agv 'n besprekingsboggerop van vliegtuie en
>> spesiale planne moes gemaak word. Die een vrou het hier by ons gesê dat sy
>> nie kon glo hoe normaal en sonder strooi so 'n bekende ou kan wees nie!
>> Miskien PMS of so iets dat hy die dag toe julle ontmoet het nie so lekker
>> was nie?
>
Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80529 is 'n antwoord op boodskap #80510] Di, 15 Julie 2003 19:34 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het juis daaraan gedink vandag. Dit kan seker nie maklik wees om heeldag
met 'n smile op jou gesig rond te loop nie.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f140142.0@news1.mweb.co.za...
> OK, ek gee bes, jy ken hom. Dalk die bekendheid en nooit privaat wees wat
> dalk die man vang?
Vorige onderwerp: Re: Memory Lane...
Volgende onderwerp: Idols...wat 'n gekke spul?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 18:11:04 MGT 2024