Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog 'n held op my lys
Nog 'n held op my lys [boodskap #7972] Wo, 08 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Toe ek nou die dag lees dat Generaal Constand
Viljoen saam met ander vir President Mandela gaan
vra vir 'n verlenging van die Waarheidskommissie
se mandaat, toe besluit ek ek gaan hom byvoeg by
my kortlys van helde. Daar is nou 'n ware leier, reken
ek. 'n Man vir wie mense wil volg. 'n Man wat glo,
as hy besluit het daartoe, die Afrikaner tot geweldple-
ging kon gelei het teen die totstandkoming van die
nuwe bedeling in SA. 'n Man wat die demokratiese en
vredespad gekies het. 'n Man wat, volgens 'n artikel oor
hom in "De Kat," deur sommige A.N.C. lede "Mandela's
blue-eyed Afrikaner boy" genoem word. "He is a true
new South African," sê Kaizer Nyatsumbe, politieke
redakteur van "The Star."
Viljoen vertel in die onderhoud dat hy besef het
dat sy mense baie meer deur geweld sou verloor as deur
onderhandeling, dat oorlog nie die uitweg was nie. Hy
vertel dat toe hy Nelson Mandela die eerste keer ontmoet
het,Mandela vir hom gesê het dat hulle twee moet probeer
verhoed dat daar konflik tussen die Afrikaner en African
kom. Wat 'n geluk dat SA op dieselfde tydstip twee sulke
leiers gehad het. Saam met nog twee ander wat ek groot
respek voor het : Beyers Naude en Bishop Tutu. Toe ek
op die televisie Mandela se inswering as president sien,
merk ek hoe hy net sy hand so op Beyers Naude se skouer
plaas, maar niks sê nie. Maar op daardie oomblik was
daar 'n blik van sulke saligheid op Beyers Naude se gesig,
dat ek besef: dis nou wat hulle "hemel" noem.

Gloudina Bouwer
Re: Nog 'n held op my lys [boodskap #7991 is 'n antwoord op boodskap #7972] Vr, 10 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 8 Jan 1997 19:15:26 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
<<<< Viljoen vertel in die onderhoud dat hy besef het
dat sy mense baie meer deur geweld sou verloor as deur
onderhandeling, dat oorlog nie die uitweg was nie. Hy
vertel dat toe hy Nelson Mandela die eerste keer ontmoet
het,Mandela vir hom ges^e het dat hulle twee moet probeer
verhoed dat daar konflik tussen die Afrikaner en African
kom. Wat 'n geluk dat SA op dieselfde tydstip twee sulke
leiers gehad het. >>>>>


'n Effens omstrede stelling, Gloudina.
Dit lyk asof jy hom tot held verhef omdat hy se "praat" eerder as "skiet".
Dan moet 'n mens seker byvoeg as jou helde die honderde (as dit nie
duisende is nie) mense van 1990 tot 1994 gepraat het. Veral die
Afrikaners wat gesê het "praat" toe dit nie mode was nie?
Hulle het die skiet na praat verander. Nie Constand nie.

Constand het toe dit getel het, voor 1994, toe groot planne beraam om
te skiet - sy eie erkenning onlangs.

Hy was natuurlik skouerhoog gedra deur verregses toe hulle in 1993 met
'n bakkie deur die glasmuur van die World Trade Centre in Kemptonpark
gery het.
Onder sy oog het honderde regses met skewe swastika's op hulle
khaki-klere die onderhandelingsentrum ingestroom, die onderhandelinge
tot stilstand gebring, swart onderhandelaars rondgeruk en gedreig
(vroue ook) in die sentrum, joernaliste gevloek en rondgeruk, met
gewere die onderhandelaars gedreig en tot op die punt gekom om bitter
amper 'n bloedbad te veroorsaak.

Buite was Constand skouerhoog rondgedra.
Binne het ET en sy manne hulle soos varke gedra. Van hulle het in die
hoof-onderhandelsaal teen die muur gestaan en piepie.

Toe wou Constand skiet. Toe het andere gepraat. En aanhoudend gesê:
Praat eerder. Ons kan die ding onderhandel. Gesê: Ons moet 'n handves
vir menseregte onderhandel. En later voortgegaan om dit te doen
Constand het deurentyd met geweld gedreig en stokke in die wiele van
die onderhandelinge probeer druk..

Toe die onderhandel natuurlik verby is en partye vir die eerste
demokratiese verkiesing registreer, toe verlaat Constand sy regse
maatjies skielik en gaan registreer vir homself 'n party in die
geheim.

Toe gaan hy natuurlik Parlement nie. Waar hy toe lekker die vrugte sit
en pluk van die nuwe regime.

Hy is charismaties en het goeie maniere. Hy is ook baie intelligent en
was glo 'n uitstekende generaal wat Angola en Suidwes aan flarde
geskiet het, maar hy is nie my held nie.

En hy lieg maar soos 'n politikus ook.

By the way, het jy geweet hy het 'n tweeling-broer wat net soos hy
lyk. Die broer is 'n teoloog. Was by Unisa en het terwyl Constand vir
apartheid oorlog gemaak het, deurentyd gewys op die immoraliteit van
die stelsel. Was in 'n stadium ook 'n PFP-kandidaat in Waterkloof in
'n wit verkiesing.
Re: Nog 'n held op my lys [boodskap #7992 is 'n antwoord op boodskap #7972] Vr, 10 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Uiteindelik maak jy bietjie sin, Gloudina.

JHV
Vorige onderwerp: Laurens van der Post
Volgende onderwerp: re:afrikaners beswaard oor toekoms
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 02:56:59 MGT 2024