Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lag met 'n traan
Lag met 'n traan [boodskap #79425] Do, 19 Junie 2003 17:09 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Enkele weke gelede is SA soldate onder die VN - verdrag in die Kongo
ontplooi.
Volgens VN riglyne moet alle soldate vooraf getoets word vir MIV/Vigs en
ander ernstige siektes, en diegene wat positief getoets word, mag nie in 'n
VN-operasie ontplooi word nie.
Die eerste twee soldate wat terug huistoe gestuur is weens onvoldoende
mediese sorg is 'n soldaat in 'n gevorderde stadium van vigs en tuberkulose,
en 'n ander een met 'n lang geskiedenis van sielkundige probleme, wat beweer
hy is onder dwang Kongo toe gestuur.
Haakplekke in die VN logistiese toevoerlyne word gegee as rede hoekom daar
probleme met mediese versorging en middels is.
Dit is die amptelike rede.
Die regte rede is ons eie weermag se onbeholpenheid wat gelei het tot die
haastige
onoordeelkundige lewering en swak beplanning van die mediese voorraad.
Hier onder volg 'n paar van die blapse wat mens jou kop kan laat skud of
laat skud van die lag:
1) Daar is bykans geen voetpoeier of insekweermiddels beskikbaar nie - twee
uiters noodsaaklike artikels wat die soldate in daardie klimaat en
omstandighede nodig het op 'n daaglikse basis.
2) Daar is meer as genoeg medikasie vir vroue wat hormoonprobleme het en
post-menopouse toegedien moet word.
3) Dosyne pediatriese nekstutte is beskikbaar vir kinders. Geen vir
volwassenis nie.
4) Daar is 10 000 bedpanbedekkers beskikbaar, maar nie 'n enkele bedpan nie.
5) Geen noodsakke vir die dokters is beskikbaar om beseerdes in die veld te
kan behandel nie.
6) Alhoewel die Mfezi-ambulans aanvaar word as die beste in sy soort, is dit
te groot om vervoer te word in vliegtuie wat op 'n kort aanloopbaan moet
land. Dus geen pantserambulanse nie.

Niemand wil erken dat ons nie meer in staat is om behoorlike mediese
ondersteuning te bied aan ons troepe nie.

Ek weet nie eintlik wat die probleem is nie, want as ons 'n mag het wat
bestaan uit vigslyers, sielsiekes,post-menopouse vrouens en kinders wat 'n
swak het om hul nekke te beseer, mense wat 'n bedpanbedekking plaas oor 'n
plassie op die grond en dokters wat werk sonder sakke, dan gaan die VN
aanstons ons hele mag terug huistoe stuur, sonder dat die ambulanse se verf
geskraap hoef te word:))

Annette
Re: Lag met 'n traan [boodskap #79431 is 'n antwoord op boodskap #79425] Do, 19 Junie 2003 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Enkele weke gelede is SA soldate onder die VN - verdrag in die Kongo
> ontplooi.

> Haakplekke in die VN logistiese toevoerlyne word gegee as rede hoekom daar
> probleme met mediese versorging en middels is.
> Dit is die amptelike rede.
> Die regte rede ...

> Hier onder volg 'n paar van die blapse wat mens jou kop kan laat skud of
> laat skud van die lag:

En hier gaan Annette-die-rassistiese
-industrie-masjientjie tjorts tjorts
blaps blaps blah blah blah....
Hoekom gaan praat sy nie met al daardie
lekker fiere Afrikaner-ooms wat nog altyd
lede van die Afrikaans weermag is nie?

Die mense van Swellendam
Re: Lag met 'n traan [boodskap #79442 is 'n antwoord op boodskap #79431] Vr, 20 Junie 2003 02:46 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - snert.

Hier is geen verwysing na ras nie. Jy is die ene wat aanvaar dat die
onbevoegde soldate swart is - en is dit eintlik jy wat rassisties is.

Die verantwoordelike person - wit swart of gemeng (wit en swart) is sleg en
moet ontslaan word.

skryf in boodskap news:3EF20BD3.4060109@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Enkele weke gelede is SA soldate onder die VN - verdrag in die Kongo
>> ontplooi.
>
>> Haakplekke in die VN logistiese toevoerlyne word gegee as rede hoekom daar
>> probleme met mediese versorging en middels is.
>> Dit is die amptelike rede.
>> Die regte rede ...
>
>> Hier onder volg 'n paar van die blapse wat mens jou kop kan laat skud of
>> laat skud van die lag:
>
>
> En hier gaan Annette-die-rassistiese
> -industrie-masjientjie tjorts tjorts
> blaps blaps blah blah blah....
> Hoekom gaan praat sy nie met al daardie
> lekker fiere Afrikaner-ooms wat nog altyd
> lede van die Afrikaans weermag is nie?
>
> Die mense van Swellendam
>
Vorige onderwerp: Re: oops
Volgende onderwerp: Happy onstoke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 11:44:38 MGT 2024