Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog 'n Oorlogsgedig
Nog 'n Oorlogsgedig [boodskap #7942] So, 05 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
     SOEBATSFONTEIN
       Donald Riekert

Die herder het sy
hande teen die swartdoring
uitgesteek en gesoebat dat
die Boesmanjagters hom nie
sal laat proe aan die
bitteraalwyn     Maar op
swart klippers  van daardie
fontein het die pyl sy
oophand rooi laat blom

   Terwyl ek die bostaande gedig sit en intik, voel ek
my hart seerder en seerder word vir al die menselewens
wat gesneuwel het in oorlogvoer tussen mens en mens
op die suidelike punt van Afrika:  gevegte tussen swart
stamme, oorlogvoering tussen swart en wit op die grense,
oorlogvoering van wit teen wit in die  Eerste en Tweede
Vryheidsoorloëe.  Net in die laaste dekades : 4816  dood
in 'n onnodige  grens-oorlog (4785 aan die een kant, 31
aan die anderkant.) Wat 'n onnodige verspilling van
bloed. Wat 'n  versaking van dit wat die mens glo van die
dier onderskei.
    Maar suider-afrika is nie alleen nie. Hier in  Noord-
Amerika  was daar gedurige bloedverspilling  van die 17de
tot die 19de eeu. Franse teen Engelse,  eerste nasies teen
mekaar of teen die witman.  Die laaste inheemse mens op
die eiland van Newfoundland was 'n vrou,  wat die Engelse
witmense uit die heuwels uitgelok het met die belofte van
presente. En toe sy nou naderkom, toe skiet hulle haar dood.
Wie is dit wat gesê het : " Would it not be nice if one day
they gave a war, and nobody came."

   Gloudina Bouwer
Re: Nog 'n Oorlogsgedig [boodskap #7952 is 'n antwoord op boodskap #7942] Ma, 06 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 5 Jan 1997 15:40:12 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

> Wie is dit wat gesê het : " Would it not be nice if one day
> they gave a war, and nobody came.">>>

"....imagine all the people living in peace... it's easy if you
try...."
Vorige onderwerp: 'n Paar tuisblae...
Volgende onderwerp: Re: Twee Oorlogsgedigte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 13 14:38:10 MGT 2024