Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hierdie lys is so tipies Afrikaans...
Hierdie lys is so tipies Afrikaans... [boodskap #7872] Do, 26 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
tbos  is tans af-lyn  tbos
Boodskappe: 5
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Mens probeer 'n positiewe bydrae maak dan klim een simpel op 'n vals stasie
af en ontspoor die hele gesprek en WELLA! Daar het jy dit! Dan gesels ons
land en sand oor ou stinkende koeie...
Re: Hierdie lys is so tipies Afrikaans... [boodskap #7892 is 'n antwoord op boodskap #7872] Sa, 28 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
TBos wrote:
>
> Mens probeer 'n positiewe bydrae maak dan klim een simpel op 'n vals stasie
> af en ontspoor die hele gesprek en WELLA! Daar het jy dit! Dan gesels ons
> land en sand oor ou stinkende koeie...

Ek stem saam dat die lys "tipies Afrikaans" is - maar dan, hoe anders?
:-)

Maar wat beskou jy as "'n positiewe bydrae"?

Groete, Leendert
Re: Hierdie lys is so tipies Afrikaans... [boodskap #7893 is 'n antwoord op boodskap #7872] Sa, 28 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ber...  is tans af-lyn  ber...
Boodskappe: 13
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
> From: "TBos"
> Subject: Hierdie lys is so tipies Afrikaans...
> Date: 26 Dec 1996 06:25:11 GMT

> Mens probeer 'n positiewe bydrae maak dan klim een simpel op 'n vals stasie
> af en ontspoor die hele gesprek en WELLA! Daar het jy dit! Dan gesels ons
> land en sand oor ou stinkende koeie...

Dit is wel so, maar dit kry jy in feitlik elke groep. Nes die armes sal
daardie mense altyd met ons wees. Maar dit help nie om te sê dis tipies
Afrikaans nie, want dis nie uitsluitlik 'n Afrikaanse eienskap nie. Die mense
wat so deelneem wys eenvoudig die vlak van hul opvoeding en mentaliteit en ons
kan dit bloot vanuit daardie wete hanteer.

Chris
Re: Hierdie lys is so tipies Afrikaans...poepende koeie [boodskap #7911 is 'n antwoord op boodskap #7872] Di, 31 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
I>Mens probeer 'n positiewe bydrae maak dan klim een simpel op 'n vals stasie
> af en ontspoor die hele gesprek en WELLA! Daar het jy dit! Dan gesels ons
> land en sand oor ou stinkende koeie...
>

Heilige koeie, stinkende koeie...
Kom ons haal maar almal die stinkende ou koeie so een vir een uit die
sloot en jaag hul in die kraal ! :-)

Terloops, ek lees die Nederlanders het 'n moerse probleem omdat
hul koeie te veel poep. (Dis nou nie 'n grap nie hoor, dis waar!).
Hulle is vreeslike melkboere, en die koeie skei een of ander gas af
wat blykbaar nou 'n te hoge persentasie in die lug is.
Ek dink die berig het geseg dat dit die osoonlaag beskadig ook.
Een of ander wereld beheerliggaam wil nou wetgewing daaroor maak -
en die Australiers het nie gehou van die voorgenome wetgewing nie.
Dit sou beteken dat lande hul kwota beeste beter moet versprei of beperk.
Daar was natuurlik hier grappe gemaak oor 'n prop in die koei se gat druk.

Vriendelike groete aan al die melkboere.
Re: poepende koeie [boodskap #7924 is 'n antwoord op boodskap #7911] Do, 02 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek het my byna slap gelag vir die woordverwarring waarmee die ng die nuwe
jaar begin.

Poep in nederlands beteken feces( mis; kak,drolle of selfs slap)
schijt laten beteken poep in Afrikaans.
Drolle kan ook mooi beteken. Maar dit is n ouderwetse woord.

Daar word dus te veel poep (mest) op die land versprei wat sure reent
veroorsaak. Ons het veral probleme hier met varkens mest. Die boere moet
nou n ander manier vind om van die mest ontslae te raak. Vroeger het hulle
dit verdund oor die land gesproei. Die reuk is nie om uit te staan nie.
Die reel is ook onder andere om die boerebevolking uit te dun hier in die
lae lande en is n besonder netelige probleem. Die boere word in die gehele
europa angepak en gekontroleerd. Hoepelik kry ons minder rotsooi in ons
vleis.

In die stede het ons probleme met honde poep. Te veel groot honde in klein
behuising dus ons trap dikwels in honde poep. Alhoewel dit eers geluk
gebring het is dit nou net lastig. Ek het vergeet hoeveel tonne poep per
dag opgeruim moet word.

Neuken in nederlands beteken kopulasie soos in die geslagsdaad en kan nie
in nette geselskap gebruik word nie.
Rond neuk is onbekend en laat die nederlander beswyk van die lag. te
promiscu.

Dit is bitter koud hier in Amsterdam. -10 grade en in die wind selfs-20
grade.
Ons hoop om na 10 jaar weer die elfstedetog te skaats. Daar heers groot
opgewondenheid maar die ys is nie orals dik genoeg vir die 16,000
deelnemers nie. Misskien gebeur dit aanstaande saterdag.

Al die grachte is bevrore en dit lyk op die middeleeuwe op die platteland
met duisende mense op die kanale en plasse.

vriendelike groet
xfiles
Vorige onderwerp: Re: Kersfees en so meer en Tollies
Volgende onderwerp: Haiku deur Helene Kesting en Leon Retief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 17:46:37 MGT 2024