Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kersfees en so meer
Kersfees en so meer [boodskap #7895] Sa, 28 Desember 1996 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hoop almal het lekker presente gekry op krismis en almal se planne
werk ten minste gedeeltelik uit in die nuwe jaar.

Dankie vir die argumente en fights van die vorige jaar en ek sien uit
na nuwe argumente en fights in die komende jaar.

In Tollies op Stellenbosch, die ou een, voor hulle dit gaan opdonder
het met 'n sissie ladies bar met sulke cute dennehout-stoeltjies en
vals blommetjies teen die mure, in die ou Tollies, was daar 'n
tekening van 'n suur ou man met 'n pith helmit op wat se: "Don't
smile, argue."

Dit het altyd vir my na 'n goeie motto geklink.

Die ou Tollies het by the way 'n reuse perdeskoen-vormige
kroegtoonbank van dik soliede hout gehad.
Dit was ook uitgegooi toe hulle die sissie-kroeg gemaak het.
So much vir die teorie dat alles altyd vorentoe na beter dinge dwing.
Ha! ha!.

In elk geval: Geseende kersefees en voorspoeige Nuwe Jaar.
Of moet dit nie dalk wees: Voorspoedige Kersfees en geseende Nuwe Jaar
nie?
Vorige onderwerp: Afrikaans-Nederlandse Penvriende
Volgende onderwerp: AAAA !!!!!!!!! PEN VRIENDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 02:39:25 MGT 2024