Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Abraham Fischer
Abraham Fischer [boodskap #78771] Wo, 04 Junie 2003 02:42 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek onthou ook maar bitter min van Bram Fischer se geskiedenis (ouer as
45,
sien...). Ek verbeel my sy pa was 'n stigterslid van die Broederbond.

Koot

Sy pa was iets belangrik in die politiek van die ou Vrystaatse
Republiek. Die oudste manskoshuis op die kampus van die Vrystaatse
Universiteit heet Huis Abraham Fischer, of sommer net Vishuis.

Drom
Re: Abraham Fischer [boodskap #78773 is 'n antwoord op boodskap #78771] Wo, 04 Junie 2003 03:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

> Ek onthou ook maar bitter min van Bram Fischer se geskiedenis (ouer as
> 45,
> sien...). Ek verbeel my sy pa was 'n stigterslid van die Broederbond.
>
> Koot

Bram Fischer se oupa was 'n eerste minister
van die Vrystaat, sy pa hoofregter in die
Vrystaat. Bram Fischer was 'n Rhodes
Scholar en later 'n briljante advokaat,
voorsitter van die Johannesburgse balie.
Hy het verklaar dat sy geveg teen die
apartheidsregime se immorele beleid en
dade geinspireer was deur die veg van die
Boere teen Engelse oorheersing, dat sy
stryd 'n voortsetting was van daardie stryd
om vryheid teen oorheersing.Bram Fischer
is een van die Afrikaner se grootste seuns.

Gloudina
Re: Abraham Fischer [boodskap #78776 is 'n antwoord op boodskap #78771] Wo, 04 Junie 2003 03:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Huis Koos is gebore uit Vishuis-anneks.
Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0306031842.5268af9a@posting.google.com...
> Ek onthou ook maar bitter min van Bram Fischer se geskiedenis (ouer as
> 45,
> sien...). Ek verbeel my sy pa was 'n stigterslid van die Broederbond.
>
> Koot
>
> Sy pa was iets belangrik in die politiek van die ou Vrystaatse
> Republiek. Die oudste manskoshuis op die kampus van die Vrystaatse
> Universiteit heet Huis Abraham Fischer, of sommer net Vishuis.
>
> Drom
Re: Abraham Fischer [boodskap #78777 is 'n antwoord op boodskap #78773] Wo, 04 Junie 2003 04:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Bram Fischer was 'n kommunis. Hy het die Sovjet-kommunisme aangehang.
Indien jy glo dat apartheid 'n sonde was, weet jy niks van die kommunisme af
nie.
Ook, daardie lede van SAKP was normaalweg ook lede van die Russe se KGB, en
het namens hulle wêreldwyd inligting ingesamel.

skryf in boodskap news:3EDD6819.7040903@rogers.com...
>
>
>> Ek onthou ook maar bitter min van Bram Fischer se geskiedenis (ouer as
>> 45,
>> sien...). Ek verbeel my sy pa was 'n stigterslid van die Broederbond.
>>
>> Koot
>
> Bram Fischer se oupa was 'n eerste minister
> van die Vrystaat, sy pa hoofregter in die
> Vrystaat. Bram Fischer was 'n Rhodes
> Scholar en later 'n briljante advokaat,
> voorsitter van die Johannesburgse balie.
> Hy het verklaar dat sy geveg teen die
> apartheidsregime se immorele beleid en
> dade geinspireer was deur die veg van die
> Boere teen Engelse oorheersing, dat sy
> stryd 'n voortsetting was van daardie stryd
> om vryheid teen oorheersing.Bram Fischer
> is een van die Afrikaner se grootste seuns.
>
> Gloudina
>
Re: Abraham Fischer [boodskap #78803 is 'n antwoord op boodskap #78777] Wo, 04 Junie 2003 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Bram Fischer was 'n kommunis. Hy het die Sovjet-kommunisme aangehang.
> Indien jy glo dat apartheid 'n sonde was, weet jy niks van die kommunisme af
> nie.
> Ook, daardie lede van SAKP was normaalweg ook lede van die Russe se KGB, en
> het namens hulle wêreldwyd inligting ingesamel.

Verkoop maar dié negosiegoed.
Dis so oud en uitgerafel, dié
ou gesegdetjies van julle, dat
ek verbaas is dat jy nog daarmee
rondsmous.
Bram Fischer, wat 'n briljante
loopbaan kon gehad het as hy wou
heul met die apartheidsvarke, het
gesterf vir sy oortuiginge. Mens
sterf nie vir politiek nie. Mens
sterf vir jou oortuigings.

Gloudina
Re: Abraham Fischer [boodskap #78805 is 'n antwoord op boodskap #78803] Wo, 04 Junie 2003 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoe het hy nou weer gesterf? Ek kan nie onthou dat dit voor 'n vuurpeleton
was nie.

Annette

news:3EDDED46.5030501@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Bram Fischer was 'n kommunis. Hy het die Sovjet-kommunisme aangehang.
>> Indien jy glo dat apartheid 'n sonde was, weet jy niks van die kommunisme af
>> nie.
>> Ook, daardie lede van SAKP was normaalweg ook lede van die Russe se KGB, en
>> het namens hulle wêreldwyd inligting ingesamel.
>
> Verkoop maar dié negosiegoed.
> Dis so oud en uitgerafel, dié
> ou gesegdetjies van julle, dat
> ek verbaas is dat jy nog daarmee
> rondsmous.
> Bram Fischer, wat 'n briljante
> loopbaan kon gehad het as hy wou
> heul met die apartheidsvarke, het
> gesterf vir sy oortuiginge. Mens
> sterf nie vir politiek nie. Mens
> sterf vir jou oortuigings.
>
> Gloudina
>
Re: Abraham Fischer [boodskap #78812 is 'n antwoord op boodskap #78805] Wo, 04 Junie 2003 16:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Hoe het hy nou weer gesterf? Ek kan nie onthou dat dit voor 'n vuurpeleton
> was nie.

Hy het aan kanker gesterf, maar was as
"so gevaarlik" beskou dat hulle hom in
die tronk in Pretoria gehou het, waar
hy seker nie veel behandeling vir die
kanker ontvang het nie, en eers in die
laaste paar dae van sy lewe uitgelaat
is om in die huis van sy broer te sterf.
Bram Fischer se behandeling aan die
hande van die apartheidsvarke is seker
die grootste klad teen daardie soort
Afrikaner wat, soos jy nou, julle so
gewetenloos hou teenoor wat reg en
geregtigheid was en nog is, dat julle
vir julle gedurig op die skouers sit en
klop oor hoe "skoon julle hande" is.
Dis omdat daar mense soos Bram
Fischer en Beyers Naude is en 'n hele klomp
ander mense dat ek nog trots is om myself
'n Afrikaner te noem. As ek sou dink almal
is soos jy, dan sou ek al lankal moed
opgegee het.

Gloudina
Re: Abraham Fischer [boodskap #78813 is 'n antwoord op boodskap #78812] Wo, 04 Junie 2003 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
koos  is tans af-lyn  koos
Boodskappe: 137
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sy ma moes rondgeloop het, of hy is aangeneem. Sy pa kon nie so slegte
bliksem gemaak het nie, of 'n mutasie het plaasgevind.
Re: Abraham Fischer [boodskap #78822 is 'n antwoord op boodskap #78777] Wo, 04 Junie 2003 19:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bbjr3o$jl4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Bram Fischer was 'n kommunis. Hy het die Sovjet-kommunisme aangehang.
> Indien jy glo dat apartheid 'n sonde was, weet jy niks van die kommunisme af
> nie.
> Ook, daardie lede van SAKP was normaalweg ook lede van die Russe se KGB, en
> het namens hulle wêreldwyd inligting ingesamel.

Hy was 'n kommunis, maar dit is te betwyfel dat hy 'n KGB agent was. SAKP
lede was nie vanselfsprekend Soviet agente nie. In 'n tyd van verset en
opstand gee kommunisme struktuur en organisasie, wat dan ook die
aantreklikeid daarvan is, selfs vandag.

Lorinda
Re: Abraham Fischer [boodskap #78825 is 'n antwoord op boodskap #78822] Wo, 04 Junie 2003 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy  is tans af-lyn  Speedy
Boodskappe: 224
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 4 Jun 2003 20:32:06 +0100, "Lorinda" wrote:

>
> Hy was 'n kommunis, maar dit is te betwyfel dat hy 'n KGB agent was. SAKP
> lede was nie vanselfsprekend Soviet agente nie. In 'n tyd van verset en
> opstand gee kommunisme struktuur en organisasie, wat dan ook die
> aantreklikeid daarvan is, selfs vandag.
>
> Lorinda
>
>

Maar du plessis, julle weet mos dat daar beweer word
dat kommunisme se rol uitgespeel is.

Speedy
Re: Abraham Fischer [boodskap #78828 is 'n antwoord op boodskap #78825] Wo, 04 Junie 2003 23:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Speedy" skryf in boodskap news:7gosdvco7tfpjqvc7bqo2k9qvtne1d7vtf@4ax.com...
> On Wed, 4 Jun 2003 20:32:06 +0100, "Lorinda"
> wrote:
>
>
>>
>> Hy was 'n kommunis, maar dit is te betwyfel dat hy 'n KGB agent was. SAKP
>> lede was nie vanselfsprekend Soviet agente nie. In 'n tyd van verset en
>> opstand gee kommunisme struktuur en organisasie, wat dan ook die
>> aantreklikeid daarvan is, selfs vandag.
>>
>> Lorinda
>>
>
> Maar du plessis, julle weet mos dat daar beweer word
> dat kommunisme se rol uitgespeel is.
>
> Speedy

Dit mag wees. Maar behalwe van godsdienstige ideologiee en kru nasionalisme
(wat beperkend kan wees) is dit nog nie vervang deur enigiets anders vir die
bostaande doel nie.

Lorinda
Re: Abraham Fischer [boodskap #78829 is 'n antwoord op boodskap #78822] Do, 05 Junie 2003 04:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - gaan lees gerus verder mbt die onderwerp. Moet jou bepaald nie
verlaat op wat ek sê nie.
Dit was standaard - waneer jy 'n kommunis was, was jou lojaliteit primêr
tyeenoor die Sovjet-meesters. Die insameling van inligting was deel van die
wyse waarop lojaliteit teenoor die "saak" bewys is.
Gesels gerus met mense in van die ou satellietstate (Hongarye ens.) en laat
hulle jou eerstehands vertel wat die toedrag van sake is/was.

"Lorinda" skryf in boodskap news:3ede4839$1_2@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bbjr3o$jl4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Bram Fischer was 'n kommunis. Hy het die Sovjet-kommunisme aangehang.
>> Indien jy glo dat apartheid 'n sonde was, weet jy niks van die
kommunisme
> af
>> nie.
>> Ook, daardie lede van SAKP was normaalweg ook lede van die Russe se KGB,
> en
>> het namens hulle wêreldwyd inligting ingesamel.
>
> Hy was 'n kommunis, maar dit is te betwyfel dat hy 'n KGB agent was. SAKP
> lede was nie vanselfsprekend Soviet agente nie. In 'n tyd van verset en
> opstand gee kommunisme struktuur en organisasie, wat dan ook die
> aantreklikeid daarvan is, selfs vandag.
>
> Lorinda
>
Re: Abraham Fischer [boodskap #78848 is 'n antwoord op boodskap #78829] Do, 05 Junie 2003 13:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bbmi2q$1d5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - gaan lees gerus verder mbt die onderwerp. Moet jou bepaald nie
> verlaat op wat ek sê nie.
> Dit was standaard - waneer jy 'n kommunis was, was jou lojaliteit primêr
> tyeenoor die Sovjet-meesters. Die insameling van inligting was deel van die
> wyse waarop lojaliteit teenoor die "saak" bewys is.
> Gesels gerus met mense in van die ou satellietstate (Hongarye ens.) en laat
> hulle jou eerstehands vertel wat die toedrag van sake is/was.

Ek besoek 'n paar keer per jaar van die ou satelietstate, veral die wat
binnekort die Europese Unie gaan betree (ons werk aan gesamentlike
ekonomiese programme onder die Europese sosiale fonds). Baie van die mense
daar raak deesdae skoon bewoë oor die "goeie ou dae" onder 'n kommunistiese
regering. Seker maar omdat dit nog met hulle sleg gaan, maar om terug te kom
na die punt. Kommunisme was vir baie mense in die verlede onder sekere
omstandighede handig, selfs al was hulle nie werklik voorstaanders van die
Sowjet model nie. Byvoorbeeld hier in Engeland in die twintigerjare verkies
die mense van Battersea (wat hoofsaaklik uit blanke kiesers bestaan het) die
Indiër Saklatvala ('n kommunis) tot die Parlement. Battersea was 'n arm
gedeelte van Londen en het bestaan uit mense wat hulle lewens lank gewerk
het om net-net 'n bestaan te maak en tot kort vantevore was hulle voorland
op hulle oudag die werkshuis of "poor houses". 'n Ou omie wat sy lewe lank
in Battersea bly lag nou nog baie lekker in sy bier as hy jou daarvan
vertel. Oor hoe die establishment geskrik het vir daai uitslag, en hoe hulle
begin bontspring het om die "kommunistiese aanslag" te keer. Werkersregte is
die wêreld oor maar swaar gewen, en kommunisme het baie keer 'n rol daarin
gehad.

'n Russiese akademikus sê nou die dag hier op 'n radio onderhoud:
"Everything Lenin said about Communism was false, but everything he said
about Capitalism was true". Ek dink dit som dit nogal op.

Lorinda
Re: Abraham Fischer [boodskap #78852 is 'n antwoord op boodskap #78848] Do, 05 Junie 2003 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda - deel van die mensdom se behoud is sy swak geheue. Gelukkig is die
afgryse van die kommunisme vasgelê.

Wat ek moet byvoeg is dat geen persoon wat kommunisme aangehang het die reg
het om aparttheid te kritiseer nie. En as jy kommunisme aangehang het om
teen apartheid te baklei, dan het jy die pot volledig misgesit ...

Ek was ook al in daardie lande - en ek verkies die sieninge van die Hongare.
Hulle was die enigste wat bereid was om teen die Sovjet Unie in opstand te
kom.

"Lorinda" skryf in boodskap news:bbnhod$2l7$1@news7.svr.pol.co.uk...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bbmi2q$1d5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Lorinda - gaan lees gerus verder mbt die onderwerp. Moet jou bepaald nie
>> verlaat op wat ek sê nie.
>> Dit was standaard - waneer jy 'n kommunis was, was jou lojaliteit primêr
>> tyeenoor die Sovjet-meesters. Die insameling van inligting was deel van
> die
>> wyse waarop lojaliteit teenoor die "saak" bewys is.
>> Gesels gerus met mense in van die ou satellietstate (Hongarye ens.) en
> laat
>> hulle jou eerstehands vertel wat die toedrag van sake is/was.
>
> Ek besoek 'n paar keer per jaar van die ou satelietstate, veral die wat
> binnekort die Europese Unie gaan betree (ons werk aan gesamentlike
> ekonomiese programme onder die Europese sosiale fonds). Baie van die mense
> daar raak deesdae skoon bewoë oor die "goeie ou dae" onder 'n kommunistiese
> regering. Seker maar omdat dit nog met hulle sleg gaan, maar om terug te kom
> na die punt. Kommunisme was vir baie mense in die verlede onder sekere
> omstandighede handig, selfs al was hulle nie werklik voorstaanders van die
> Sowjet model nie. Byvoorbeeld hier in Engeland in die twintigerjare verkies
> die mense van Battersea (wat hoofsaaklik uit blanke kiesers bestaan het) die
> Indiër Saklatvala ('n kommunis) tot die Parlement. Battersea was 'n arm
> gedeelte van Londen en het bestaan uit mense wat hulle lewens lank gewerk
> het om net-net 'n bestaan te maak en tot kort vantevore was hulle voorland
> op hulle oudag die werkshuis of "poor houses". 'n Ou omie wat sy lewe lank
> in Battersea bly lag nou nog baie lekker in sy bier as hy jou daarvan
> vertel. Oor hoe die establishment geskrik het vir daai uitslag, en hoe hulle
> begin bontspring het om die "kommunistiese aanslag" te keer. Werkersregte is
> die wêreld oor maar swaar gewen, en kommunisme het baie keer 'n rol daarin
> gehad.
>
> 'n Russiese akademikus sê nou die dag hier op 'n radio onderhoud:
> "Everything Lenin said about Communism was false, but everything he said
> about Capitalism was true". Ek dink dit som dit nogal op.
>
> Lorinda
>
Re: Abraham Fischer [boodskap #78854 is 'n antwoord op boodskap #78771] Do, 05 Junie 2003 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 Jun 2003 16:15:41 +0100, "Lorinda"
wrote:

> Jonas, ek is nie besig om jou te probeer oortuig dat kommunisme 'n goeie
> ding is nie. Ek verdedig ook nie die ou Sowjet-Unie nie. Die wêreld het
> kapitalisme gekies, en ons sal sien waar die pad ons neem. Al wat ek sê is
> dat dit 'n baie handige "tool" was in allerhande omstandighede en op
> verskillende plekke. Ook gaan dit nog vrotsleg in baie oud kommunistiese
> lande jare later - hulle sal nie vir altyd kommunisme daarvoor kan blameer
> nie,

Die lewensverwagting vir Russiese mans het in die afgelope dekade
dramaties gedaal. Dit gaan nie baie goed met hulle samelewing onder
kapitalisme nie. Het ook nie onder kommunisme so goed gegaan nie.
Dit laat natuurlik die vraag: Was die probleem nie by die Russe nie,
eerder as by kommunisme?

een of ander tyd sal ons moet vra of kapitalisme in die weste dalk
nie
> so goed sou gewerk het sonder die hulp van hulle geskiedenis nie (kolonies,
> slawerny, ens.ens.). Net om 'n kapitalistiese sisteem aan te hang is dalk
> nie goed genoeg nie... Ek het vrede met die hele saak - ons gesels net. Dis
> net dat "kommunisme" dalk nie vir my die bowetoon het wat dit vir jou het
> nie.

Die stomme Jonas sit seker nog vas by John Voster se definisie van
kommunisme wat was: enigiemand wat die bestaande staat (van daai tyd)
se aard wou verander.

Dis hoekom hy Robert Sobukwe vir so lank in eensame aanhouding op
Robben Eiland kon hou as synde 'n "kommunis" hoewel Sobukwe baie, baie
ver van Marx, Engels en Lenin was.
Re: Abraham Fischer [boodskap #78855 is 'n antwoord op boodskap #78852] Do, 05 Junie 2003 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bbnl7t$hcn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda - deel van die mensdom se behoud is sy swak geheue. Gelukkig is die
> afgryse van die kommunisme vasgelê.
>
> Wat ek moet byvoeg is dat geen persoon wat kommunisme aangehang het die reg
> het om aparttheid te kritiseer nie. En as jy kommunisme aangehang het om
> teen apartheid te baklei, dan het jy die pot volledig misgesit ...
>
> Ek was ook al in daardie lande - en ek verkies die sieninge van die Hongare.
> Hulle was die enigste wat bereid was om teen die Sovjet Unie in opstand te
> kom.
>

Jonas, ek is nie besig om jou te probeer oortuig dat kommunisme 'n goeie
ding is nie. Ek verdedig ook nie die ou Sowjet-Unie nie. Die wêreld het
kapitalisme gekies, en ons sal sien waar die pad ons neem. Al wat ek sê is
dat dit 'n baie handige "tool" was in allerhande omstandighede en op
verskillende plekke. Ook gaan dit nog vrotsleg in baie oud kommunistiese
lande jare later - hulle sal nie vir altyd kommunisme daarvoor kan blameer
nie, een of ander tyd sal ons moet vra of kapitalisme in die weste dalk nie
so goed sou gewerk het sonder die hulp van hulle geskiedenis nie (kolonies,
slawerny, ens.ens.). Net om 'n kapitalistiese sisteem aan te hang is dalk
nie goed genoeg nie... Ek het vrede met die hele saak - ons gesels net. Dis
net dat "kommunisme" dalk nie vir my die bowetoon het wat dit vir jou het
nie.

Lorinda
Re: Abraham Fischer [boodskap #78857 is 'n antwoord op boodskap #78852] Do, 05 Junie 2003 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Wat ek moet byvoeg is dat geen persoon wat kommunisme aangehang het die reg
> het om aparttheid te kritiseer nie. En as jy kommunisme aangehang het om
> teen apartheid te baklei, dan het jy die pot volledig misgesit ...
> Ek was ook al in daardie lande - en ek verkies die sieninge van die Hongare.
> Hulle was die enigste wat bereid was om teen die Sovjet Unie in opstand te
> kom.

Jy vergeet natuurlik, vir jou eie voordeel,
dat die apartheidsregime en die russiese
imperialisme-onder-die-dekmantel-van-marxisme
besonder baie op mekaar gelyk het. Staats-
kontrole tot in die ekstreem ( mense gesorteer
volgens die manier waarop hulle hare gelyk
het), en spioene orals. Die SA maatskappy in
ongeveer die laaste deel van die twintigste
eeu was so na aan 'n Sowjet-sisteem as wat
kon kom. Dus, laat ek nou die ou muntjie
omdraai: niemand wat niks boos kan sien in
die apartheidsregime het die reg om die periode
van "russiese kommunisme" te kritiseer nie.

Gloudina
Re: Abraham Fischer [boodskap #78862 is 'n antwoord op boodskap #78857] Vr, 06 Junie 2003 01:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - jy ondersteun my siening van dinge. Dankie.

Ferdietjiekie - jou verengelsing het so ver gevorder dat jy nie eens Oom
John Vorster se van reg spel nie ..
Ek kan jou maar net dit sê van John Vorster - hy was self 'n politieke
gevangene gewees - die van Oom Jannie Smuts en sy khaki-manne....
skryf in boodskap news:3EDF7660.80505@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Wat ek moet byvoeg is dat geen persoon wat kommunisme aangehang het die reg
>> het om aparttheid te kritiseer nie. En as jy kommunisme aangehang het om
>> teen apartheid te baklei, dan het jy die pot volledig misgesit ...
>> Ek was ook al in daardie lande - en ek verkies die sieninge van die Hongare.
>> Hulle was die enigste wat bereid was om teen die Sovjet Unie in opstand te
>> kom.
>
>
> Jy vergeet natuurlik, vir jou eie voordeel,
> dat die apartheidsregime en die russiese
> imperialisme-onder-die-dekmantel-van-marxisme
> besonder baie op mekaar gelyk het. Staats-
> kontrole tot in die ekstreem ( mense gesorteer
> volgens die manier waarop hulle hare gelyk
> het), en spioene orals. Die SA maatskappy in
> ongeveer die laaste deel van die twintigste
> eeu was so na aan 'n Sowjet-sisteem as wat
> kon kom. Dus, laat ek nou die ou muntjie
> omdraai: niemand wat niks boos kan sien in
> die apartheidsregime het die reg om die periode
> van "russiese kommunisme" te kritiseer nie.
>
> Gloudina
>
Re: Abraham Fischer [boodskap #78875 is 'n antwoord op boodskap #78857] Vr, 06 Junie 2003 10:01 Na vorige boodskap
NoS...[2]  is tans af-lyn  NoS...[2]
Boodskappe: 234
Geregistreer: September 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 05 Jun 2003 16:55:41 GMT, "@rogers.com" wrote:
Dus, laat ek nou die ou muntjie
> omdraai: niemand wat niks boos kan sien in
> die apartheidsregime het die reg om die periode
> van "russiese kommunisme" te kritiseer nie.

In fact die aprtheid-stelsel was tot groot mate n sosialistiese
stelsel!

En baie mense, wat nou so dom raas, het heerlik aan die
(sosialistiese) trog van apartheid gevreet!
Vorige onderwerp: ^&%^$
Volgende onderwerp: Bike info
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 18:57:52 MGT 2024