Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Definieer "Die Toekoms.."
Definieer "Die Toekoms.." [boodskap #7835] So, 15 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
tbos  is tans af-lyn  tbos
Boodskappe: 5
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Lankal terug, toe ons nog kinders was, het ons geglo en gesing van ons
toekoms.. Daardie toekoms was ineengevleg met "...Ons sal lewe ons sal
sterwe...".

Nou dat ek al mooi groot is het ek geleer dat "Die Toekoms" is iets wat jy
en ek en elke nuwe geslag opnuut moet definieer.

Is daar 'n "toekoms" in die "nuwe SA?" - Dit hang af van watter toekoms jy
praat. Is dit dieselfde een waarvan ons as kinders gedroom het, dan leef jy
steeds in 'n droom. WORD WAKKER!

As jy bedoel: Ja, ons moet 'n nuwe toekoms vir onself skep binne nuwe
raamwerke, dan dink ek, is jy aan die gang.

Dis nie 'n kwessie van voor in die wapad brand 'n lig nie (daar kom 'n
trein aan).. dis eerder 'n kwessie van: "Agter ons is 'n vuur aan die
brand...". Dis nie 'n kwessie van weer 'n keer kaalvoet oor die berge nie;
dis eerder 'n kwessie van: "Staan op, saan op, daars werk.!"

Ek het verkeis om my toekoms anders te definieer.

Beste wense!
Re: Definieer "Die Toekoms.." [boodskap #7839 is 'n antwoord op boodskap #7835] Di, 17 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
tb...@ozemail.com.au says...
>

Jy sê dis nie meer �voor in die wapad brand
'n lig� nie, maar �agter ons is 'n vuur aan die
brand.� Hierdie bewering, veral as dit kom
van 'n Afrikaner wat na Australië uitgewyk het,
gee my koue rillings.
Vireers moet ek dit aan jou stel: vir die eerste
keer sedert die witman in suidelike Afrika kom
baasspeel het, brand daar nou voor in die wapad
'n lig vir die bevolking van Suid-Afrika wat nie
jou noue waarde-oordele en heelwaarskynlik vel-
kleur deel nie. Voor in die wapad brand daar ook
'n lig vir al daardie Afrikaners wat gebid het dat
die beker by hulle moet verbygaan.
Jy het toe na Australië uitgewyk. Nou, as 'n
mens na die gesigte in die regeringsbanke en in
die Olimpiese Spele kyk, dan lyk dit vir my die
bevolking van Australië is nog melkwit. Maar
WORD WAKKER. Dit gaan nie meer lank duur
nie, dan gaan Australië oorstroom word met die
(meer intelligente) immigrante uit die res van die
Ooste. Julle wette het, tot 'n paar dekades, mense
wat nie wit is nie, uit die land gehou. Toe, gedu-
rende die apartheidsjare, het julle so langtand dinge
'n bietjie meer geliberaliseer en sommige Asiate
ingelaat. Nou wil julle weer die deure sluit. Maar
die geskiedenis en die toekoms is teen julle wittes
daar in Australië. Aan die einde van die 21ste eeu
sal dit 'n Oosterse land wees, jou eerste minister sal
van Asiatiese oorsprong wees. Miskien sal daar selfs
gediskrimineer word teen jou wit nasate, weens hul
on-Oosterse agtergrond. So, sê ek, WORD
WAKKER. Leer Sjinees. Leer Sjinese kanji.

Gloudina Bouwer
Re: Definieer "Die Toekoms.." [boodskap #7843 is 'n antwoord op boodskap #7835] Wo, 18 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
tbos  is tans af-lyn  tbos
Boodskappe: 5
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina, jy het my totaal verkeerd gelees. Lees gerus weer. Ek is jammer
as ek op jou tone getrap het. Ook daardie Afrikaners wat vir soveel jare
gebid het dat die beker by hulle moet verby gaan, moet saam werk om "die
Toekoms" te herdefinieer! Dis mos wat ek en jy saam se? Hoe dan anders?

Izak Bouwer wrote ..
>
> Jy sê dis nie meer “voor in die wapad brand
> 'n lig” nie, maar “agter ons is 'n vuur aan die
> brand.” Hierdie bewering, veral as dit kom
> van 'n Afrikaner wat na Australie” uitgewyk het,
> gee my koue rillings.
> Vireers moet ek dit aan jou stel: vir die eerste
> keer sedert die witman in suidelike Afrika kom
> baasspeel het, brand daar nou voor in die wapad
> 'n lig vir die bevolking van Suid-Afrika wat nie
> jou noue waarde-oordele en heelwaarskynlik vel-
> kleur deel nie. Voor in die wapad brand daar ook
> 'n lig vir al daardie Afrikaners wat gebid het dat
> die beker by hulle moet verbygaan.

die res... snip - snert.
Vorige onderwerp: 'n Staaljie oor die community....
Volgende onderwerp: 'n Versie vir Gloudina..
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 23:54:09 MGT 2024