Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Eentonigheid
Eentonigheid [boodskap #7780 is 'n antwoord op boodskap #7781] Di, 10 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
Stoffel Fourie  is tans af-lyn  Stoffel Fourie
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hallo

Ek moet se dat vir die afgelope tyd (paar maande of so) altyd tyd maak om na
hierdie nuusgroep te kyk. Wat my opval is dat die afrikaans sprekendes so
afgestomp is dat hulle oor niks anders kan praat en skryf as oor hulle skuld
gevoel en apartheid nie. Ek moet se dat ek werklik teleurgesteld is dat die
afrikaans sprekendes geen behoefte het om oor iets belangriker as politiek en
apartheid te praat nie.

Ek dink julle moet bietjie bykom en julle skuldgevoelens afskud.

Stoffel
Re: Eentonigheid [boodskap #7781 is 'n antwoord op boodskap #7780] Di, 10 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
>
> Op sy kop, Stoffel - maar gedoog maar die lotjie. Dis maar net 'n
> voortsetting van die elitisme wat hulle vir soveel jare aan eie boesem
> gekweek het. Dieselfde spul wat nou so erg meedoen aan mea culpa, was
> immers dieselfde dikwels breedsprakerige meerderheid wat dinge soos
> apartheid aan die gang gesit en gehou het. Die Sanlam-polishouers,
> Staatsteatergangers en Beeld-intekenare. Nou sug hulle by implikasie:
> Ons voel so fokken sleg want ons is so fokken cool want ons is die
> Afrikaner-intellektuele want ons het die Internet en e-mail en elke
> ding en ai, ons voel darem maar lekker sleg, jong en gee my nog 'n
> teug van daardie rooiwyn en vertel my hoe was dit vanjaar op
> Franskraal.
>
>
>

Ek wed jou niemand kan hierop verbeter nie!!

Mooi man!!

Groete
Dave
Re: Eentonigheid [boodskap #7782 is 'n antwoord op boodskap #7781] Di, 10 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Ek moet se dat ek werklik teleurgesteld is dat die
> afrikaans sprekendes geen behoefte het om oor iets belangriker as politiek en
> apartheid te praat nie.
>
> Ek dink julle moet bietjie bykom en julle skuldgevoelens afskud.
>
> Stoffel

Goed gesê Stoffel!!

Groete
Dave
Re: Eentonigheid [boodskap #7796 is 'n antwoord op boodskap #7781] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Dec 96 16:37:07 PDT, augu...@icon.co.za wrote:
<<<<>> Op sy kop, Stoffel - maar gedoog maar die lotjie. Dis maar net 'n
>> voortsetting van die elitisme wat hulle vir soveel jare aan eie boesem
>> gekweek het. Dieselfde spul wat nou so erg meedoen aan mea culpa, was
>> immers dieselfde dikwels breedsprakerige meerderheid wat dinge soos
>> apartheid aan die gang gesit en gehou het. Die Sanlam-polishouers,
>> Staatsteatergangers en Beeld-intekenare. Nou sug hulle by implikasie:
>> Ons voel so fokken sleg want ons is so fokken cool want ons is die
>> Afrikaner-intellektuele want ons het die Internet en e-mail en elke
>> ding en ai, ons voel darem maar lekker sleg, jong en gee my nog 'n
>> teug van daardie rooiwyn en vertel my hoe was dit vanjaar op
>> Franskraal.
>>
>
> Ek wed jou niemand kan hierop verbeter nie!!
>
> Mooi man!!
>
> Groete
> Dave>>>>

1. "Ek het die pistool teen sy kop gedruk en die sneller getrek. Ek
kon sien hoe sy hare wip toe die koeel deur sy kop gaan. Daarna het ek
my manne opdrag gegee om die lyk op te blaas. Ek was nie by nie. Ek
het nooit daarvan gehou om lyke met springstof op te blaas nie." -
Polisieman

2. "Die Indier en sy vrou is doodgeskiet. Daar was twee klein
kindertjies ook in die huis. Hulle is ook doodgeskiet. Op die einde
het dit geblyk onnodig want hulle was doofstom en sou tog nie die
skote gehoor het waarmee hul ouers vermoor is nie." - Polisieman.

3. "Ek het my man se lyk gaan uitken. Sy hare was uitgetrek. Sy tong
was te lank. Sy gesig het die tekens van aanranding getoon. Sy bene
het hondebytplekke gehad. Hoekom moes hulle die honde gebruik het?" -
weduwee

4. "Ek het self vaan die dokumente deurgegaan wat van Gabarone
teruggebring is nadat die aanval daar met die hulp van die lugmag
uitgevoer is. Ek kon geen teken vind dat die mense lede van die ANC
was nie." - Polisieman

5. "Ons het die gebou op versoek van kol. so en so aan die brand
gesteek. Eers later het ons gehoor dat mense daarin gewoon het." -
Polisieman

6. "Hy het gese die president het versoek dat Cosatu-huis en
Khotso-huis opgeblaas moet word." - Polisieman

Ses lukraak uit die geheue van wat onlangs vertel is aan die mense van
Suid-Afrika.
Nou hoekom sal ou Jan en ou Dave nou dink dis werd om bespreek te
word!
Skink kerels! Skink! Alles is wel met die Afrikaner! Die KWV staan
nog!

>
Re: Eentonigheid [boodskap #7797 is 'n antwoord op boodskap #7781] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Dec 1996 00:32:56 GMT, jdig...@icon.co.za (Jan) wrote:

teug van daardie rooiwyn en vertel my hoe was dit vanjaar op[/color]
> Franskraal.>>>

Ag, ou Jannie, skink maar nog brandewyn. swaer, uiteindelik sal dit
ook verbygaan. Soos die ander twintig jaar of wat. En as jy gelukkig
is, kan jy dalk die bestaan hiervan ook ontken.

(Maar dis steeds daar.)

(By the way, waar kom jy aan die mea culpa? Dit bietjie wye as dit.
Hulle se jy is ook skuldig, weet jy? Maar moenie worry nie. Jy hoef
dit nie te bespreek nie. In welke geval ander mense tot 'n oordeel sal
kom vir jou.)
Re: Eentonigheid [boodskap #7798 is 'n antwoord op boodskap #7781] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Dec 96 13:36:57 GMT, sto...@rox.geoscience.org.za wrote:

apartheid te praat nie.[/color]
>
> Ek dink julle moet bietjie bykom en julle skuldgevoelens afskud.>>>>

Apartheid en "what went down" is actually groot sake van die dag hie,
ou swaer.
'n Mens kom oor jou skuld deur kennis en besprekings.
En al dink jy nie jy het skuld nie, daar is ander wat se jy het. En jy
moet antwoord.
Miskien moet jy 'n slag gaan vasstel watter gruweldade aan die lig
kom.
Dis nie lekker nie. En dit kan baie boring en depressing raak, maar
dit is daar. Dit staan daar in die oopte. En al die ander mense praat
daroor.
Bietjie soos die tandarts in die stadium.
Re: Eentonigheid [boodskap #7799 is 'n antwoord op boodskap #7781] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan[18]  is tans af-lyn  Jan[18]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
sto...@rox.geoscience.org.za wrote:

> Hallo

> Ek moet se dat vir die afgelope tyd (paar maande of so) altyd tyd maak om na
> hierdie nuusgroep te kyk. Wat my opval is dat die afrikaans sprekendes so
> afgestomp is dat hulle oor niks anders kan praat en skryf as oor hulle skuld
> gevoel en apartheid nie. Ek moet se dat ek werklik teleurgesteld is dat die
> afrikaans sprekendes geen behoefte het om oor iets belangriker as politiek en
> apartheid te praat nie.

> Ek dink julle moet bietjie bykom en julle skuldgevoelens afskud.

> Stoffel

Op sy kop, Stoffel - maar gedoog maar die lotjie. Dis maar net 'n
voortsetting van die elitisme wat hulle vir soveel jare aan eie boesem
gekweek het. Dieselfde spul wat nou so erg meedoen aan mea culpa, was
immers dieselfde dikwels breedsprakerige meerderheid wat dinge soos
apartheid aan die gang gesit en gehou het. Die Sanlam-polishouers,
Staatsteatergangers en Beeld-intekenare. Nou sug hulle by implikasie:
Ons voel so fokken sleg want ons is so fokken cool want ons is die
Afrikaner-intellektuele want ons het die Internet en e-mail en elke
ding en ai, ons voel darem maar lekker sleg, jong en gee my nog 'n
teug van daardie rooiwyn en vertel my hoe was dit vanjaar op
Franskraal.
Re: Eentonigheid [boodskap #7811 is 'n antwoord op boodskap #7781] Do, 12 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Goed gesê Stoffel

Ferdi(Koos), moet 'n groot aandeel gehad het in wat gebeur het in die
land, want sy skuld gevoelens is baie groot

Groete
JHV
Re: Eentonigheid [boodskap #7815 is 'n antwoord op boodskap #7781] Vr, 13 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Wat se soort wezens is julle?
Ek is werlik ontset van julle ironie en sarkasme en ek sou werklik wil weet
wat julle visie van die wereld- en mensheidsontwikkeling is. Nie soseer die
onmiddelike nie, ietsie meer konsepsueel.
Die denkwyse van Klaasvakie begin my al duidelik te word, maar jy Dave is
my nog onbekend.
Hoe dink jy?
met vriendelike groet
xfiles
Re: Eentonigheid [boodskap #7816 is 'n antwoord op boodskap #7781] Vr, 13 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
In Article,
writes:
> Path:
hermes.is.co.za!quagga.ru.ac.za!ru.uni.net.za!wits.uni.net.z a!howland.erols.net
!portc02.blue.aol.com!audrey01.news.aol.com!not-for-mail
> From: klaas...@aol.com (KLAASVAKIE)
> Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Subject: Re: Eentonigheid
> Date: 12 Dec 1996 21:50:23 GMT
> Organization: AOL http://www.aol.com

> Ferdi(Koos), moet 'n groot aandeel gehad het in wat gebeur het in die
> land, want sy skuld gevoelens is baie groot
>
> Groete
> JHV

Ek is seker Ferdiekoos doen sy deel om sy skuld te betaal. Hy het seker reeds
al sy besittings aan "victims" uitgedeel (behalwe sy kar, want hy het anderdag
geskryf hoe hy vir die apies kyk as hy ry) en hy span dalk ook sy gesin in om
hulle vrye tyd te bestee om minderbevooregtes op te hef. Ons weet dat hy SY
vrye tyd gebruik om op die internet te sanik oor ander se sondes waaroor hy
oortuig is ons almal skudig moet voel.

Groete
Dave
Re: Eentonigheid [boodskap #7824 is 'n antwoord op boodskap #7781] Sa, 14 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Geen teks in die boodskap nie.
Re: Eentonigheid [boodskap #7825 is 'n antwoord op boodskap #7781] Sa, 14 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 13 Dec 96 15:38:47 PDT, augu...@icon.co.za wrote:

geskryf hoe hy vir die apies kyk as hy ry) en hy span dalk ook sy gesin in om[/color]
> hulle vrye tyd te bestee om minderbevooregtes op te hef. Ons weet dat hy SY
> vrye tyd gebruik om op die internet te sanik oor ander se sondes waaroor hy
> oortuig is ons almal skudig moet voel.>>>

Raait. Hier het ons 'n situasie waar jy more or less tromp op geloop
is met 'n argument oor apartheid en die onlangse verlede in SA.
Eers ontken jy enige kennis daarvan.
Toe jy daarop in 'n argument ingetrek word, loods jy 'n persoonlike
soort aanval op die boodskapper. 'n Aanval wat die gewig van 'n halwe
sakkie spookasem dra.

En die issue is nog steeds nie aangespreek nie.
Maar hy bly daar staan. In die oopte.
En hy gaan nie weggaan nie.

Illustreer jy nie in die hele proses hoe dit oor die afgelope paar
dekades gebeur het dat die Afrikaner in die modderpoel beland het
waarin hy is nie?
Re: Eentonigheid [boodskap #7826 is 'n antwoord op boodskap #7781] Sa, 14 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
xfiles

Ek wonder nou net of ek ernstig beledig behoort te voel dat jy will
voorgee jy weet wat my denk wyse is. In van my vorige response mag ek
moontlik vreeslik oordryf het en aspris negetiewe sienings ingegooi het.
Maar een ding waaroor ek baie sterk voel is: waarom moet my generasie
verslag gee en boet vir dinge wat die vorige generasie beheer het. En die
stadige maar sekere verlies van my Taal, kultuur en geskiedenis. So maak
dit twee dinge waaroor ek sterk voel.

Groete

JHV
Re: Eentonigheid [boodskap #7827 is 'n antwoord op boodskap #7781] Sa, 14 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 12 Dec 1996 21:50:23 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:
Vorige onderwerp: Re: Om te oordeel....
Volgende onderwerp: Re: tuisblaaie op die web
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 03:00:42 MGT 2024