Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Rapport oor 'n resensie van CHARL-PIERRE NAUDE
Rapport oor 'n resensie van CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #7754] Vr, 06 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
'n Ruk gelede het Galjoen vir ons 'n gedig van sy
vriend Charl-Pierre Naude gepos : " Die Nomadiese
oomblik" uit 'n debuut- bundel van dieselfde naam. Ek
begin nou "Tydskrif vir Letterkunde" hier in Ottawa
ontvang, en rapporteer dus vir Galjoen daar in Austra-
li"e wat Joan Hambidge daaroor te se^ het.
Sy verklaar: "Dis 'n debuut wat 'n mens hoop gee vir
die Afrikaanse digkuns....min jong digters dig so oortuig-
end oor die verskillende vlakke van menswees en syn....
"Die Nomadiese Oomblik" is 'n baie belangrike debuut
en een wat die poe"tiese kontoere radikaal verander...
Dis 'n bundel vir lank bestudeer, nadink en weer lees, en
een wat my baie opgewonde gemaak het."
Hambidge verklaar dat vir haar die gedig "Die onderbroke
reis" (p. 68) 'n sentrale gedig in die bundel is. Nou wonder
ek, Galjoen, of jy nie vir ons die gedig op die nuusgroep sal
intik nie. As Kersfees-persent. As jy nie, soos al die Suid-
Afrikaners nou, "weggaan" vir die Kersfeesvakansie nie.
Waarheen gaan 'n Australie"r as hy "weggaan" vir die somer-
vakansie?
Intussen tik ek die volgende gedig uit die bundel oor. Die
titel is nie in die resensie gegee nie. Dis op p.17.
---

Pyn is nie nodig of onnodig nie
maar mooi en hoef dus nie te bestaan nie.
Die tande is self 'n blom wat in die skaam
of teer oomblik bloei, skitterend uit die dode

opstaan en pryk soos alle blomme. Pyn, O Heer
is heer-lik, vandaar ook U Bestaan. U Hande
se ongelyke skaal. Pyn styg uit rotswande
van die gees soos 'n dampkring wat die weer

bepaal - kunsstorm wat die kloutjie perlemoer
van angs loswikkel, die sirokko van geloof
en liefde uit hul gate jaag - , styg bo die vloer
van die Miks en syg dan neer om weer op die stoof

van die aarde te verdamp. Die bot, steurende
halfbegrip van Pyn : skoonheid detonerende!


(ingetik deur gloudina bouwer)
Re: Rapport oor 'n resensie van CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #7800 is 'n antwoord op boodskap #7754] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,
Dankie vir melding van die resensie.
Ek sal nog gedigte pos.

Dis vir my interessant dat die resensies wat ek van weet
baie goed is, maar my vriend is in die diepste depressie
het ek gehoor, oor party mense se kritiek.
Hy het blykbaar gesweer hy skryf nooit weer in Afrikaans nie.

Nou wonder ek, Digters en skrywers is darem maar verskriklik
fyngevoelig ???????
Maar na ek Madelein van Biljon se uiters
negatiewe resensie van 'n boek van Anna M. Louw (?) gelees
het in De Kat, neem ek hulle ook nie kwalik nie.

Vriendelike groete.
Re: Rapport oor 'n resensie van CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #7801 is 'n antwoord op boodskap #7754] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , gal...@ibm.net says...
>
> Gloudina,
> Dankie vir melding van die resensie.
> Ek sal nog gedigte pos.
>
> Dis vir my interessant dat die resensies wat ek van weet
> baie goed is, maar my vriend is in die diepste depressie
> het ek gehoor, oor party mense se kritiek.
> Hy het blykbaar gesweer hy skryf nooit weer in Afrikaans nie.
>
> Nou wonder ek, Digters en skrywers is darem maar verskriklik
> fyngevoelig ???????
> Maar na ek Madelein van Biljon se uiters
> negatiewe resensie van 'n boek van Anna M. Louw (?) gelees
> het in De Kat, neem ek hulle ook nie kwalik nie.
>
> Vriendelike groete.
>

Galjoen, ek weet nie hoekom jou vriend Charl-
Pierre Naude nou so moet voel nie. Die resensie van
Joan Hambidge in die "Tydskrif vir Letterkunde" moet
tog genoeg prestige he^ in literere kringe in SA dat hy
hom nie aan die ander hoef te steur nie. Vertel vir hom
hy het bewonderaars op die nuusgroep en vra vir hom
of jy van sy nuwe gedigte op die nuusgroep kan plaas.
Dan lees mense in Noord-Amerika, Nederland, Engeland
en Australië en New Zealand sy gedigte voordat die
mense in SA dit in die boekwinkels sien.
Hoop jou belofte, om nog van sy dinge te pos, is goed.
Onthou, ek wil graag die een op p. 68 sien. Die naam
daarvan is "Die onderbroke reis."
Ek wil jou nog iets anders vra. Die gedig op p.17
(volgens Joan Hambidge, wie se aanhaling van die gedig
ek ingetik het uit haar resensie in "Tydskrif vir Letter-
kunde") het 'n woord wat ek nie ken nie. Uit reël elf
twaalf en dertien haal ek die volgende aan:

..... styg bo die vloer
van die Miks en syg dan neer om weer op die stoof
van die aarde te verdamp...

Nou wil ek weet wat "Miks" beteken. My man sê dis 'n
setfout van die geskrif, en moet lees "Niks." Ek wonder
of hy reg is. Is daar 'n Afrikaanse woord "Miks" waarvan
ek nie bewus is nie? Hierdie gedig is so mooi. Ek haal vir
die tweede keer sommige reëls daaruit aan.

" Pyn, O
Heer
is heer-lik, vandaar ook U Bestaan."

" kunsstorm wat die kloutjie perlemoer
van angs loswikkel, die sirokko wat geloof
en liefde uit hul gate jaag - "

Jy is baie gelukkig om so 'n vriend te h^e, Galjoen.
Gloudina
Vorige onderwerp: Re: Twee Gedigte, Apartheidsjare (...en Mnr. Poephol Weetnie)
Volgende onderwerp: Die Ghoebaai Bed - 'n Gedig deur MARIETTE LIEBENBERG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 22:07:18 MGT 2024