Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geseende Kersfees! - Hiers 'n PERSENT vir jou !!!!
Geseende Kersfees! - Hiers 'n PERSENT vir jou !!!! [boodskap #7751] Vr, 06 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina pos die vogende, oor 'n mooi en eenvoudige Kersfees:

> KERSFEES
> Donald Riekert
>
> Drie gemmerkoekies
> en 'n glas gemmerbier
> 'n wit mot draai om
> die geel kers en Maria
> se twee blou oe staar
> na die moreblom die
> heuningby draai om
> en om haar blou oe
> tot hy 'n klontjie
> heuning in haar oop mond los

Ek is so gatvol vir die hedonistiese kersfees en vierings om my.
Ek sien mense wat te veel persente kry,
te veel vreet en suip en mors.
Want as jy nie armoede om jou sien nie, of leef in 'n land met
materiele welvaart kry jy mense wat nie waardeer wat hul het nie.
My 4-jarige seuntjie word genooi na partytjies, en dis net so.
Te veel persente en 'n mors van kos.
Ouers ding mee en huur narre en duur vermaak vir die kinders.
Waarom nie net 'n waatlemoen sny en die kinders
verspoeg-kompetisie laat hou nie ?

In Australie word Kersvader se slee natuurlik deur kangeroes getrek!.
In Sydney hou party mense 'n "Christmas in July", en gaan na die
Blue Mountains in Julie, om 'n koue "kersfees" te vier.
Kersfees in Oz is net so warm soos in SA, maar mense het nou al darem
begin leer om slaai en koue vleis voor te sit i.p.v. tradisionele
warm kers etes.

Ek verlang na 'n kersfees met eenvoud en geestelikheid.
Australie sê hulle, is die wereld se mees sekulere land,
en God het vir weinig mense ware betekenis.
Selfs die Josef-Maria-krip uitstallinkies in party winkelvensters
is totaal ontvoer as 'n "marketing tool", en soos die kersboom,
het dit vir mense lankal nie meer 'n verband met Christenskap nie.
Kersfees kopies begin in party winkels al in Oktober !

Einde November kan mens maar ophou werk, want dan begin die
kers-kantoorpartytjies, vakansiegees en 'n gesuip.
So hou dit aan tot Februarie.

Dit gaan hier soos in die meeste ander land maar net oor KOOP.
Mense word deur advertensies geboelie om te koop en te spandeer.
Die sielkundiges sê kersfees gaan gepaard met baie spanning en
ook selfmoord. Mense oortrek hul bankrekeninge, en bekommer hul
dan oor skuld. Sekere mense word uitgesluit van uitnodigingslyste
en voel eensaam en depressief.

Laat my dink aan ons swart huishulp wat ons eenkeer o.a.
'n groot waatlemoen gegee het vir kersfees.
Die het sy op haar kop gedra en sy is met 'n lang pad township toe.
Het sy en haar kinders dit nou waardeer !
Die oe het behoorlik gestraal soos sy vertel het hoe lekker dit was.

Aan almal op die nuusgroep: 'n ryp waatlemoen vir Kersfees!
(en 'n pit in jul hart)

Vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Geseende Kersfees! - Hiers 'n PERSENT vir jou !!!! [boodskap #7756 is 'n antwoord op boodskap #7751] Sa, 07 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Demos Economacos[2]  is tans af-lyn  Demos Economacos[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
gal...@ibm.net wrote:

> Ek is so gatvol vir die hedonistiese kersfees en vierings om my.

'n Interesante verwikkeling het vandag by my werk in St Paul,
Minnesota VSA gebeur - die 'holiday tree' is amptelik ontplooi. Ons is
ernstig gemaan dat dit nou 'politically correct' is om te se 'happy
holidays' in plaas van die meer traditionele en glo 'politically
incorrect' MERRY CHRISTMAS - en dus die boom wat nou die holiday tree
is en die holiday decorations, ens.

> Ek verlang na 'n kersfees met eenvoud en geestelikheid.
> Australie sê hulle, is die wereld se mees sekulere land,
Die VSA is nie ver agter Australie nie - dit gaan al hoe erger hier.
Die behepheid om polically correct te wees verstom 'n mens. Net soos
jy dink dat jy nou alles gesien het, kom hulle uit met 'n nuwe kinkel
wat jy skaars kan glo.

Groete en beste wense aan almal - en 'n geseende kersfees!.
Re: Geseende Kersfees! - Hiers 'n PERSENT vir jou !!!! [boodskap #7787 is 'n antwoord op boodskap #7751] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
In , deco...@mail.idt.net (Demos Economacos) writes:
> gal...@ibm.net wrote:
>
>> Ek is so gatvol vir die hedonistiese kersfees en vierings om my.
>
> 'n Interesante verwikkeling het vandag by my werk in St Paul,
> Minnesota VSA gebeur - die 'holiday tree' is amptelik ontplooi. Ons is
> ernstig gemaan dat dit nou 'politically correct' is om te se 'happy
> holidays' in plaas van die meer traditionele en glo 'politically
> incorrect' MERRY CHRISTMAS - en dus die boom wat nou die holiday tree
> is en die holiday decorations, ens.
>
>> Ek verlang na 'n kersfees met eenvoud en geestelikheid.
>> Australie sê hulle, is die wereld se mees sekulere land,
> Die VSA is nie ver agter Australie nie - dit gaan al hoe erger hier.
> Die behepheid om polically correct te wees verstom 'n mens. Net soos
> jy dink dat jy nou alles gesien het, kom hulle uit met 'n nuwe kinkel
> wat jy skaars kan glo.
>
> Groete en beste wense aan almal - en 'n geseende kersfees!.
>
>

Demos, dis nou vir my baie interessant,
Ek dag Australie is die mees polities-korrekte plek in die
wereld. By gebrek aan enige politieke issue,
word hier gedurig gedweep
oor vroueregte en gelyke regte ens, groen en bewarings-sake,
inboorlingregte, wat jy mag nie mag se nie ens ens.
Hier is 'n "Man-hole" 'n "person" hole, en jy mag nie "Lady" seg nie,
want dis seksisties. Ek sal julle nog later meer vertel.

Vriendelike groete.
Vorige onderwerp: RASSISME, ABORIGINEES: AUSTRALIERS IS NOU GATVOL !!
Volgende onderwerp: Die rol van die C.I.A. gedurende die Apartheidsjare.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:27:58 MGT 2024