Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Beste Afrikaanse CDs??
Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77799] Vr, 16 Mei 2003 21:34 na volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
Met Kalahari se afslag wil ek nou vir my so veel as moontlik CDs op een slag
koop. Ek het nou al 'n heel paar op my lys, maar nou wil ek 'n klomp van
afrikaanse kunstenaars ook bygooi. (Sien hoofrede onderaan).

Nou wil ek graag hê elkeen moet reply met ten minste een naam van wat hy
dink die beste afrikaanse CD is, redes is nie nodig nie, net die CD se
naam/sanger.

En ek sal ook graag wil weet wat Mathys Roets se nuwe CD se naam is (Is
onlangs baie geadverteer, hy sing o.a. "Kom drink 'n koppie koffie" in die
advertensie).

Byvoorbaat dankie vir al die replies:-)

O ja, die hoofrede: Die afgelope tyd het die afrikaanse sangers begin kla
oor radio stasies te min afrikaanse musiek speel (het begin op die KKNK) en
ek het my nie eintlik veel daaraan gesteur nie en maar aanhou luister na
Jakaranda. Toe het hulle nou die aand 'n insetsel op Pasela daaroor en toe
ek die arrogansie van die mense in beheer van onder andere Jakaranda sien
besluit ek net daar om maar eers RSG te luister totdat Jakaranda sy houding
verander. Maar nou het ek besef RSG is nie heeltemal vir my nie, so nou gaan
ek maar 'n hoop CDs koop en eerder dit luister en so probeer om die
afrikaanse musiek te ondersteun.
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77801 is 'n antwoord op boodskap #77799] Vr, 16 Mei 2003 22:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Solo - Coenie De Villiers

"Stone" skryf in boodskap news:ba3l79$qtp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Met Kalahari se afslag wil ek nou vir my so veel as moontlik CDs op een slag
> koop. Ek het nou al 'n heel paar op my lys, maar nou wil ek 'n klomp van
> afrikaanse kunstenaars ook bygooi. (Sien hoofrede onderaan).
>
> Nou wil ek graag hê elkeen moet reply met ten minste een naam van wat hy
> dink die beste afrikaanse CD is, redes is nie nodig nie, net die CD se
> naam/sanger.
>
> En ek sal ook graag wil weet wat Mathys Roets se nuwe CD se naam is (Is
> onlangs baie geadverteer, hy sing o.a. "Kom drink 'n koppie koffie" in die
> advertensie).
>
> Byvoorbaat dankie vir al die replies:-)
>
> O ja, die hoofrede: Die afgelope tyd het die afrikaanse sangers begin kla
> oor radio stasies te min afrikaanse musiek speel (het begin op die KKNK) en
> ek het my nie eintlik veel daaraan gesteur nie en maar aanhou luister na
> Jakaranda. Toe het hulle nou die aand 'n insetsel op Pasela daaroor en toe
> ek die arrogansie van die mense in beheer van onder andere Jakaranda sien
> besluit ek net daar om maar eers RSG te luister totdat Jakaranda sy houding
> verander. Maar nou het ek besef RSG is nie heeltemal vir my nie, so nou gaan
> ek maar 'n hoop CDs koop en eerder dit luister en so probeer om die
> afrikaanse musiek te ondersteun.
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77805 is 'n antwoord op boodskap #77799] Sa, 17 Mei 2003 04:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joeboy  is tans af-lyn  Joeboy
Boodskappe: 54
Geregistreer: Februarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Johannes Kerkorrel - Eet Kreef
Valiant Swart - Deur die donker vallei
Dozi - Oop aanvraag
Theuns Jordaan - Tjaila tyd
Koos Kombuis - Mona Lisa

Natuurlik kan bykans enige CD van die ouens hierbo gekoop word, maar gegewe
dat net 1 benodig word ...

Joeboy
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77807 is 'n antwoord op boodskap #77805] Sa, 17 Mei 2003 04:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Randall Wicomb - Hie Neffens My
Johannes kerkorrel sing Koos du Plessis
Rory Rootenberg - Cadenza X-trav ( nie heeltemal slegs Afrikaans nie - maar
genoeg kwaliteits-stukke in Afrikaans om die paal te haal)

Annette

"Joeboy" skryf in boodskap news:ba4clp$87d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Johannes Kerkorrel - Eet Kreef
> Valiant Swart - Deur die donker vallei
> Dozi - Oop aanvraag
> Theuns Jordaan - Tjaila tyd
> Koos Kombuis - Mona Lisa
>
> Natuurlik kan bykans enige CD van die ouens hierbo gekoop word, maar gegewe
> dat net 1 benodig word ...
>
> Joeboy
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77810 is 'n antwoord op boodskap #77801] Sa, 17 Mei 2003 05:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 16 May 2003 23:26:47 +0100, "Raj" wrote:

> Solo - Coenie De Villiers
>
>

Interessant wat jy hier sê, Lorinda.
Ek dink dat, met jou tipe smaak sal jy selfs van Gloudina hou.
Die jare voor ek vir myself begin sorg het, (en Coenie na die Rand
uitgewyk het,) het ek saam met hom gewerk. Inderwaarheid was hy in 'n
heel ander afdeling maar steeds vir dieselfde groep. Niks absoluut
niks het ek teen sy sy persoonlikheid nie. Ek dink net nie dat die man
kan sing nie.

DD
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77817 is 'n antwoord op boodskap #77810] Sa, 17 Mei 2003 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tufka  is tans af-lyn  Tufka
Boodskappe: 31
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Wie, in jou opinie kán dan wel sing, DD?
Ek stem saam met jou op 'n manier, net vir my is dit so...hy kan sing,
maar net een song! Miskien is dit van toepassing by etlike kunstenaars,
maar by hom is dit baie sterk!

Tuff

DD wrote:
> On Fri, 16 May 2003 23:26:47 +0100, "Raj" wrote:
>
>
>> Solo - Coenie De Villiers


>
>
>
> Interessant wat jy hier sê, Lorinda.
> Ek dink dat, met jou tipe smaak sal jy selfs van Gloudina hou.
> Die jare voor ek vir myself begin sorg het, (en Coenie na die Rand
> uitgewyk het,) het ek saam met hom gewerk. Inderwaarheid was hy in 'n
> heel ander afdeling maar steeds vir dieselfde groep. Niks absoluut
> niks het ek teen sy sy persoonlikheid nie. Ek dink net nie dat die man
> kan sing nie.
>
> DD
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77819 is 'n antwoord op boodskap #77807] Sa, 17 Mei 2003 07:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tufka  is tans af-lyn  Tufka
Boodskappe: 31
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
André Swiegers - Blou

Tuff

Annette wrote:
> Randall Wicomb - Hie Neffens My
> Johannes kerkorrel sing Koos du Plessis
> Rory Rootenberg - Cadenza X-trav ( nie heeltemal slegs Afrikaans nie - maar
> genoeg kwaliteits-stukke in Afrikaans om die paal te haal)
>
> Annette
>
> "Joeboy" wrote in message
> news:ba4clp$87d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Johannes Kerkorrel - Eet Kreef
>> Valiant Swart - Deur die donker vallei
>> Dozi - Oop aanvraag
>> Theuns Jordaan - Tjaila tyd
>> Koos Kombuis - Mona Lisa

>> Natuurlik kan bykans enige CD van die ouens hierbo gekoop word, maar
>
> gegewe
>
>> dat net 1 benodig word ...

>> Joeboy


>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77820 is 'n antwoord op boodskap #77817] Sa, 17 Mei 2003 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vir my gaan dit oor die die hele CD - wat se genot ek daaruit kan put.
Maar as dit net oor een liedjie gaan, dan kan 'n Steve dHofmeyer, 'n Worsie
Visser of 'n Francois Hayes CD ook aanbeveel word:)))

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

"Tufka" skryf in boodskap news:ba4on2$7h4$06$1@news.t-online.com...
> Wie, in jou opinie kón dan wel sing, DD?
> Ek stem saam met jou op 'n manier, net vir my is dit so...hy kan sing,
> maar net een song! Miskien is dit van toepassing by etlike kunstenaars,
> maar by hom is dit baie sterk!
>
> Tuff
>
> DD wrote:
>> On Fri, 16 May 2003 23:26:47 +0100, "Raj" wrote:
>>
>>
>>> Solo - Coenie De Villiers
>
>
>>
>>
>>
>> Interessant wat jy hier sê, Lorinda.
>> Ek dink dat, met jou tipe smaak sal jy selfs van Gloudina hou.
>> Die jare voor ek vir myself begin sorg het, (en Coenie na die Rand
>> uitgewyk het,) het ek saam met hom gewerk. Inderwaarheid was hy in 'n
>> heel ander afdeling maar steeds vir dieselfde groep. Niks absoluut
>> niks het ek teen sy sy persoonlikheid nie. Ek dink net nie dat die man
>> kan sing nie.
>>
>> DD
>>
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77821 is 'n antwoord op boodskap #77799] Sa, 17 Mei 2003 08:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou wat is jou probleem met RSG? Jy het seker per ongeluk Maandagaand
geluister;))
Annette

"Stone" skryf in boodskap news:ba3l79$qtp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Met Kalahari se afslag wil ek nou vir my so veel as moontlik CDs op een slag
> koop. Ek het nou al 'n heel paar op my lys, maar nou wil ek 'n klomp van
> afrikaanse kunstenaars ook bygooi. (Sien hoofrede onderaan).
>
> Nou wil ek graag hê elkeen moet reply met ten minste een naam van wat hy
> dink die beste afrikaanse CD is, redes is nie nodig nie, net die CD se
> naam/sanger.
>
> En ek sal ook graag wil weet wat Mathys Roets se nuwe CD se naam is (Is
> onlangs baie geadverteer, hy sing o.a. "Kom drink 'n koppie koffie" in die
> advertensie).
>
> Byvoorbaat dankie vir al die replies:-)
>
> O ja, die hoofrede: Die afgelope tyd het die afrikaanse sangers begin kla
> oor radio stasies te min afrikaanse musiek speel (het begin op die KKNK) en
> ek het my nie eintlik veel daaraan gesteur nie en maar aanhou luister na
> Jakaranda. Toe het hulle nou die aand 'n insetsel op Pasela daaroor en toe
> ek die arrogansie van die mense in beheer van onder andere Jakaranda sien
> besluit ek net daar om maar eers RSG te luister totdat Jakaranda sy houding
> verander. Maar nou het ek besef RSG is nie heeltemal vir my nie, so nou gaan
> ek maar 'n hoop CDs koop en eerder dit luister en so probeer om die
> afrikaanse musiek te ondersteun.
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77825 is 'n antwoord op boodskap #77817] Sa, 17 Mei 2003 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 17 May 2003 09:31:01 +0200, Tufka wrote:

> Wie, in jou opinie kán dan wel sing, DD?
> Ek stem saam met jou op 'n manier, net vir my is dit so...hy kan sing,
> maar net een song! Miskien is dit van toepassing by etlike kunstenaars,
> maar by hom is dit baie sterk!
>
> Tuff
>

Dozi kan sing. Theuns Jordaan kan sing.
Sonja Herholdt kan sing. Johanna Field
kan sing.
Praat ons slegs lokaal of internasionaal
Tuff? Want, kan ek jou vertel dat daar nie
nog 'n stem soos dié van Kimera is nie?
Jennifer Rush - O la la!

Interessant wat jy nou sê dat hy slegs een
song kan sing né! Elke sanger/es het 'n lied
wat slegs vir hom/haar geskryf is.
Nooit was ek 'n Gé Korsten aanhanger nie.
Maar niemand kan 'Jerusalem' sing soos
Gé nie.
Laurika Rauch se lied is 'Blouberg se strand."
Lance James kan net 'Vicky' sing.
Een van die beste sangers hier by ons is
Bobby Angel. Ek kan omtrent alles wat
hy sing, waardeer.
Ek het 'n paar maande gelede
weer na hom geluister by Hill Fox en weer
gesê dat dit myns insiens een van die beste
country sangers in die land is.

Miskien Tuff, as jy na my musieksmaak kyk
sal jy verstaan dat Coenie in 'n ietwat ander
klas is. (Al sou jy ook saamstem dat my smaak
uiteenlopend is).

DD
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77827 is 'n antwoord op boodskap #77825] Sa, 17 Mei 2003 09:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek stem saam met Jennifer Rush DD.
Annette

"DD" skryf in boodskap news:afubcvob4clvak3jm6orvhmq48n64etcck@4ax.com...
> On Sat, 17 May 2003 09:31:01 +0200, Tufka wrote:
>
>> Wie, in jou opinie kón dan wel sing, DD?
>> Ek stem saam met jou op 'n manier, net vir my is dit so...hy kan sing,
>> maar net een song! Miskien is dit van toepassing by etlike kunstenaars,
>> maar by hom is dit baie sterk!
>>
>> Tuff
>>
>
> Dozi kan sing. Theuns Jordaan kan sing.
> Sonja Herholdt kan sing. Johanna Field
> kan sing.
> Praat ons slegs lokaal of internasionaal
> Tuff? Want, kan ek jou vertel dat daar nie
> nog 'n stem soos dié van Kimera is nie?
> Jennifer Rush - O la la!
>
> Interessant wat jy nou sê dat hy slegs een
> song kan sing nè! Elke sanger/es het 'n lied
> wat slegs vir hom/haar geskryf is.
> Nooit was ek 'n G� Korsten aanhanger nie.
> Maar niemand kan 'Jerusalem' sing soos
> G� nie.
> Laurika Rauch se lied is 'Blouberg se strand."
> Lance James kan net 'Vicky' sing.
> Een van die beste sangers hier by ons is
> Bobby Angel. Ek kan omtrent alles wat
> hy sing, waardeer.
> Ek het 'n paar maande gelede
> weer na hom geluister by Hill Fox en weer
> gesê dat dit myns insiens een van die beste
> country sangers in die land is.
>
> Miskien Tuff, as jy na my musieksmaak kyk
> sal jy verstaan dat Coenie in 'n ietwat ander
> klas is. (Al sou jy ook saamstem dat my smaak
> uiteenlopend is).
>
> DD
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77838 is 'n antwoord op boodskap #77807] Sa, 17 Mei 2003 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" wrote in message ...
> Randall Wicomb - Hie Neffens My

Maar iemand het gesê hulle praat (of sing) nie rerig so nie:-))))))
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77839 is 'n antwoord op boodskap #77821] Sa, 17 Mei 2003 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stone  is tans af-lyn  Stone
Boodskappe: 85
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek het nie eintlik 'n probleem met RSG nie, dis net dat ek net oppad werk
toe en terug radio luister en dis omtrent net een uur die heel dag, dan wil
ek darem meer musiek hoor as praat. Die namiddag huistoe was daar darem 'n
paar songs, maar in die oggend omtrent niks.

"Annette" wrote in message ..
> Nou wat is jou probleem met RSG? Jy het seker per ongeluk Maandagaand
> geluister;))
> Annette
>
>
> "Stone" wrote in message
>> Met Kalahari se afslag wil ek nou vir my so veel as moontlik CDs op een
> slag
>> koop. Ek het nou al 'n heel paar op my lys, maar nou wil ek 'n klomp van
>> afrikaanse kunstenaars ook bygooi. (Sien hoofrede onderaan).
>>
>> Nou wil ek graag hê elkeen moet reply met ten minste een naam van wat hy
>> dink die beste afrikaanse CD is, redes is nie nodig nie, net die CD se
>> naam/sanger.
>>
>> En ek sal ook graag wil weet wat Mathys Roets se nuwe CD se naam is (Is
>> onlangs baie geadverteer, hy sing o.a. "Kom drink 'n koppie koffie" in die
>> advertensie).
>>
>> Byvoorbaat dankie vir al die replies:-)
>>
>> O ja, die hoofrede: Die afgelope tyd het die afrikaanse sangers begin kla
>> oor radio stasies te min afrikaanse musiek speel (het begin op die KKNK)
> en
>> ek het my nie eintlik veel daaraan gesteur nie en maar aanhou luister na
>> Jakaranda. Toe het hulle nou die aand 'n insetsel op Pasela daaroor en toe
>> ek die arrogansie van die mense in beheer van onder andere Jakaranda sien
>> besluit ek net daar om maar eers RSG te luister totdat Jakaranda sy
> houding
>> verander. Maar nou het ek besef RSG is nie heeltemal vir my nie, so nou
> gaan
>> ek maar 'n hoop CDs koop en eerder dit luister en so probeer om die
>> afrikaanse musiek te ondersteun.
>>
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77850 is 'n antwoord op boodskap #77799] Sa, 17 Mei 2003 14:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Theuns Jordaans ---Tjailatyd

Steve Hofmeyr----Toekan, net jammer van die ingilse liedjies

Johannes Kerkorrel --- die Ander kant
al die cd's van hom

"Stone" skryf in boodskap news:ba3l79$qtp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Met Kalahari se afslag wil ek nou vir my so veel as moontlik CDs op een slag
> koop. Ek het nou al 'n heel paar op my lys, maar nou wil ek 'n klomp van
> afrikaanse kunstenaars ook bygooi. (Sien hoofrede onderaan).
>
> Nou wil ek graag hê elkeen moet reply met ten minste een naam van wat hy
> dink die beste afrikaanse CD is, redes is nie nodig nie, net die CD se
> naam/sanger.
>
> En ek sal ook graag wil weet wat Mathys Roets se nuwe CD se naam is (Is
> onlangs baie geadverteer, hy sing o.a. "Kom drink 'n koppie koffie" in die
> advertensie).
>
> Byvoorbaat dankie vir al die replies:-)
>
> O ja, die hoofrede: Die afgelope tyd het die afrikaanse sangers begin kla
> oor radio stasies te min afrikaanse musiek speel (het begin op die KKNK) en
> ek het my nie eintlik veel daaraan gesteur nie en maar aanhou luister na
> Jakaranda. Toe het hulle nou die aand 'n insetsel op Pasela daaroor en toe
> ek die arrogansie van die mense in beheer van onder andere Jakaranda sien
> besluit ek net daar om maar eers RSG te luister totdat Jakaranda sy houding
> verander. Maar nou het ek besef RSG is nie heeltemal vir my nie, so nou gaan
> ek maar 'n hoop CDs koop en eerder dit luister en so probeer om die
> afrikaanse musiek te ondersteun.
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77855 is 'n antwoord op boodskap #77838] Sa, 17 Mei 2003 16:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Makie Sakie.
Dis 'n Afrikaanse kunstenaar wat mooi sing.
Jy het nie voorwaardes gestel nie;)

Annette

"Stone" skryf in boodskap news:ba55qq$q3k$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Annette" wrote in message ...
>> Randall Wicomb - Hie Neffens My
>
> Maar iemand het gesê hulle praat (of sing) nie rerig so nie:-))))))
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77856 is 'n antwoord op boodskap #77839] Sa, 17 Mei 2003 16:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kry 'n ander werk en ry tussen 12 en 1nm rond - dan luister jy vir 'n volle
halfuur of uur ( afhangende van die dag) net na Afrikaanse musiek.

Annette

"Stone" skryf in boodskap news:ba5691$qgq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het nie eintlik 'n probleem met RSG nie, dis net dat ek net oppad werk
> toe en terug radio luister en dis omtrent net een uur die heel dag, dan wil
> ek darem meer musiek hoor as praat. Die namiddag huistoe was daar darem 'n
> paar songs, maar in die oggend omtrent niks.
>
> "Annette" wrote in message ..
>> Nou wat is jou probleem met RSG? Jy het seker per ongeluk Maandagaand
>> geluister;))
>> Annette
>>
>>
>> "Stone" wrote in message
>>> Met Kalahari se afslag wil ek nou vir my so veel as moontlik CDs op
een
>> slag
>>> koop. Ek het nou al 'n heel paar op my lys, maar nou wil ek 'n klomp van
>>> afrikaanse kunstenaars ook bygooi. (Sien hoofrede onderaan).
>>>
>>> Nou wil ek graag hê elkeen moet reply met ten minste een naam van wat hy
>>> dink die beste afrikaanse CD is, redes is nie nodig nie, net die CD se
>>> naam/sanger.
>>>
>>> En ek sal ook graag wil weet wat Mathys Roets se nuwe CD se naam is (Is
>>> onlangs baie geadverteer, hy sing o.a. "Kom drink 'n koppie koffie" in
> die
>>> advertensie).
>>>
>>> Byvoorbaat dankie vir al die replies:-)
>>>
>>> O ja, die hoofrede: Die afgelope tyd het die afrikaanse sangers begin
> kla
>>> oor radio stasies te min afrikaanse musiek speel (het begin op die
KKNK)
>> en
>>> ek het my nie eintlik veel daaraan gesteur nie en maar aanhou luister na
>>> Jakaranda. Toe het hulle nou die aand 'n insetsel op Pasela daaroor en
> toe
>>> ek die arrogansie van die mense in beheer van onder andere Jakaranda
> sien
>>> besluit ek net daar om maar eers RSG te luister totdat Jakaranda sy
>> houding
>>> verander. Maar nou het ek besef RSG is nie heeltemal vir my nie, so
nou
>> gaan
>>> ek maar 'n hoop CDs koop en eerder dit luister en so probeer om die
>>> afrikaanse musiek te ondersteun.
>>>
>>
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77857 is 'n antwoord op boodskap #77810] Sa, 17 Mei 2003 16:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het jy en hy saam gewerk op Western Deep Levels?
Ek bly maar by my keuse, ek hou van sy musiek. Ook van Johannes Kerkorrel -
maar dan moet ek byse dat my kennis van afrikaanse musiek nie watwonders is
nie. Ek hou nie van country musiek nie, maar die naam Bobby Angel (wat jy in
n ander pos noem) klink om een of ander rede bekend.

Lorinda

"DD" skryf in boodskap news:sjjbcv8itfvvi3srhoclk1ftk3jjvkgj58@4ax.com...
> On Fri, 16 May 2003 23:26:47 +0100, "Raj" wrote:
>
>> Solo - Coenie De Villiers
>>
>
>
> Interessant wat jy hier sê, Lorinda.
> Ek dink dat, met jou tipe smaak sal jy selfs van Gloudina hou.
> Die jare voor ek vir myself begin sorg het, (en Coenie na die Rand
> uitgewyk het,) het ek saam met hom gewerk. Inderwaarheid was hy in 'n
> heel ander afdeling maar steeds vir dieselfde groep. Niks absoluut
> niks het ek teen sy sy persoonlikheid nie. Ek dink net nie dat die man
> kan sing nie.
>
> DD
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77858 is 'n antwoord op boodskap #77857] Sa, 17 Mei 2003 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 17 May 2003 17:32:38 +0100, "Raj" wrote:

> Het jy en hy saam gewerk op Western Deep Levels?

Heeltemal reg, jy's nie blond nie né:-)))

> die naam Bobby Angel (wat jy in
> n ander pos noem) klink om een of ander rede bekend.
>
Ek gaan kyk of ek erens iets van Bobby Angel kry (in MP3 vorm)
om vir jou te pos.

> Lorinda
en Dave
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77868 is 'n antwoord op boodskap #77858] So, 18 Mei 2003 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:nmsccvsjqosg48d17rfq11dpktm089b6mb@4ax.com...
> On Sat, 17 May 2003 17:32:38 +0100, "Raj" wrote:
>
>> Het jy en hy saam gewerk op Western Deep Levels?
>
> Heeltemal reg, jy's nie blond nie n�:-)))

Dis reg. Ek maak maar op my mooi persoonlikheid staat:-)

> Ek gaan kyk of ek erens iets van Bobby Angel kry (in MP3 vorm)
> om vir jou te pos.

Dankie.

Lorinda
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77877 is 'n antwoord op boodskap #77825] So, 18 Mei 2003 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tufka  is tans af-lyn  Tufka
Boodskappe: 31
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Ok, so ons musieksmake lê baie vêr uit mekaar uit, maar dis ok, anders
kan dit ook nie wees nie. Die ouens by wie ek aanklank vind is gewoonlik
dié wat hulle eie songs skryf en regte persoonlikhede is. 'n Ou soos
André Swiegers skryf regtig goeie songs, maar sy stem is nie tegnies
gesien enige iets om oor huistoe te skryf nie, maar vir my maak die
'package' sin as jy verstaan wat ek bedoel. Deur sy songs, kry ek 'n
idee oor wat in sy kop aangaan.

Dan is daar weer ander ouens - soos Kimera of Jennifer of Whitney
Houston of Anastacia - wat moerse stemme het, maar hulle songs doen niks
vir my nie, so dit is dan bietjie meer complicated. Maar dis nie in elke
ou se wiegie gelê om te kan songs skryf nie, en as musiek in jou are
vloei moet dit op een of ander manier uitkom.

Soos Anette ook gesê het, party mense het net een song op 'n hele CD wat
mens van hou en die ander is net irriterend - go figure.

Is Bobby Angel daai Country sanger wat jarre(!) gelede op TV so 'n
musiek show aangebied het - ek dink ek was nog baie klein gewees!!

Ja, en Coenie pas nie so heeltemal daar in nie, maar dis lekker om saam
met hom te werk, alhoewel hy 'n bietjie van 'n musical snob is, but each
to his own!

Baai
Tuffi

DD wrote:
> On Sat, 17 May 2003 09:31:01 +0200, Tufka wrote:
>
>
>> Wie, in jou opinie kán dan wel sing, DD?
>> Ek stem saam met jou op 'n manier, net vir my is dit so...hy kan sing,
>> maar net een song! Miskien is dit van toepassing by etlike kunstenaars,
>> maar by hom is dit baie sterk!

>> Tuff

>
>
> Dozi kan sing. Theuns Jordaan kan sing.
> Sonja Herholdt kan sing. Johanna Field
> kan sing.
> Praat ons slegs lokaal of internasionaal
> Tuff? Want, kan ek jou vertel dat daar nie
> nog 'n stem soos dié van Kimera is nie?
> Jennifer Rush - O la la!
>
> Interessant wat jy nou sê dat hy slegs een
> song kan sing né! Elke sanger/es het 'n lied
> wat slegs vir hom/haar geskryf is.
> Nooit was ek 'n Gé Korsten aanhanger nie.
> Maar niemand kan 'Jerusalem' sing soos
> Gé nie.
> Laurika Rauch se lied is 'Blouberg se strand."
> Lance James kan net 'Vicky' sing.
> Een van die beste sangers hier by ons is
> Bobby Angel. Ek kan omtrent alles wat
> hy sing, waardeer.
> Ek het 'n paar maande gelede
> weer na hom geluister by Hill Fox en weer
> gesê dat dit myns insiens een van die beste
> country sangers in die land is.
>
> Miskien Tuff, as jy na my musieksmaak kyk
> sal jy verstaan dat Coenie in 'n ietwat ander
> klas is. (Al sou jy ook saamstem dat my smaak
> uiteenlopend is).
>
> DD
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77887 is 'n antwoord op boodskap #77850] So, 18 Mei 2003 15:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD - terloops. Van goeie sang en mooi stemme gepraat - wat van die
Benade-broers?

"Rico" skryf in boodskap news:3ec64e4a$0$49104$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Theuns Jordaans ---Tjailatyd
>
> Steve Hofmeyr----Toekan, net jammer van die ingilse liedjies
>
> Johannes Kerkorrel --- die Ander kant
> al die cd's van hom
>
>
> "Stone" wrote in message
> news:ba3l79$qtp$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Met Kalahari se afslag wil ek nou vir my so veel as moontlik CDs op een
> slag
>> koop. Ek het nou al 'n heel paar op my lys, maar nou wil ek 'n klomp van
>> afrikaanse kunstenaars ook bygooi. (Sien hoofrede onderaan).
>>
>> Nou wil ek graag hê elkeen moet reply met ten minste een naam van wat hy
>> dink die beste afrikaanse CD is, redes is nie nodig nie, net die CD se
>> naam/sanger.
>>
>> En ek sal ook graag wil weet wat Mathys Roets se nuwe CD se naam is (Is
>> onlangs baie geadverteer, hy sing o.a. "Kom drink 'n koppie koffie" in die
>> advertensie).
>>
>> Byvoorbaat dankie vir al die replies:-)
>>
>> O ja, die hoofrede: Die afgelope tyd het die afrikaanse sangers begin kla
>> oor radio stasies te min afrikaanse musiek speel (het begin op die KKNK)
> en
>> ek het my nie eintlik veel daaraan gesteur nie en maar aanhou luister na
>> Jakaranda. Toe het hulle nou die aand 'n insetsel op Pasela daaroor en toe
>> ek die arrogansie van die mense in beheer van onder andere Jakaranda sien
>> besluit ek net daar om maar eers RSG te luister totdat Jakaranda sy
> houding
>> verander. Maar nou het ek besef RSG is nie heeltemal vir my nie, so nou
> gaan
>> ek maar 'n hoop CDs koop en eerder dit luister en so probeer om die
>> afrikaanse musiek te ondersteun.
>>
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77898 is 'n antwoord op boodskap #77868] So, 18 Mei 2003 18:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 18 May 2003 07:58:07 +0100, "Raj" wrote:

>
> Dis reg. Ek maak maar op my mooi persoonlikheid staat:-)
>
>
> Lorinda
>

Jy slaag ;-)

DD
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77906 is 'n antwoord op boodskap #77868] So, 18 Mei 2003 21:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 18 May 2003 07:58:07 +0100, "Raj" wrote:

>> Ek gaan kyk of ek erens iets van Bobby Angel kry (in MP3 vorm)
>> om vir jou te pos.
>
> Dankie.
>
>
> Lorinda
>

Jy kry 'n langerige posstuk, Lorinda.
Nie regtig lank nie, net so stukkie
of twee dat jy hom kan hoor sing.

DD
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77908 is 'n antwoord op boodskap #77868] So, 18 Mei 2003 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 18 May 2003 07:58:07 +0100, "Raj" wrote:
>
>> Ek gaan kyk of ek erens iets van Bobby Angel kry (in MP3 vorm)
>> om vir jou te pos.
>
> Dankie.
>
>
> Lorinda
>

Jou epos adres is nie reg nie, Lorinda.
Ek het 698kb vir jou gestuur wat terug
gekom het.

Wat is jou adres?

DD
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77916 is 'n antwoord op boodskap #77799] So, 18 Mei 2003 23:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Steve Hofmeyr se nuwe Toeka is nie sleg nie. Coleske se "Coleske sings
Simon & Garfunkel" is briljant. Hulle CD wat eenvoudig genaam "Coleske"
heet is ook nie vrot nie. Nou nie Afrikaans nie, maar ek hou van Coleske.
Watershed is ook 'n goeie kopie, as jy van Alternative Rock hou.
Ek's nie mal oor Dozi nie, hy klink vir my te veel soos een van hierdie
80-jaar oue omies wat vir 'n boereorkes sing, maar my suster vrek oor die
man, so as dit jou styl is sal jy dalk van hom ook hou. Ek hou natuurlik
ook van Theuns Jordaan.

Elaine

"Stone" wrote:
> Met Kalahari se afslag wil ek nou vir my so veel as moontlik CDs op een slag
> koop. Ek het nou al 'n heel paar op my lys, maar nou wil ek 'n klomp van
> afrikaanse kunstenaars ook bygooi. (Sien hoofrede onderaan).
>
> Nou wil ek graag hê elkeen moet reply met ten minste een naam van wat hy
> dink die beste afrikaanse CD is, redes is nie nodig nie, net die CD se
> naam/sanger.
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77917 is 'n antwoord op boodskap #77825] So, 18 Mei 2003 23:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stry, ek dink nie Dozi kan sing nie, maar ek hy lyk baie goed vir 'n man
van 49.

Elaine

"DD" wrote:
>
> Dozi kan sing.
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77923 is 'n antwoord op boodskap #77839] Ma, 19 Mei 2003 06:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Einste my probleem met RSG. As jy daar inskakel is dit 'n perdeskou in Louis
Trichardt of die konfyttekort in Reddersburg. Of inbellers met 'n opinie oor
dit of dat. Dan het jy nie eers die voorreg, soos op hierdie nuusgroep, om
dit net oor te slaan nie - jy moet dit deurluister! Ek weet nie wie, behalwe
mense wat hulpeloos in traksie lê, of ander in aftreeoorde, hierin sal
belangstel nie. Sorrie Norbert - ek weet julle't pas begin luister...

Dis hoekom ek half skepties kyk na Rapport se hele veldtog teen die
voorgestelde vernuwingsproses van die stasie. Bring meer musiek, sê ek.

"Stone" skryf in boodskap news:ba5691$qgq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek het nie eintlik 'n probleem met RSG nie, dis net dat ek net oppad werk
> toe en terug radio luister en dis omtrent net een uur die heel dag, dan wil
> ek darem meer musiek hoor as praat. Die namiddag huistoe was daar darem 'n
> paar songs, maar in die oggend omtrent niks.
>
> "Annette" wrote in message ..
>> Nou wat is jou probleem met RSG? Jy het seker per ongeluk Maandagaand
>> geluister;))
>> Annette
>>
>>
>> "Stone" wrote in message
>>> Met Kalahari se afslag wil ek nou vir my so veel as moontlik CDs op
een
>> slag
>>> koop. Ek het nou al 'n heel paar op my lys, maar nou wil ek 'n klomp van
>>> afrikaanse kunstenaars ook bygooi. (Sien hoofrede onderaan).
>>>
>>> Nou wil ek graag hê elkeen moet reply met ten minste een naam van wat hy
>>> dink die beste afrikaanse CD is, redes is nie nodig nie, net die CD se
>>> naam/sanger.
>>>
>>> En ek sal ook graag wil weet wat Mathys Roets se nuwe CD se naam is (Is
>>> onlangs baie geadverteer, hy sing o.a. "Kom drink 'n koppie koffie" in
> die
>>> advertensie).
>>>
>>> Byvoorbaat dankie vir al die replies:-)
>>>
>>> O ja, die hoofrede: Die afgelope tyd het die afrikaanse sangers begin
> kla
>>> oor radio stasies te min afrikaanse musiek speel (het begin op die
KKNK)
>> en
>>> ek het my nie eintlik veel daaraan gesteur nie en maar aanhou luister na
>>> Jakaranda. Toe het hulle nou die aand 'n insetsel op Pasela daaroor en
> toe
>>> ek die arrogansie van die mense in beheer van onder andere Jakaranda
> sien
>>> besluit ek net daar om maar eers RSG te luister totdat Jakaranda sy
>> houding
>>> verander. Maar nou het ek besef RSG is nie heeltemal vir my nie, so
nou
>> gaan
>>> ek maar 'n hoop CDs koop en eerder dit luister en so probeer om die
>>> afrikaanse musiek te ondersteun.
>>>
>>
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77924 is 'n antwoord op boodskap #77923] Ma, 19 Mei 2003 06:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Julle moet leer om selektief te luister;))
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:ba9tdg$341$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Einste my probleem met RSG. As jy daar inskakel is dit 'n perdeskou in Louis
> Trichardt of die konfyttekort in Reddersburg. Of inbellers met 'n opinie oor
> dit of dat. Dan het jy nie eers die voorreg, soos op hierdie nuusgroep, om
> dit net oor te slaan nie - jy moet dit deurluister! Ek weet nie wie, behalwe
> mense wat hulpeloos in traksie lê, of ander in aftreeoorde, hierin sal
> belangstel nie. Sorrie Norbert - ek weet julle't pas begin luister...
>
> Dis hoekom ek half skepties kyk na Rapport se hele veldtog teen die
> voorgestelde vernuwingsproses van die stasie. Bring meer musiek, sê ek.
>
> "Stone" wrote in message
> news:ba5691$qgq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek het nie eintlik 'n probleem met RSG nie, dis net dat ek net oppad werk
>> toe en terug radio luister en dis omtrent net een uur die heel dag, dan
> wil
>> ek darem meer musiek hoor as praat. Die namiddag huistoe was daar darem 'n
>> paar songs, maar in die oggend omtrent niks.
>>
>> "Annette" wrote in message ..
>>> Nou wat is jou probleem met RSG? Jy het seker per ongeluk Maandagaand
>>> geluister;))
>>> Annette
>>>
>>>
>>> "Stone" wrote in message
>>>> Met Kalahari se afslag wil ek nou vir my so veel as moontlik CDs op
> een
>>> slag
>>>> koop. Ek het nou al 'n heel paar op my lys, maar nou wil ek 'n klomp
> van
>>>> afrikaanse kunstenaars ook bygooi. (Sien hoofrede onderaan).
>>>>
>>>> Nou wil ek graag hê elkeen moet reply met ten minste een naam van
wat
> hy
>>>> dink die beste afrikaanse CD is, redes is nie nodig nie, net die CD se
>>>> naam/sanger.
>>>>
>>>> En ek sal ook graag wil weet wat Mathys Roets se nuwe CD se naam is
> (Is
>>>> onlangs baie geadverteer, hy sing o.a. "Kom drink 'n koppie koffie"
in
>> die
>>>> advertensie).
>>>>
>>>> Byvoorbaat dankie vir al die replies:-)
>>>>
>>>> O ja, die hoofrede: Die afgelope tyd het die afrikaanse sangers
begin
>> kla
>>>> oor radio stasies te min afrikaanse musiek speel (het begin op die
> KKNK)
>>> en
>>>> ek het my nie eintlik veel daaraan gesteur nie en maar aanhou
luister
> na
>>>> Jakaranda. Toe het hulle nou die aand 'n insetsel op Pasela daaroor
en
>> toe
>>>> ek die arrogansie van die mense in beheer van onder andere Jakaranda
>> sien
>>>> besluit ek net daar om maar eers RSG te luister totdat Jakaranda sy
>>> houding
>>>> verander. Maar nou het ek besef RSG is nie heeltemal vir my nie, so
> nou
>>> gaan
>>>> ek maar 'n hoop CDs koop en eerder dit luister en so probeer om die
>>>> afrikaanse musiek te ondersteun.
>>>>
>>>
>>
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77929 is 'n antwoord op boodskap #77916] Ma, 19 Mei 2003 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tufka  is tans af-lyn  Tufka
Boodskappe: 31
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Volle Lid
Oja, Danie Niehuas het 'n fantastiese stem, maar sy laaste plaat was vir
my nie so goed nie. En hy is 'n great ou. Mens sal net nie so dink as
mens hom op Maak 'n Las sien nie!!

Elaine wrote:
> Steve Hofmeyr se nuwe Toeka is nie sleg nie. Coleske se "Coleske sings
> Simon & Garfunkel" is briljant. Hulle CD wat eenvoudig genaam "Coleske"
> heet is ook nie vrot nie. Nou nie Afrikaans nie, maar ek hou van Coleske.
> Watershed is ook 'n goeie kopie, as jy van Alternative Rock hou.
> Ek's nie mal oor Dozi nie, hy klink vir my te veel soos een van hierdie
> 80-jaar oue omies wat vir 'n boereorkes sing, maar my suster vrek oor die
> man, so as dit jou styl is sal jy dalk van hom ook hou. Ek hou natuurlik
> ook van Theuns Jordaan.
>
> Elaine
>
> "Stone" wrote:
>
>> Met Kalahari se afslag wil ek nou vir my so veel as moontlik CDs op een
>
> slag
>
>> koop. Ek het nou al 'n heel paar op my lys, maar nou wil ek 'n klomp van
>> afrikaanse kunstenaars ook bygooi. (Sien hoofrede onderaan).

>> Nou wil ek graag hê elkeen moet reply met ten minste een naam van wat hy
>> dink die beste afrikaanse CD is, redes is nie nodig nie, net die CD se
>> naam/sanger.
>
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77933 is 'n antwoord op boodskap #77908] Ma, 19 Mei 2003 10:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:31vfcvgjpev3imq7diamsdmfjnotpmnue9@4ax.com...
>>>

> Jou epos adres is nie reg nie, Lorinda.
> Ek het 698kb vir jou gestuur wat terug
> gekom het.
>
> Wat is jou adres?

Daar is twee: r...@tiscali.co.uk of lor...@freint.fsnet.co.uk .

Lorinda
Re: Beste Afrikaanse CDs?? [boodskap #77968 is 'n antwoord op boodskap #77923] Ma, 19 Mei 2003 18:12 Na vorige boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 19 May 2003 08:27:26 +0200, "Koot"
wrote:

> Einste my probleem met RSG. As jy daar inskakel is dit 'n perdeskou in Louis
> Trichardt of die konfyttekort in Reddersburg. Of inbellers met 'n opinie oor
> dit of dat. Dan het jy nie eers die voorreg, soos op hierdie nuusgroep, om
> dit net oor te slaan nie - jy moet dit deurluister! Ek weet nie wie, behalwe
> mense wat hulpeloos in traksie lê, of ander in aftreeoorde, hierin sal
> belangstel nie. Sorrie Norbert - ek weet julle't pas begin luister...
>
> Dis hoekom ek half skepties kyk na Rapport se hele veldtog teen die
> voorgestelde vernuwingsproses van die stasie. Bring meer musiek, sê ek.
>

Hier het Koot my volle ondersteuning. 100% daarvan.

> ulle moet leer om selektief te luister;))
> Anette

Presies daarom is Koot se seleksie 'n ander stasie
as RSG
Een van die chiefs daar, Sarel Myburgh, is 'n baie goeie kennis.
Ons was ons hele skoolloopbaan, vanaf graad een tot matriek,
in dieselfde skool. Daarvan was ons die hele laerskoolloopbaan
klasmaats.

DD
Vorige onderwerp: Ekke toets net....
Volgende onderwerp: " Ja Baas " deur WOPKO JENSMA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 01 17:02:28 MGT 2024