Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Om te oordeel....
Re: Om te oordeel.... [boodskap #7763] So, 08 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
augu...@icon.co.za says...

Ek moet vir jou bedank dat jy die tyd geneem het om
oor dinge te praat. Dit is hoe die "karma", soos Charl
Durand êrens anders sê, uitgewerk sal word.
Ek dink nie die hele wêreld sien meer op die Afrikaner
neer nie. Nie in my deel van die wêreld nie. Hulle praat met
groot admirasie en wonder van dit wat SA nou regkry - 'n
vreedsame oorgaan na 'n nuwe meer regverdige bedeling.
Ek het Charl Durand se praat oor die ruik van die goed
in sy soldate-sak so baie ontroerend gevind. Hy het my weer
so in die geheim laat huil vir daardie mooi Afrikanerseuns
wat op trokke vol munisie in die bos in Angola verdwaal het.
En toe het ek ook 'n traan gestort vir daardie swart seuns wat
in die bos geloop het en hulle bene verloor het aan die land-
myne wat daar geplant is. Ek dink jy moet Galjoen se siels-
krete sien as soortgelyk aan post-vietnam sindroom. Van daar-
die oorlog het soldate ook teruggekom, en is hulle nie ge-eer
en op die hande gedra nie, maar as soort van misdadigers ge-
sien. Baie van die VSA-seuns het geweier om te gaan en het
gevlug na Kanada toe, waar sommige nou nog bly. Galjoen
het Australië toe gevlug. Natuurlik ook 'n plek waar, net
soos in die VSA en Kanada, die witman se hande nie skoon
is nie.
Maar om vir jou dankie te sê dat jy eerlik en oop oor die
dinge met ons praat, pos ek nou, spesiaal vir jou, een van die
mooiste kersgedigte wat ek nog ooit gelees het. Dis oor drie
wyse manne en 'n babatjie en duine en moreblomme.

Gloudina Bouwer
Re: Om te oordeel.... [boodskap #7770 is 'n antwoord op boodskap #7763] Ma, 09 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jou arme drommel. Jy verstaan nog steeds niks nie. Daarom wil en wou jy en
jou duisende makkers nooit oor landsake praat nie. Jy (julle) het Julself
dom gehou en doen dit nog steeds. Net soos n ander volk op n keer skuil jy
onder die noemer van diegene "who did not know". Ek nes jy het in RSA
opgegeroei en geleef and I knew.
Ek kan jou alleen maar roep om wakker te word en nie verdedigend te wees
nie. Niemand val jou aan nie. Jy doen die aanval op n offer wat jy nog nie
kan bevat nie.
Dink jy dit is maklik om jou geliefde land te verlaat?
vriendelike groet
xfiles
Re: Om te oordeel.... [boodskap #7771 is 'n antwoord op boodskap #7763] Ma, 09 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 08 Dec 96 08:43:14 PDT, augu...@icon.co.za wrote:
>[/color]

Die volgende moet nou natuurlik gese word: Dit is hoekom so baie mense
nooit geweet het nie. Omdat hulle nie wou hoor en argumenteer en dink
en uitvind nie. Hulle wou maar hoor net van anties wat poep. En toe
kry hulle stories van anties wat poep. Terwyl mense agter deure
doodgemartel word.

Oor die "erger as regstellend aksie" : Sak Sarel.

En dan:
1. Die ANC regeer die land.
2. 80 persent van die mense in die land is nie wit nie.
3. As die top-poste in die staatsdiens deur wit Afrikaanse mans beklee
word, gaan dit mos nie 'n geloowaardige demokrasie wees nie.
4. Kan jy aan enige ander manier as regstellende aksie dink om die
balans te kry wat op die HEEL MINSTE boodnodig is om die ANC die
volgende verkiesing te laat wen en nie die PAC nie (waaronder jy
werklik die betekenis van die woord boete doen sal agterkom)?
5. Het jy nie dalk jou job te danke aan regstellende aksie nie? Wat
was die kanse dat jy die job sou het wat jy het as jy swart en 'n
muslim gebore was?
Re: Om te oordeel.... [boodskap #7814 is 'n antwoord op boodskap #7763] Vr, 13 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Dec 1996 07:42:43 GMT, "Charl Durand"
Vorige onderwerp: 'n Visie van 'n Afrikaner-filosoof.
Volgende onderwerp: Eentonigheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 13:32:29 MGT 2024