Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: Twee Gedigte....(Afrikaners trek binneland toe)
Re: Twee Gedigte....(Afrikaners trek binneland toe) [boodskap #7752] Vr, 06 Desember 1996 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het in 'n vorige brief geskryf dat ek, toe ek die land uit is,
ek eers probeer het om Suidwes toe te "emigreer",
maar ongelukkig kon ek nie daar werk kry nie.
(Suidwes/Namibië is vir my baie mooi).

Ek lees die volgende mooi stukkie in INSIG, Okt 96 deur PJ Haasbroek:
Hy vertel van "Groot Johan van Haggada-faam (?):

"Ons het oor die donker op die horison gepraat en toe sê hy
dat as die moeilikheid eendag die Afrikaner in SA oorval,
ons net moet noordwaarts trek, die kontinent in.
Willem van Rooyen was besonder ingenome met die gedagte.
Hy het dit 'n filosofiese insig genoem.
Veiligheid vind jy, het hy gesê,
as jy in die hart van die donker kan loop skuil"

Toevallig lees ek 'n dag daarna dat Mosambiek iets soos 200
Suid Afrikaanse boere verwelkom, wat daarnatoe is om weer
die landbou op die been te bring.
Ook dink ek, het ek iewers gelees van boere wat nou weer
Angola toe is. Nou Ja !!!! Hoe ry die boere !!!

Terloops, wie van julle het die pragtige storie van Riaan Malan
gelees in De Kat, 'n jaar gelede, oor die ou vergete Afrikaner vrou
iewers noord in Afrika waar sy stokalleen tussen die swartes bly?

Van elektroniese kontakdoos to kontakdoos,
Vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Vorige onderwerp: Re: Twee gedigte uit die Apartheidsjare.
Volgende onderwerp: 'n Kersfeesgedig deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 16:29:09 MGT 2024