Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: 'n Held - Herold Sefola, Vlakplaas moordenaars
Re: 'n Held - Herold Sefola, Vlakplaas moordenaars [boodskap #7718] Di, 26 November 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Koos:
Ek het die storie oor Harold Sefola wat deur die vuiligheidspolisie
van Vlakplaas-faam doodgemartel is gelees.

Dit is 'n gruwelike, afgryslike storie, dat mense sulke dinge
aan ander mense kan doen. Dit is ook 'n storie van 'n ware held,
van mense wat in beginsels bly glo het en hul lewe daarvoor
opgeoffer het. Ek is bly hierdie stories kom nou uit.
Ek hoop hierdie man en ander kry 'n monument, en ek wens
iemand wil 'n gedig oor hulle skryf.

Maar anders as baie ander, glo ek dat mense wat sulke wreedaardige
dade gepleeg het, die geregtigheid moet kry wat hul verdien,
naamlik die doodstraf. Ek het hoegenaamd nie simpatie met
"mense" wat so laag daal (benede die vlak van enige dier)
dat hulle sulke goed doen nie. En hoeveel swartes is nie
doodgemartel en vermoor in die Apartheidsera nie ?
Geregtigheid moet geskied, vir almal om te sien.

Vriendelike groete.
Re: 'n Held - Herold Sefola, Vlakplaas moordenaars [boodskap #7719 is 'n antwoord op boodskap #7718] Di, 26 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 26 Nov 1996 07:06:07 GMT, gal...@ibm.net wrote:

naamlik die doodstraf. >>>[/color]

Dis waar Joe Slovo se nalatenskap inkom - die Waarheidskommissie (JS
se idee).
Joe Slovo het besef dat SA baie soos Chili is.

Naamlik dat jy 'n veiligheidsopset van die "ou regime" het wat
wreedhede gepleeg het, maar wat in die land gaan bly.

In fact - as 'n eenheid (en moenie vergeet nie dat as jy die army as
'n geheel target of selfs as jy dit onder druk plaas dat hullie nie
weet wie volgende waarvoor gehaal gaan word nie) kan hulle die oorgang
geweldadig maak of selfs omverwerp as hulle organiseer en optree.

In elk geval, jy het hulle as 'n eenheid vir lank nodig om orde te
handhaaf en 'n nuwe bedeling te "police".

Maar aan die ander kant is daar die slagoffers wat nie gaan en behoort
te aanvaar nie dat alles net toegesmeer word.

Daarom 'n middelweg - die Waarheidskommissie (wat Chili glo ook gehad
het) waar die oortreders moet vertel presies "what went down" en as
wat hulle gedoen het nie die grense van aanvaarbaarheid oorsteek nie,
kry hulle kwytskelding.

Hulle verkry dus rehabilitasie terwyl die familie van die slagoffers
iets in die lyn van die waarheid kry wat gebeur het. In elk geval
genoeg om 'n prentjie te maak van wat gebeur het hoekom en in wie se
opdrag.

Dis nie die perfekte oplossing nie maar die een wat die naaste aan
geregtigheid kom sonder dat alles wat gewen is weer verloor word in
die spiraal wat aan die gan gesit sal word deur vergelding ten alle
koste.
Re: 'n Held - Herold Sefola, Vlakplaas moordenaars [boodskap #7737 is 'n antwoord op boodskap #7718] Ma, 02 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het geskryf (oor die Vlakplaas moordenaars:

>> Maar anders as baie ander, glo ek dat mense wat sulke wreedaardige
>> dade gepleeg het, die geregtigheid moet kry wat hul verdien,
>> naamlik die doodstraf. >>>

Toe skryf Koos:

> Dis waar Joe Slovo se nalatenskap inkom - die Waarheidskommissie (JS
> se idee).
> Joe Slovo het besef dat SA baie soos Chili is.
>
> Naamlik dat jy 'n veiligheidsopset van die "ou regime" het wat
> wreedhede gepleeg het, maar wat in die land gaan bly.
>
> In fact - as 'n eenheid (en moenie vergeet nie dat as jy die army as
> 'n geheel target of selfs as jy dit onder druk plaas dat hullie nie
> weet wie volgende waarvoor gehaal gaan word nie) kan hulle die oorgang
> geweldadig maak of selfs omverwerp as hulle organiseer en optree.
>
> In elk geval, jy het hulle as 'n eenheid vir lank nodig om orde te
> handhaaf en 'n nuwe bedeling te "police".
>
> Maar aan die ander kant is daar die slagoffers wat nie gaan en behoort
> te aanvaar nie dat alles net toegesmeer word.
>
> Daarom 'n middelweg - die Waarheidskommissie (wat Chili glo ook gehad
> het) waar die oortreders moet vertel presies "what went down" en as
> wat hulle gedoen het nie die grense van aanvaarbaarheid oorsteek nie,
> kry hulle kwytskelding.
>
> Hulle verkry dus rehabilitasie terwyl die familie van die slagoffers
> iets in die lyn van die waarheid kry wat gebeur het. In elk geval
> genoeg om 'n prentjie te maak van wat gebeur het hoekom en in wie se
> opdrag.
>
> Dis nie die perfekte oplossing nie maar die een wat die naaste aan
> geregtigheid kom sonder dat alles wat gewen is weer verloor word in
> die spiraal wat aan die gan gesit sal word deur vergelding ten alle
> koste.
>

Dit is waar Koos, ek stem saam dat dit die goue middeweg is,
en mens moet in hierdie donker dae maar pragmaties wees en die beste
ding doen, want polities is daar baie meer op die spel as 'n paar
moordenaars. Dis net dat ek partykeer blind raak van woede oor die
onreg wat gepleeg is, en dan word geregtigheid vir my 'n beginselsaak
en ek wil dit sien geskied.
(Sien ook my brief: DIE SONDE VAN DIE VADERS....)

Ek het nie geweet dat die Waarheidskomissie Joe Slovo se idee was nie,
dis 'n uitstekende idee, ten spyte daarvan dat dit so gekritiseer word
van alle kante. Joe Slovo was 'n Reus !

Vriendelike groete.
Vorige onderwerp: Die weelde van die vroeg-winter.
Volgende onderwerp: Biltong, Boerwors, Melktart, Sunny Skies and Chevrolet.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 14:02:01 MGT 2024