Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kaasfees by Bien Donne
Kaasfees by Bien Donne [boodskap #76942] Wo, 30 April 2003 06:46 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Het dit verlede Saterdag bygebring.
Buite die tent het Renault 'n uitstalling gehad van hul motors. Tussen die
nuwes was daar een ouetjie met vensters wat opskuif, sodat die onderste
helfte van die venstergat oop is - g'n wonder mens sien die karretjies nie
in parkeerareas nie, want die bestuurder sal sy/haar arm breek om die
kaartjie in die masjientjie te sit:))
Verder buitekant was daar stalle waar beeste. boerbokke, en melkskape ten
toon gestel is. Tog te oulik.
Dan was daar ook 'n groot op kol waar mens kon sit en eet en luister na
musiek.
Binne in die tent was daar 98 stalletjies, meestal met kaas, maar ook 'n
paar stalletjies met wyn, olywe, olyfolie, druiwepitolie, nougat, kouskous,
brood, soutprodukte en gepiekelde eiervrug.
Mens het jou behoorlik dors geproe aan al die kase.
By een stalletjie kon mens die vars, 3 mnde, 6mnde, 9mnde en beleë kaas proe
namekaar. Ek hou die meeste van die 9mnde cheddar:))
Daar was natuurlik die heerlikste en die slegste kase te proe. Sommiges en
plein sleg gelyk, maar tog heerlik gesmaak.

Annette
.
Re: Kaasfees by Bien Donne [boodskap #76969 is 'n antwoord op boodskap #76942] Wo, 30 April 2003 21:09 Na vorige boodskap
pete[3]  is tans af-lyn  pete[3]
Boodskappe: 11
Geregistreer: Januarie 2003
Karma: 0
Junior Lid
Asseblief, moenie oor die goed skryf nie. My sleutelbord is vol gekwyl!
Vorige onderwerp: Opsoek na n enkel meisie.
Volgende onderwerp: Re: Groot Busongeluk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 11:40:15 MGT 2024