Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Erfenisdagfeesvierings
Erfenisdagfeesvierings [boodskap #76938] Wo, 30 April 2003 05:08
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dinge begin te gebeur.
Hier in die Kaap op Athlone se stadion het 'n Kaapse Klopse groep 'n nuwe
liedjie gesing en vir Pietertjie Marais lelik uitgetrap oor sy
raasbekpolitiek. Dit het groot byval gevind by die skare
Op Orkney, waar die Prez een van die sprekers was, was die orkes wat laaste
opgetree het net voor die toesprake 'n boereorkes, Die vyf lede van die
orkes op die verhoog was meer as al die ander wittes saam in die gehoor. Die
eerste twee tradisionele boeremusiekstukke was maar stywerig ontvang, maar
Meadowlands en die Kitaarboogie het dawerende applous en gejil uitgelok.

Annette
Vorige onderwerp: Rijksmuseum is toegemaak.
Volgende onderwerp: Chinese probleem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 00:03:59 MGT 2024