Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Moontlikhede!
Moontlikhede! [boodskap #76841] Ma, 28 April 2003 08:18 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek ploeg nou met 'n ander se kalwer, maar ek lees van 'n ou wat vra of hy
die owerhede verantwoordelik kan aankla vir skade vir gate in die pad waarin
hy sy kar se duur magnesium wiel in afgeskryf het? Hy sê hy, as motoris,
betaal genoeg belasting op petrol waarvan 'n deel geoormerk is vir paaie se
onderhoud en die bou daarvan. Nou sê hy as hy vir iets betaal, kan hy
sekerlik 'n goeie diens verwag? Dit werk mos in 'n winkel so? As jy iets
koop en dis van minderwarige gehalte, of die diens is van minderwarige
gehalte, kan jy altyd 'n plan maak, maar die owerhede en plaaslike owerhede
vaar voort op 'n rustige see sonder enige aanspreekbaarheid!
Die moontlikhede is legio. Byvoorbeeld, as jou besigheid vir twee dae
sonder krag moet klaarkom weens 'n substasie wat herstel moet word vir die
een of ander rede, sekerlik is dit regverdig om twee dae se basiese heffing
af te trek van jou maandelikse rekening? Jy het mos vir twee dae nie diens
gehad nie? Probeer dit egter met jou plaaslike owerheid en jy het drama!
Re: Moontlikhede! [boodskap #76875 is 'n antwoord op boodskap #76841] Di, 29 April 2003 09:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
In 'n munisipale gebied is so ' eis moontlik - mits bewys kan word dat die
owerhede genoegsame tyd gehad het om daarvan kennis te neem, en om dit te
herstel, of te versper.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3eace3eb.0@news1.mweb.co.za...
> Ek ploeg nou met 'n ander se kalwer, maar ek lees van 'n ou wat vra of hy
> die owerhede verantwoordelik kan aankla vir skade vir gate in die pad waarin
> hy sy kar se duur magnesium wiel in afgeskryf het? Hy sê hy, as motoris,
> betaal genoeg belasting op petrol waarvan 'n deel geoormerk is vir paaie se
> onderhoud en die bou daarvan. Nou sê hy as hy vir iets betaal, kan hy
> sekerlik 'n goeie diens verwag? Dit werk mos in 'n winkel so? As jy iets
> koop en dis van minderwarige gehalte, of die diens is van minderwarige
> gehalte, kan jy altyd 'n plan maak, maar die owerhede en plaaslike owerhede
> vaar voort op 'n rustige see sonder enige aanspreekbaarheid!
> Die moontlikhede is legio. Byvoorbeeld, as jou besigheid vir twee dae
> sonder krag moet klaarkom weens 'n substasie wat herstel moet word vir die
> een of ander rede, sekerlik is dit regverdig om twee dae se basiese heffing
> af te trek van jou maandelikse rekening? Jy het mos vir twee dae nie diens
> gehad nie? Probeer dit egter met jou plaaslike owerheid en jy het drama!
>

Re: Moontlikhede! [boodskap #76884 is 'n antwoord op boodskap #76875] Di, 29 April 2003 11:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink ook so, maar vir 'n relatiewe klein eis gaan jy een prokureur moerse
gelukkig maak.....juis daarom kom die klomp amptenare met moord weg.
Betaal jy nou die poskantoor net 'n paar dae laat en hulle sny jou rekening
af, maar verkoop jy materiale aan die poskantoor is jy gelukkig as jy die
geld in minder as 90 dae kry!

"Jonas" skryf in boodskap news:b8lggp$93h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> In 'n munisipale gebied is so ' eis moontlik - mits bewys kan word dat die
> owerhede genoegsame tyd gehad het om daarvan kennis te neem, en om dit te
> herstel, of te versper.
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3eace3eb.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek ploeg nou met 'n ander se kalwer, maar ek lees van 'n ou wat vra of hy
>> die owerhede verantwoordelik kan aankla vir skade vir gate in die pad waarin
>> hy sy kar se duur magnesium wiel in afgeskryf het? Hy sê hy, as motoris,
>> betaal genoeg belasting op petrol waarvan 'n deel geoormerk is vir paaie se
>> onderhoud en die bou daarvan. Nou sê hy as hy vir iets betaal, kan hy
>> sekerlik 'n goeie diens verwag? Dit werk mos in 'n winkel so? As jy iets
>> koop en dis van minderwarige gehalte, of die diens is van minderwarige
>> gehalte, kan jy altyd 'n plan maak, maar die owerhede en plaaslike owerhede
>> vaar voort op 'n rustige see sonder enige aanspreekbaarheid!
>> Die moontlikhede is legio. Byvoorbeeld, as jou besigheid vir twee dae
>> sonder krag moet klaarkom weens 'n substasie wat herstel moet word vir die
>> een of ander rede, sekerlik is dit regverdig om twee dae se basiese heffing
>> af te trek van jou maandelikse rekening? Jy het mos vir twee dae nie diens
>> gehad nie? Probeer dit egter met jou plaaslike owerheid en jy het drama!
>>
>
Re: Moontlikhede! [boodskap #76894 is 'n antwoord op boodskap #76884] Di, 29 April 2003 12:47 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek is onder die indruk dat jy nie 'n prokureur nodig het om 'n eis aanhangig
te maak nie - bloot wanneer die eis betwis word.
'n Be�digde verklaring en ongeluksrapportering by die polisie (saaknommer)
en jy dien 'n eis in teen die munisipaliteit.
Daar behoort 'n eiseafdeling binne die munisipaliteit te wees wat die goed
prosesseer - onder normale omstandighede.

"Suidwester" skryf in boodskap news:3eae5ffa.0@news1.mweb.co.za...
> Ek dink ook so, maar vir 'n relatiewe klein eis gaan jy een prokureur moerse
> gelukkig maak.....juis daarom kom die klomp amptenare met moord weg.
> Betaal jy nou die poskantoor net 'n paar dae laat en hulle sny jou rekening
> af, maar verkoop jy materiale aan die poskantoor is jy gelukkig as jy die
> geld in minder as 90 dae kry!
> "Jonas" wrote in message
> news:b8lggp$93h$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> In 'n munisipale gebied is so ' eis moontlik - mits bewys kan word dat die
>> owerhede genoegsame tyd gehad het om daarvan kennis te neem, en om dit te
>> herstel, of te versper.
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3eace3eb.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ek ploeg nou met 'n ander se kalwer, maar ek lees van 'n ou wat vra of hy
>>> die owerhede verantwoordelik kan aankla vir skade vir gate in die pad waarin
>>> hy sy kar se duur magnesium wiel in afgeskryf het? Hy sê hy, as motoris,
>>> betaal genoeg belasting op petrol waarvan 'n deel geoormerk is vir paaie se
>>> onderhoud en die bou daarvan. Nou sê hy as hy vir iets betaal, kan hy
>>> sekerlik 'n goeie diens verwag? Dit werk mos in 'n winkel so? As jy iets
>>> koop en dis van minderwarige gehalte, of die diens is van minderwarige
>>> gehalte, kan jy altyd 'n plan maak, maar die owerhede en plaaslike owerhede
>>> vaar voort op 'n rustige see sonder enige aanspreekbaarheid!
>>> Die moontlikhede is legio. Byvoorbeeld, as jou besigheid vir twee dae
>>> sonder krag moet klaarkom weens 'n substasie wat herstel moet word vir die
>>> een of ander rede, sekerlik is dit regverdig om twee dae se basiese heffing
>>> af te trek van jou maandelikse rekening? Jy het mos vir twee dae nie diens
>>> gehad nie? Probeer dit egter met jou plaaslike owerheid en jy het drama!
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Kaartlisensies
Volgende onderwerp: Rijksmuseum is toegemaak.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 23:48:07 MGT 2024