Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die familie
Die familie [boodskap #76736] Sa, 26 April 2003 13:55 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vandag kom die familie bymekaar vir ons maandelikse "saamtrek". Hierdie
maand by my huis :-)) Ek het besluit op 'n "fondue". Wanneer laas het een
van julle "gefondue". Ek bedoel regte fondue met die olie potjie, waarin jy
dan nou hoender, beef blokkies, sampioene en spek om viennas braai. Ek
wonder hoeveel mense "volg" nog die hengse 80's (of is dit 70's) graze? Ag
nou ja, wens my maar sterkte toe. Dis weer baie werk, maar ek weet ek gaan
dit geniet. My man vergelyk my familie met die van die fliek "My big fat
greek wedding". Hy sê ons is presies dieselfde, net op 'n kleiner skaal.
Ek het immers net 13 neefs en niggies en nie 27 soos die vrou in die fliek
nie. Ook maar 'n hegte familietjie, en ek ruil hulle vir niks :-))

Groete
Elaine
Re: Die familie [boodskap #76737 is 'n antwoord op boodskap #76736] Sa, 26 April 2003 14:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Veldmuis  is tans af-lyn  Veldmuis
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 26 Apr 2003 15:55:52 +0200, "Elaine" wrote:

> Vandag kom die familie bymekaar vir ons maandelikse "saamtrek".

> Ook maar 'n hegte familietjie, en ek ruil hulle vir niks :-))
>
> Groete
> Elaine
>

Hoe moet ons nou voel?
Is ons nie ook een familie
op die nuusgroep nie? Met
tipiese familietwiste en tipiese
potjiebelustighede?

En dan praat jy van jou man,
maar net hier bo wou jy my in 'n
troue inpraat!
Re: Die familie [boodskap #76739 is 'n antwoord op boodskap #76736] Sa, 26 April 2003 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

beef blokkies
70's graze
> nou ja, wens my maar sterkte toe

Verskoon my vraag, maar bedoel jy met
beef blokkies dat dit van jellie gemaak
is? (Noord-Amerikaans="jello." "Jelly"
is hier konfyt.) En hoe het ek dit met die
"70's graze"? Jy sal ook in Engels moet
leer spel as jy 'n kursus in Engels by
UNISA gaan loop.

Tant Hessie van die Derde Republiek
se taalkomitee.
Re: Die familie [boodskap #76740 is 'n antwoord op boodskap #76739] Sa, 26 April 2003 15:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 Apr 2003 15:33:20 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Elaine wrote:
>
>
> beef blokkies
> 70's graze
>> nou ja, wens my maar sterkte toe
>
>
> Verskoon my vraag, maar bedoel jy met
> beef blokkies dat dit van jellie gemaak
> is? (Noord-Amerikaans="jello." "Jelly"
> is hier konfyt.) En hoe het ek dit met die
> "70's graze"? Jy sal ook in Engels moet
> leer spel as jy 'n kursus in Engels by
> UNISA gaan loop.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se taalkomitee.
>
>> nou ja, wens my maar sterkte toe
>> nou ja, wens my maar sterkte toe
>> nou ja, wens my maar sterkte toe
>> nou ja, wens my maar sterkte toe
>> nou ja, wens my maar sterkte toe
>> nou ja, wens my maar sterkte toe
>> nou ja, wens my maar sterkte toe

Ja'a, ek wens jou sterkte toe... hope daarvan
Re: Die familie [boodskap #76744 is 'n antwoord op boodskap #76736] Sa, 26 April 2003 15:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet van fondue, en ek het nie die vaagste benul van die baie werk wat jy
van praat nie. Die vleis en groente o0psny en in bakkies sit is werk? Of die
dips maak?
Die groot sports met fondue eet is om die ander se kos van hul vurkies af te
steel as hulle nie kyk nie - die teleurstelling op die gesig as 'n kaal
vurkie uit die olie gehaal word is nogal kostelik.

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3eaa8ff9.0@news1.mweb.co.za...
> Vandag kom die familie bymekaar vir ons maandelikse "saamtrek". Hierdie
> maand by my huis :-)) Ek het besluit op 'n "fondue". Wanneer laas het een
> van julle "gefondue". Ek bedoel regte fondue met die olie potjie, waarin jy
> dan nou hoender, beef blokkies, sampioene en spek om viennas braai. Ek
> wonder hoeveel mense "volg" nog die hengse 80's (of is dit 70's) graze? Ag
> nou ja, wens my maar sterkte toe. Dis weer baie werk, maar ek weet ek gaan
> dit geniet. My man vergelyk my familie met die van die fliek "My big fat
> greek wedding". Hy sê ons is presies dieselfde, net op 'n kleiner skaal.
> Ek het immers net 13 neefs en niggies en nie 27 soos die vrou in die fliek
> nie. Ook maar 'n hegte familietjie, en ek ruil hulle vir niks :-))
>
> Groete
> Elaine
>
Re: Die familie [boodskap #76762 is 'n antwoord op boodskap #76737] Sa, 26 April 2003 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
hehehehehhe, natuuurlik is julle familie. Kom hier dat Elaine jou 'n
soentjie gee :-))

E

"Veldmuis" wrote:
> Hoe moet ons nou voel?
> Is ons nie ook een familie
> op die nuusgroep nie? Met
> tipiese familietwiste en tipiese
> potjiebelustighede?
>
> En dan praat jy van jou man,
> maar net hier bo wou jy my in 'n
> troue inpraat!
>
Re: Die familie [boodskap #76763 is 'n antwoord op boodskap #76739] Sa, 26 April 2003 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, dis craze, ekke was haastig. Nee, beef blokkis, soos in goulash. Seker
maar verkeer uitgedruk.

E

wrote:
>
> Verskoon my vraag, maar bedoel jy met
> beef blokkies dat dit van jellie gemaak
> is? (Noord-Amerikaans="jello." "Jelly"
> is hier konfyt.) En hoe het ek dit met die
> "70's graze"? Jy sal ook in Engels moet
> leer spel as jy 'n kursus in Engels by
> UNISA gaan loop.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
> se taalkomitee.
>
Re: Die familie [boodskap #76764 is 'n antwoord op boodskap #76740] Sa, 26 April 2003 20:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uhm

"Davie Davis" wrote:
>
> Ja'a, ek wens jou sterkte toe... hope daarvan
>
Re: Die familie [boodskap #76765 is 'n antwoord op boodskap #76744] Sa, 26 April 2003 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
My swaer is lief daarvoor om ons kossies van die vurkie af te haal. Ons
voeg natuurlik 'n twist by... as jou stokkie kaal uitkom moet jy 'n shooter
wegslaan. Ons het maar vandag verby gehou, die oues sou nie van daai idee
gehou het nie.

Moenie vergeet van die bygeregte nie, mense moet darem iets hê om aan te
knibbel terwyl hulle wag vir die kossies om gaar te word. Die skoonmaak na
die tyd (as daar so 20 mense was) is ook nie lekker nie. Maar dit was pret,
en ek's bly dis nou verby vir die volgende 2 maande. Volgende maand is my
kleinsus se beurt vir onthaal.

E

"Annette" skryf in boodskap news:b8ebc6$8ssrc$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek weet van fondue, en ek het nie die vaagste benul van die baie werk wat jy
> van praat nie. Die vleis en groente o0psny en in bakkies sit is werk? Of die
> dips maak?
> Die groot sports met fondue eet is om die ander se kos van hul vurkies af te
> steel as hulle nie kyk nie - die teleurstelling op die gesig as 'n kaal
> vurkie uit die olie gehaal word is nogal kostelik.
>
> Annette
Re: Die familie [boodskap #76767 is 'n antwoord op boodskap #76763] Sa, 26 April 2003 20:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
musketier  is tans af-lyn  musketier
Boodskappe: 3
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 26 Apr 2003 22:14:39 +0200, "Elaine" wrote:

> Ja, dis craze, ekke was haastig. Nee, beef blokkis, soos in goulash. Seker
> maar verkeer uitgedruk.
>
> E
>

Seker het jy dit maar verkeer uitgedruk:-)

DD
Re: Die familie [boodskap #76773 is 'n antwoord op boodskap #76767] So, 27 April 2003 00:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy't 'n ernstige identiteitskrisis skattebol! Nou's dit musketier?! Hoe
moet ekke byhou?

E

"musketier" wrote:
>
> Seker het jy dit maar verkeer uitgedruk:-)
>
> DD
>
Re: Die familie [boodskap #76785 is 'n antwoord op boodskap #76773] So, 27 April 2003 04:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Apr 2003 02:04:10 +0200, "Elaine" wrote:

> Jy't 'n ernstige identiteitskrisis skattebol! Nou's dit musketier?! Hoe
> moet ekke byhou?
>
> E
>
> "musketier" wrote:

>> Seker het jy dit maar verkeer uitgedruk:-)

>> DD


>
Seker het ek my maar verkeer uitgedruk Elaine,
Dit was in navolging van Tobie se grap waar hy
van die drie muisketiers gepraat het. (Was dus
veronderstel om 'muisketier' te wees)

Was dit jou manier om te sê dat ek my in
verkeerde geselsskap bevind?

TOBIEEEEEE!!!

DD
Re: Die familie [boodskap #76800 is 'n antwoord op boodskap #76785] So, 27 April 2003 07:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"DD"
---knip---
: TOBIEEEEEE!!!
---
op die oomblik kan ALMAL nie vir EEN wees nie,
verskoon my gou .................. ;-)
Re: Die familie [boodskap #76808 is 'n antwoord op boodskap #76800] So, 27 April 2003 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 27 Apr 2003 09:08:24 +0200, "Tobie" wrote:

> "DD"
> ---knip---
> : TOBIEEEEEE!!!
> ---
> op die oomblik kan ALMAL nie vir EEN wees nie,
> verskoon my gou .................. ;-)
>
>
>

Sissiieeee!!!!

Een
Re: Die familie [boodskap #76814 is 'n antwoord op boodskap #76785] So, 27 April 2003 13:56 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nie Tobie se grap gesien nie, so sal nie komentaar kan lewer nie.

E

"DD" wrote:

> Seker het ek my maar verkeer uitgedruk Elaine,
> Dit was in navolging van Tobie se grap waar hy
> van die drie muisketiers gepraat het. (Was dus
> veronderstel om 'muisketier' te wees)
>
> Was dit jou manier om te sê dat ek my in
> verkeerde geselsskap bevind?
>
> TOBIEEEEEE!!!
>
> DD
>
Vorige onderwerp: Afrikaaners, konserwatief of nie...
Volgende onderwerp: Dis sooooo negentigs.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 06:26:11 MGT 2024