Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaaners, konserwatief of nie...
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76534 is 'n antwoord op boodskap #76438] Di, 22 April 2003 19:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
k908495  is tans af-lyn  k908495
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Junior Lid
Halloo Sarel

Dankie vir jou inset.
Ons stem dus saam dat Suid Afrikaners konserwatief is.
Ons stem nie saam oor hoe dom my vrae is nie. :-)
Sal graag wil hoor hoekom jy dink ons kultuur van dié aard is.

Verder sou ek ook saamstem dat konserwatisme en onverdraagsaamheid twee
verskillende konsepte is. So, is onverdraagsaamheid die produk van
konserwatisme? Dalk beklemtoond met die self versekerdheid wat geloof na die
tafel bring? Miskien 'n bedreigde gevoel, 'n minderwaardigheids kompleks?
Wat dit ook al mag wees, dit sal ons net verder isoleer.

Vir my is daar ook 'n groter groep mense wat as onverdraagsaam omskryf kan
word buiten die groep wat 'n lawaai maak, en andere bliksem.
Onverdraagsaamheid is (in my opinie) 'n karakter eienskap wat homself kan
manifesteer in die afkeer van 'n "koek-en-tee" uitnodiging.

My punt is dit. Konserwatief, maar verdraagsaam, is steeds nie bereid om te
aanvaar en verstaan nie. Ons konserwatisme laat ons alleen en in die
donker.

Ek stem ook saam dat daar definatief ander kultuur groepe is wat meer
konserwatief (onverdraagsaam) is as die Afrikaner volk. En hoe maklik sou
dit nie wees om die deksel net daar op die kis te sit nie. Gooi maar toe
daai graf. Nee, is die doel nie om voorentoe te druk nie? Is ons kultuur
nie in die moeilikheid nie?

Groete
Manuel.

"Sarel S" skryf in boodskap news:4cc56c2b.0304211416.73900315@posting.google.com...
> "k908495" skryf in boodskap news:...
>
>
>
>> My stelling dat Afrikaners konserwatief voorkom, is gekoppel aan 'n hele
>> paar onderwerpe.
>
> > jare se isolasie), minder verdraagsaam is?
>>
> Ek dink die oorspronklike vraag is bietjie dom. Afrikaners is
> konserwatief. (Waar staan die meerderheid aangaande aborsie, die
> doodstraf, feminisme, restellende aksie, heuwelike oor die
> kleurgrens...) En uiters konserwatief as dit by seks kom. (oeps!)
> Probeer om 'n klas nie-Afrikaner hoërskool kinders te oortuig dat op
> 'n tyd die meeste Afrikaner kinders die skool as maagde verlaat het en
> hulle lag jou uit... Sê dieselfde ding vir 'n groep Afrikaners ouer as
> 25 en hulle gaan: "Ja, en?"
> Ek dink jou vraag is eerder 'n aantyging dat Afrikaners oor die
> algemeen minder verdraagsaam is. Hier moet 'n mens onderskei tussen
> konserwatisme, 'n morele of politiese lewensuitkyk, en
> onverdraagsaamheid, die geneigdheid om iemand te (wil) moer as hy/sy
> iets doen wat vir jou aanstootlik is. Laasgenoemde geneigdheid kon
> voor by 'n minderheid van mense, maar, ongelukkig, is dit hulle wat
> die grootste lawaai maak en dus die mees blywende indruk skep.
> Persoonlik dink ek nie dat daar meer onverdraagsame Afrikaners is as
> in ander volke nie, dit is net dat ons nog nie openbare
> onverdraagsaamheid omskep het in 'n sosiale taboe nie. Dit laat
> diegene met swak impulsbeheer toe om...wel... mense te moer wanneer
> hulle aanstoot neem.
>
> PS: Woestyngogatjie, die laaste keer wat ek twee ouens in die Mall
> hand aan hand sien loop het was die mees negatiewe kommentaar 'n
> geligde wenkbrou of 'n "kyk daar" knik van die kop.
>
> Sarel S Marais
> Ek HAAT daai blêrrie seemonster.
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76535 is 'n antwoord op boodskap #76534] Di, 22 April 2003 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"k908495" skryf in boodskap news:b84560$1al$1@sparta.btinternet.com...
> Halloo Sarel
>
> Dankie vir jou inset.
> Ons stem dus saam dat Suid Afrikaners konserwatief is.


Manuel,

Tydens die naweek, terwyl ek 'n antwoord op een van jou bydraes proeflees,
besluit ek om my antwoord eerder te skrap en te sien waarheen jy met hierdie
gesprek op pad is.

Jy sien Manuel, ek was in die proses om jou te vra hoe dit vir die nuusgroep
moontlik sou wees om te bepaal of die Afrikaner 'kultuur' konserwatief is
('n term wat ek terloops definieer as 'n weerstand teen verandering). Ek vra
verder wat ons met hierdie nuwe kennis sou maak wanneer die nuusgroep wel
tot 'n slotsom sou kom. Sou ons bevind dat so 'n konserwatisme 'n slegte
ding is? Sou ons bevind dat ons iets omtrend dit moet doen? Ek het verder
gegaan deur jou aandag daarop te vestig dat daar nie 'n logiese sprong
bestaan tussen dit wat ons sintuiglik ervaar en enige waarde voorskrywing
nie.

Neem die volgende as 'n voorbeeld: Ons samel empiriese gegewens in. Ja die
Afrikaner is konserwatief... ek het 'n internasionaal aanvaarbare stel
toetse vir konserwatisme geneem en presies 50% en een Afrikaners wat die
toets afgele het, is klinies konserwatief. En dit is goed so. Nou kan jy 'n
boek gaan skryf hieroor en miskien 'n Nobelprys verwerf. Maar die oomblik
wat jy as gevolg van die empiriese gegewens enige waarde voorskrywing wil
maak, dan begaan jy 'n fout in logiese denke. Jy sien, waarde toeskrywing
hoort in die normatiewe domein en hierdie domein word onderskei van die
empiriese domein. Daar bestaan nie 'n interafhanklikheid tussen die domeine
nie.

Ek merk toe op dat dit belangrik is, want deur hierdie logika wet te
ignoreer, sou hierdie gesprek slegs 'n 'hoogs-voorspelbare' stukkie
Petrochelli raak - jy onthou mos vir hom ne... Indien nie, in Amerikaanse
prokereursdrama - laaaaannnnk voor Ally McBeal.

Maar, soos ek gese het, gee ek jou toe die voordeel.

En wat maak jy? Petrochelli slaan toe in die laaste vyf minute van die
episode en verbyster die jurie met kwantumspronge in logika. Skakel gerus
more-aand weer in vir nog 'n spannende episode...

Nou ja toe... daar gelaat. Jy kan nou rus in die wete dat jy
hoogs-voorspelbaar is.

Q
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76549 is 'n antwoord op boodskap #76391] Wo, 23 April 2003 01:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

k908495 wrote:

> Ek aanvaar jou opinie oor homoseksualiteit, maar sal graag jou insette wil
> hoor rondom die vraag of ons as Afrikaners, oor-groods konserwatief is, en
> indien so, hoekom?
> Manuel.

du plessis, hoekom is die ou breintjie
so vol van die gay-onderwerp deesdae.
Begin jy wonder....?

Penkop met wit sokkies aan
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76551 is 'n antwoord op boodskap #76397] Wo, 23 April 2003 01:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

en dus
> dink ek dat ons hier met 'n trol te doen het wat net wil skoorsoek op 'n
> plek waar hy weet hy dit heelwaarskynlik sal kry.

Ja, en as hy nie "interessant" reg kan
spel nie, dan moet jy weet wie se
forensiese spoortjies mens weer mee te
doene kry.

Penkop wat spoorsny
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76584 is 'n antwoord op boodskap #76535] Wo, 23 April 2003 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
k908495  is tans af-lyn  k908495
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Junior Lid
Halloo Q

Snaaks dat jy nou agterkom wat my siening is.
Ek het dit dan in my openings brief redelik duidelik gestel.
"As ek my Afrikaner kultuur vergelyk met so baie van die ander kulture wat
deel van my lewe vorm, blyk ons regtig partykeer vol stront en oningelig.
My vraag is dit. Hoekom is die Afrikaaner kultuur steeds to konserwatief,
of het ek die kat aan die gat beet?"

My rede tot kommer is my indruk dat Afrikaners se konswerwatisme hul van die
res (Veral Nuwe SA) sal vervreemd. My doel was om julle reaksie daarop te
sien, en my eie aan te pas indien nodig. Is dit nie hoekom ons opinies deel
nie? Ek se wat ek dink, en wag met opregte belangstelling op wat spesifiek
jy te se het.

Sarel het die Afrikaner konserwatisme probeer regverdig deur dit met andere
s'n te vergelyk. Die resultaat, onverdraagsaamheid, was 'n probleem wat
volgens hom deur 'n klein groepie verspieel word. My doel was te beklemtoon
hoe konserwatisme ons kultuur negatief beinvloed. (Deur meer as net die
lawaai makers en bliksem-billie's) Ek weet dit is gebasseerd op my eie
lewenservaringe. Om welke rede gooi ek my opinie op die tafel en luister na
wat gese word. Tussen al die beledigings is daar wel goeie punte.

Dit sou mos veel makliker wees om in my eie wereld te bly en die res van die
Afrikaners as 'n klom verkrampte drole te brandmerk.

Dit mag dalk 'n goeie idee wees om te noem dat ek ook oortuig is daarvan dat
'n element van konserwatisme essensieel is in enige samelewing.
Het jy aangeneem is heeltemal gekant teen konserwatisme?

Dink jy die Afrikaner is konserwatief?
Indien so, hoekom?
Dink jy Afrikaans is in die knyp?
Wat is ons rol in die nuwe SA?

Vir iemand wat hoogs voorspelbaar is word ek darem baie gemisinterpreteer.
Hou op dink ek val jou aan, Q. Ek is ook 'n Afrikaner. (Al sou sommiges nie
met my saamstem.)

Groete
Manuel.

NS: Verskoon my tog, HAT auditeure.

"Q" skryf in boodskap news:b84dm0$imb$1@titan.btinternet.com...
>
> "k908495" wrote in message
> news:b84560$1al$1@sparta.btinternet.com...
>> Halloo Sarel
>>
>> Dankie vir jou inset.
>> Ons stem dus saam dat Suid Afrikaners konserwatief is.
>
>
> Manuel,
>
> Tydens die naweek, terwyl ek 'n antwoord op een van jou bydraes proeflees,
> besluit ek om my antwoord eerder te skrap en te sien waarheen jy met hierdie
> gesprek op pad is.
>
> Jy sien Manuel, ek was in die proses om jou te vra hoe dit vir die nuusgroep
> moontlik sou wees om te bepaal of die Afrikaner 'kultuur' konserwatief is
> ('n term wat ek terloops definieer as 'n weerstand teen verandering). Ek vra
> verder wat ons met hierdie nuwe kennis sou maak wanneer die nuusgroep wel
> tot 'n slotsom sou kom. Sou ons bevind dat so 'n konserwatisme 'n slegte
> ding is? Sou ons bevind dat ons iets omtrend dit moet doen? Ek het verder
> gegaan deur jou aandag daarop te vestig dat daar nie 'n logiese sprong
> bestaan tussen dit wat ons sintuiglik ervaar en enige waarde voorskrywing
> nie.
>
> Neem die volgende as 'n voorbeeld: Ons samel empiriese gegewens in. Ja die
> Afrikaner is konserwatief... ek het 'n internasionaal aanvaarbare stel
> toetse vir konserwatisme geneem en presies 50% en een Afrikaners wat die
> toets afgele het, is klinies konserwatief. En dit is goed so. Nou kan jy 'n
> boek gaan skryf hieroor en miskien 'n Nobelprys verwerf. Maar die oomblik
> wat jy as gevolg van die empiriese gegewens enige waarde voorskrywing wil
> maak, dan begaan jy 'n fout in logiese denke. Jy sien, waarde toeskrywing
> hoort in die normatiewe domein en hierdie domein word onderskei van die
> empiriese domein. Daar bestaan nie 'n interafhanklikheid tussen die domeine
> nie.
>
> Ek merk toe op dat dit belangrik is, want deur hierdie logika wet te
> ignoreer, sou hierdie gesprek slegs 'n 'hoogs-voorspelbare' stukkie
> Petrochelli raak - jy onthou mos vir hom ne... Indien nie, in Amerikaanse
> prokereursdrama - laaaaannnnk voor Ally McBeal.
>
> Maar, soos ek gese het, gee ek jou toe die voordeel.
>
> En wat maak jy? Petrochelli slaan toe in die laaste vyf minute van die
> episode en verbyster die jurie met kwantumspronge in logika. Skakel gerus
> more-aand weer in vir nog 'n spannende episode...
>
> Nou ja toe... daar gelaat. Jy kan nou rus in die wete dat jy
> hoogs-voorspelbaar is.
>
> Q
>
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76586 is 'n antwoord op boodskap #76438] Wo, 23 April 2003 21:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Sarel S wrote:

> Persoonlik dink ek nie dat daar meer onverdraagsame Afrikaners is as
> in ander volke nie, dit is net dat ons nog nie openbare
> onverdraagsaamheid omskep het in 'n sosiale taboe nie.

Ek dink jy slaan die spyker op die
kop. Ek dink hier in Kanada het ons
wel al geslaag om onverdraagsaamheid
as 'n sosiale taboe te verklaar. Dit
steek nog oral sy kop uit, maar dit
word as onvanpas beskou om blatant
daarmee voor die dag te kom.
Ongelukkig moes SA vir jare gebuk
gaan onder 'n regime wat onverdraagsaam-
heid teen sekere bevolkingsgroepe en
sekere denkrigtings aangemoedig het.

Gloudina
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76587 is 'n antwoord op boodskap #76584] Wo, 23 April 2003 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

k908495 wrote:

> My vraag is dit. Hoekom is die Afrikaaner kultuur steeds to konserwatief,
> of het ek die kat aan die gat beet?"

Ek dink, Manuel du Plessis, dat die wortel
van jou "argument" verkeerd is. Jy praat van
Afrikaner-kultuur wat dan so konserwatief is,
maar die konserwatisme bestaan nie in die
Afrikaner-kultuur nie, maar in jou kop. Miskien,
omdat jy ongelukkig "konserwatief" grootgeword
het, dink jy alle Afrikaners is konserwatief.
Neem nou maar die onderwerp van gayness. Toe ek
'n jong student op Stellenbosch was, was daar
openlik gay professore wat onder die mees gerespek-
teerde lede van hulle beroep was. En my ma, wat in
1899 gebore was, het ons altyd vertel van die broer
van haar een skoonsuster wat altyd so tussen die
meisies geboer het en saam met hulle gesit en brei
het. Ek het daardie einste ou later weer ontmoet
en hy het sy vriend by hom gehad en almal was baie
vriendelik met die vriend en niemand het boe of ba
daarna gesê nie. Miskien is sekere dele van die
Transvaalse Afrikaners so "konserwatief" soos jy sê,
maar moenie alle Afrikaners oor dieselfde kam skeer
nie. Dis die fout wat Verwoerd gemaak het. Moenie
dieselfde fout maak nie.

Tant Hessie van die Derde Republiek.
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76591 is 'n antwoord op boodskap #76584] Do, 24 April 2003 01:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
"k908495" het in
boodskap:...onder meer geskryf:

> My rede tot kommer is my indruk dat Afrikaners se konswerwatisme hul van die
> res (Veral Nuwe SA) sal vervreemd.

Dit is nie konserwatisme wat Afrikaners van enigiemand sal vervreem
nie, maar rasisme of 'n poging om Afrikaner bevoorregting te behou. En
betekenisvolle getalle van ons het al reeds van beide afgesien. Verder
is dit onwaarskynlik dat konserwatisme Afrikaners kan vervreem in 'n
land waar die meerderheid mense konserwatief is. Let daarop dat
Suid-Afrika, 'n regs van die middel, nationalistiese regering het.
>
> Sarel het die Afrikaner konserwatisme probeer regverdig deur dit met andere
> s'n te vergelyk.

1. Konserwatisme is waarde neutraal. Dit is nie sleg of goed nie,
daarom hoef/kan 'n mens dit nie probeer regverdig nie.
2. Konserwatisme is 'n vergelykende term. Veral in die konteks van
hierde debat, wat gabaseer is op jou ondervindings in verskillende
kulture.

Die resultaat, onverdraagsaamheid, was 'n probleem wat
> volgens hom deur 'n klein groepie verspieel word.

Konserwatisme ly nie tot onverdraagsaamheid nie. Die twee het niks met
mekaar te doen nie. Onverdraagsaamheid is gewoon die weiering om 'n
teenstrydige standpunt te respekteer, onafhanklik van wat daardie
standpunt, of jy eie, is.

Laastens moet ek byvoeg dat daar ook nie 'n noodwendige verbintenis
tussen konserwatisme en homofobie is nie. Jy probeer heeltemal te hard
om konserwatisme, onverdraagsaamheid, en homofobie soos dominoes in 'n
ry te laat val.

Sarel S Marais
Los my Knersis, dit kielie!!
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76595 is 'n antwoord op boodskap #76587] Do, 24 April 2003 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
k908495  is tans af-lyn  k908495
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Junior Lid
Halloo Tant Hessie

Ek hoop jy's reg Tant Hessie.
Ek het reeds vroeer genoem dat my stelling 'n veralgemening is, en het
omverskoning gevra aan diegene wat nie omgee nie. Ek haal 'n sin uit my
openingsbrief aan: "Ek weet ek is
besig om te veralgemeen en vra omverskoning aan diegene wat nie 'n probleem
het nie."

Ek het 'n paar jaar gelede ook Stellenbosch toe getrek. Jy's reg.
Die jonger garde is meer liberaal.

Groete
Manuel.

skryf in boodskap news:3EA70F4B.2070203@rogers.com...
>
> k908495 wrote:
>
>
>> My vraag is dit. Hoekom is die Afrikaaner kultuur steeds to konserwatief,
>> of het ek die kat aan die gat beet?"
>
>
> Ek dink, Manuel du Plessis, dat die wortel
> van jou "argument" verkeerd is. Jy praat van
> Afrikaner-kultuur wat dan so konserwatief is,
> maar die konserwatisme bestaan nie in die
> Afrikaner-kultuur nie, maar in jou kop. Miskien,
> omdat jy ongelukkig "konserwatief" grootgeword
> het, dink jy alle Afrikaners is konserwatief.
> Neem nou maar die onderwerp van gayness. Toe ek
> 'n jong student op Stellenbosch was, was daar
> openlik gay professore wat onder die mees gerespek-
> teerde lede van hulle beroep was. En my ma, wat in
> 1899 gebore was, het ons altyd vertel van die broer
> van haar een skoonsuster wat altyd so tussen die
> meisies geboer het en saam met hulle gesit en brei
> het. Ek het daardie einste ou later weer ontmoet
> en hy het sy vriend by hom gehad en almal was baie
> vriendelik met die vriend en niemand het boe of ba
> daarna gesê nie. Miskien is sekere dele van die
> Transvaalse Afrikaners so "konserwatief" soos jy sê,
> maar moenie alle Afrikaners oor dieselfde kam skeer
> nie. Dis die fout wat Verwoerd gemaak het. Moenie
> dieselfde fout maak nie.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek.
>
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76620 is 'n antwoord op boodskap #76595] Do, 24 April 2003 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 24 Apr 2003 06:39:59 +0000 (UTC), "k908495"
wrote:

> Halloo Tant Hessie
>
> Ek hoop jy's reg Tant Hessie.
> Ek het reeds vroeer genoem dat my stelling 'n veralgemening is, en het
> omverskoning gevra aan diegene wat nie omgee nie.

Moes jy nie miskien Manie, verskoning gevra het aan die mense wat
omgee nie? :-)))

DD
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76677 is 'n antwoord op boodskap #76371] Vr, 25 April 2003 16:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Piet  is tans af-lyn  Piet
Boodskappe: 7
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Junior Lid
"k908495" skryf in boodskap news:b7uqgh$cuc$1@titan.btinternet.com...
> Goeie dag almal
>
> Wat 'n interresante groepie.
> Opienies wissel vanaf die konserwatiewe Japie tot ons meer verdraagsame
> Afrikaaners.
> Om welke rede bring ek graag die onderwerp na die voorgrond.
>
> Ek is 'n 29 jarige gay man, tans woonagtig in London (UK). Ek is in 'n 6
> jaar lange verhouding met 'n wonderlike man vir wie ek baie respek,
> bewondering en liefde het. (Moenie 'n fout maak nie, partykeer wil ek sy
> nek opdraai.)
>
> Aanvanklik is ek van die platteland, 'n plaas-klong van die Kaap.
> Ek is lief vir my taal en, al is ek "getroud" met 'n souttie, waardeer die
> boere kultuur ter deu.
>
> Een ding is egter verseker. Die oorgroote hoeveelheid Afrikaaners (veral
> die plattelanders) het ongelukkig 'n probreem met ons gays. Ek weet ek is
> besig om te veralgemeen en vra omverskoning aan diegene wat nie 'n probleem
> het nie.
>
> As ek my Afrikaner kultuur vergelyk met so baie van die ander kulture wat
> deel van my lewe vorm, blyk ons regtig partykeer vol stront en oningelig.
>
> My vraag is dit. Hoekom is die Afrikaaner kultuur steeds to konserwatief,
> of het ek die kat aan die gat beet?
>
Jij het die kat aan die gat beet. Veel mensen, vooal zichzelf progressieven
noemenden,
verafgoden homo's als het hen past, maar de tendens is thans aan het keren
en wel ten
nadele van de gays. En wat te denken van de Islaminvasie in W.Europa,
trouwens ook de
Oosteuropese landen kunnen er wat van en dat krijgen allemaal hier ons door
de strot geduwd
als "VERRIJKING". De homo's gaan straks weer de kast in.

Een woor begrijp ik niet uit je brief "SOUTTIE" .

Piet
> Groete
>
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76690 is 'n antwoord op boodskap #76677] Vr, 25 April 2003 19:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Apr 2003 18:42:07 +0200, "Piet" wrote:

>

>
> Een woor begrijp ik niet uit je brief "SOUTTIE" .
>
>
> Piet
>> Groete


Nou wag ek om te sien hou julle aan Piet gaan verduidelik
wat 'n soutriem is. As die lekker vertelling wat ondermeer my
oupa aan my vertel het, die waarheid is Piet,
is 'n 'soutie' daardie nasie wat in die boereoorlog dom genoeg
was om by 'n turksvybos met 'n perd stil te hou, en 'n klomp
turksvye voor by die hemp ingooi met die woorde' lovely
peaches!!".
Miskien het die boere net gewens dat dit gebeur het, ek ook:-)

So byderway, 'n 'soutie' is die nasie wat in die boereoorlog
vrouens en kinders vermoor het omdat die boere hulle
poppey gemaak het.

DD
Re: Afrikaans is duplessie - rig [boodskap #76722 is 'n antwoord op boodskap #76690] Sa, 26 April 2003 08:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"DD"
---knip---
te sien hou julle aan Piet gaan verduidelik
: wat 'n soutriem is.
---knip---
--
'n soutie is 'n persoon wat staan met sy een voet
in Engeland en die ander in Suid Afrika, hy hang
in werklikheid tussen die twee ;-)
Re: Afrikaans is duplessie - rig [boodskap #76727 is 'n antwoord op boodskap #76722] Sa, 26 April 2003 09:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Veldmuis  is tans af-lyn  Veldmuis
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 2003
Karma: 0
Junior Lid
On Sat, 26 Apr 2003 10:09:02 +0200, "Tobie" wrote:

> "DD"
> ---knip---
> te sien hou julle aan Piet gaan verduidelik
> : wat 'n soutriem is.
> ---knip---
> --
> 'n soutie is 'n persoon wat staan met sy een voet
> in Engeland en die ander in Suid Afrika, hy hang
> in werklikheid tussen die twee ;-)

en 'n kannariem Tobie?
Re: Afrikaans is duplessie - rig [boodskap #76741 is 'n antwoord op boodskap #76722] Sa, 26 April 2003 15:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Watse riem hang dan in die soutwater?

Annette

"Tobie" skryf in boodskap news:b8des1$lt8$4@ctb-nnrp2.saix.net...
> "DD"
> ---knip---
> te sien hou julle aan Piet gaan verduidelik
> : wat 'n soutriem is.
> ---knip---
> --
> 'n soutie is 'n persoon wat staan met sy een voet
> in Engeland en die ander in Suid Afrika, hy hang
> in werklikheid tussen die twee ;-)
>
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76743 is 'n antwoord op boodskap #76677] Sa, 26 April 2003 15:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Piet wrote:

> Een woor begrijp ik niet uit je brief "SOUTTIE" .

Die Dictionary of South African English
skryf die volgende oor die woord "Soutpiel"
waarvan die woord "Soutie" 'n afkorting is.

Soutpiel, soutie: An Englishman.

Frontline, 1983 "These are the true
soutpiele - one foot in South Africa
and one foot in Britain and another
extremity dangling in the waters of
the Mediterranean."

Frontline, 1983 "I noticed a couple
of puns on South Africa's soutpiele.
In Sunny Namibia we used a similar
expression... for personnel with a
particularly noxious colonialist
mentality... die sandpiele. Those with
one foot in the Tintenpalast and one
foot in the Union Buildings, and another
extremity dangling in the burning sands
of the Great Kalahari."

Tant Hessie van die Nossob
Re: Afrikaans is duplessie - rig [boodskap #76749 is 'n antwoord op boodskap #76727] Sa, 26 April 2003 17:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
kannariem? wiettie broertjie. iets met kannaland
te doen? Sê maar.
---
"Veldmuis"
---knip---
: en 'n kannariem Tobie?
Re: Afrikaaners, konserwatief of nie... [boodskap #76761 is 'n antwoord op boodskap #76586] Sa, 26 April 2003 19:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
k908495  is tans af-lyn  k908495
Boodskappe: 15
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Junior Lid
Dankie almal.
"Points taken."

Groete
Manuel.

skryf in boodskap news:3EA70AAF.4080104@rogers.com...
>
> Sarel S wrote:
>
>
>> Persoonlik dink ek nie dat daar meer onverdraagsame Afrikaners is as
>> in ander volke nie, dit is net dat ons nog nie openbare
>> onverdraagsaamheid omskep het in 'n sosiale taboe nie.
>
>
> Ek dink jy slaan die spyker op die
> kop. Ek dink hier in Kanada het ons
> wel al geslaag om onverdraagsaamheid
> as 'n sosiale taboe te verklaar. Dit
> steek nog oral sy kop uit, maar dit
> word as onvanpas beskou om blatant
> daarmee voor die dag te kom.
> Ongelukkig moes SA vir jare gebuk
> gaan onder 'n regime wat onverdraagsaam-
> heid teen sekere bevolkingsgroepe en
> sekere denkrigtings aangemoedig het.
>
> Gloudina
>
Re: Afrikaans is duplessie - rig [boodskap #76796 is 'n antwoord op boodskap #76749] So, 27 April 2003 06:47 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 26 Apr 2003 19:32:41 +0200, "Tobie" wrote:

> kannariem? wiettie broertjie. iets met kannaland
> te doen? Sê maar.
> ---
> "Veldmuis"
> ---knip---
> : en 'n kannariem Tobie?
>
>

of 'n soutriem wat in Kanada opgeland het?

anoniem
Vorige onderwerp: Nog 'n Eerbare ANC lid
Volgende onderwerp: Die familie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 05:45:14 MGT 2024