Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Opstanding " deur W.E.G. LOUW
" Opstanding " deur W.E.G. LOUW [boodskap #76204] Wo, 16 April 2003 16:43
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Opstanding
W. E. G. LOUW

Drie dae was daar duisternis... Alleen,
in diep gelatenheid, soos in die sand
'n suiwer saad wat wag op son en reën,
het al Sy sterflikheid stil weggebrand :

die swaar en trae slakke van die vlees,
sy onrus, vrees, verwarringe en waan,
dat Hy, één met die Vader en die Gees,
verheerlik in die lig weer op kan staan.

Die wagte kon in daardie gloed nie kyk.
Die steen is afgewentel deur 'n wind
wat uit vier hemelstreke op die aarde stryk
dat dit vergruisel is tot stof en grint,

en soos uit diepe duisternis 'n vlam,
staan hoof en rank en smetteloos die Lam!
Vorige onderwerp: Re: Hi almal ..
Volgende onderwerp: Manto en Zuma se dwarsklap.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 11:29:54 MGT 2024