Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » Opsionele Ekstras
Opsionele Ekstras [boodskap #76185] Wo, 16 April 2003 13:05
Sebs  is tans af-lyn  Sebs
Boodskappe: 125
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Opsionele Ekstras

'n Boer koop 'n nuwe motor en is baie ontsteld oor al die pryse vir die
"opsionele ekstras" wat bygevoeg is by die standaard model. Later in die
maand koop een van die motorhandelaar se direkteure 'n koei by die boer vir
sy vakansieplaas.

Die volgende is die faktuur wat hy toe ontvang vanaf die boer:

1 Koei, standaard model R4,800

Opsionele Ekstras:
Twee kleure (swart en wit) R300.00
Leer bekleedsel R200.00
Melk houer vir die hele jaar se gebruik R100.00
4 Krane @ R25.00, R100.00
2 Stampers, horing gevormd @ R35.00, R70.00
Vlieë Plak, semi outomaties, R60.00
Kunsmis toerusting (biologies) R120.00
Permanente 4 x 4 R200.00
Dubbele kring remstelsel (voor & agter) R800.00
Multi-klank toeter R270.00
Outomatiese sluit halogeen soekligte R300.00
Multi-brandstof enjin R2,500.00
Totaal Standaard model plus ekstras: R9,820.00. (Verkoopsbelasting en afleweringskostes uitgesluit.)
Vorige onderwerp: Rooikappie ennie wolf
Volgende onderwerp: grappie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 22:29:23 MGT 2024