Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nataniel se wonderlike wenke vir troues
Nataniel se wonderlike wenke vir troues [boodskap #76183] Wo, 16 April 2003 12:42
Sebs  is tans af-lyn  Sebs
Boodskappe: 125
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Aan almal wat dit oorweeg om voor die kansel te gaan staan..........

Alhoewel daar hordes boeke en artikels oor hierdie onderwerp verskyn het,
bly dit 'n kopseer vir alle betrokkenes. Hier gee Nataniel bietjie hulp:

Laat per ongeluk 'n prominente familielid uit tydens nooi van gaste. Dit
veroorsaak 'n geweldige bitterheid en agteraf geskinder en sorg dat die
geleentheid vir altyd onthou word.

Gebruik 'n silwer koki en skryf uitnodigings met die hand. So bly dit
persoonlik en die reuk versag die werklikheid. (Lek ook die koeverte
self,die genot van gom is ongekend.)

Verander die kleurskema nadat die moeder van die bruidegom in kennis gestel
is. Die feit dat sy dan heeltemal uitstaan en heeltyd snaaks aangekyk word,
trek dus haar aandag af van die verrigtinge. (Onthou, sy verloor haar seun).

Borsruikers: Vervang die tradisionele orgideë deur blomme van versiersuiker,
veral as jy vermoed dit gaan reën. Dit sorg vir eindelose pret en hou die
vlieë van die buffet af.

Blomme teen die banke: Vars ruikertjies is tog so vervelig. Laat hekel die
goedjies - veral as jy herfskleure trou. Buiten dat dit werk verskaf, kan jy
dit later verkoop of bêre indien 'n tweede huwelik beplan word.

Laat ALTYD die trourok ontwerp deur 'n moffie. Sy grootste fantasie kry
gewoonlik die oorhand (almal het hulle drome) en sorg dat die bruid soos 'n
wandelende tert opeindig. Dit wakker die nodige behoeftes aan by die
bruidegom, veral as 'n voorhuwelikse oor-die-tou-trappery reeds plaasgevind
het!

Bestel loperige geregte by die caterers (aartappelslaai, slap hoederpastei
en trifle bly treffers). Dit verhoed dat bejaardes en minder gegoede
kollegas kos in hulle handsakke laai.

Hou die onthaal in 'n saal met 'n verhoog en sluit die aand af met karaoke.
Sodoende ontaard die geleentheid in 'n platvloerse affêre en bespaar jy die
onkoste van 'n going-away uitrusting - wie gaan notice?

Plaas groot hoeveelhede goedkoop vonkelwyn vooraf op die tafels en gaan neem
foto's vir ure in die munisipaliteit se tuin. Sodoende is almal vroeg al
gesuip en maak dit die seremoniemeester baie meer draaglik.

In geval van 'n beperkte begroting, plaas 'n waterval of fontein in die hoek
van die saal. Dit is tog te weelderig en die gedrup sorg dat gaste hulle
self kort-kort moet verlig en minder drink.

Ten Laaste: Nooi altyd mense met kinders, dit bly die simbool van
vrugbaarheid. Huur 'n springkasteel en plaas dit direk agter die
bruidstafel - die op-en-af-gespring en aanhoudende gegil bespaar jou die
koste van 'n orkes en lei tot volgehoue opwinding (veral met 'n paar
beserings).
>
Mag hierdie wenke lei tot 'n onvergeetlike dag en gelukkige samesyn.
Nataniel
Vorige onderwerp: Die nuwe predikant
Volgende onderwerp: Meneer Mugabe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 01:47:16 MGT 2024