Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Manto en Zuma se dwarsklap.
Manto en Zuma se dwarsklap. [boodskap #76021] Ma, 14 April 2003 08:31
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nou Zuma - die onder-prez.

En nou kan niemand ons beskuldig ons staan net bakhand nie - ons klap sommer
die hand wat wil gee weg.

Verlede week het Mnr Richard Feachem - van die World Global Fund for
HIV/AIDS na Suid Agrika gereis om die 41miljoenUSD te oorhandig - 'n
skenking
waarop daar 'n jaar gelede al op besluit is.
By sy aankoms is hy meegedeel dat die ooreenkoms eers later die week geteken
kan word.
Teen Woensdag is sy afspraak met Zuma gekanselleer omdat die ooreenkoms nie
reg was om geteken te word nie.
By 'n dinee vir die geleentheid het dierbare Manto 'n rassistiese tirade
afgesteek wat die meeste mense hul koppe in skaamte laat sak het, en ander
hul koppe in ongelowigheid laat skud het.

Mnr Feachem is onverrigter sake weer terug, en het verklaar dat SA duidelik
nog nie gereed is om die skenking in ontvangs te neem nie.

Annette
Vorige onderwerp: Die Doringboom
Volgende onderwerp: Hallo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 06:35:50 MGT 2024