Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Herkoms van Afrikaans
Die Herkoms van Afrikaans [boodskap #7574] Di, 05 November 1996 00:00 na volgende boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Sien gisteraand 'n dokumentêre stuk op SAUK 3 (mag mos nou weer van SAUK
praat) oor die herkoms van Afrikaans. Die deel het te doel gehad met die
bydrae wat die Koi en Maleisiese tale tot Afrikaans gelewer het, ens...

Daarmee het ek nie fout te vind nie - dit was nogal heel interressant
gewees, maar die persoon aan die woord het 'n opmerking gemaak, by meer
as een geleentheid, wat my baie pla...

Volgens hom is die GRA toendertyd gestig as 'n politiese organisasie,
wat nie die bydrae van die Koi en Maleisies wou erken het nie. Hulle wou
die taal slegs 'n Blanke Afrikanertaal hou.

Dit is baie maklik om so lank na die tyd sulke bewerings te maak - tog
jammer die siel het nie sy stellings werklik probeer bewys nie.

Volgens my inligting is die GRA gestig juis as 'n soort van 'n
opstandige beweging om Afrikaans te bewaar, maar was dit in verset teen
die ver-engelsing van alles op daardie stadium. Dat dit miskien wel 'n
politiese agtergrond kon gehad het, kan ek dalk insien, maar dat die GRA
teen die Koi en Maleisiese invloed was, kan ek nie insien nie. Ek twyfel
selfs of daardie agt jollie kerels op daardie stadium werklik besef het
dat Koi en Maleisies wel besig is om so 'n groot bydrae tot die
Afrikaanse taal te maak. Hul persepsie en visie het slegs voorsiening
gemaak daarvoor om die ver-Engelsing te probeer keer en daarteen te
protesteer.

Nog twee aflewerings in die reeks op SAUK 3 op Maandaeaande om 21:00 le
nog voor. Sal interressant wees om te sien wat dan gese gaan word.

Wat dink julle hiervan...???

Groetnis

Vollie
Re: Die Herkoms van Afrikaans [boodskap #7581 is 'n antwoord op boodskap #7574] Wo, 06 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , vvoj...@sasol.com says...
>
> Sien gisteraand 'n dokumentêre stuk op SAUK 3 (mag mos nou weer van SAUK
> praat) oor die herkoms van Afrikaans. Die deel het te doel gehad met die
> bydrae wat die Koi en Maleisiese tale tot Afrikaans gelewer het, ens...

> Wat dink julle hiervan...???

> Vollie

Ek sou graag wil hoor wat in die volgende S.A.U.K.
programme oor die saak gesê gaan word. (Ek kan die
programme nie volg nie, want ek bly nie in SA nie.)
Ek gaan terug na die notas wat ek gemaak het van
G.S. Nienaber se "Ontstaan van Afrikaans" en wat nog
al die jare saam met my reis. Daarin lyk dit vir my of
die argumente in die 1870's meer gegaan het oor of
daar oorgeslaan moes word na "Afrikaans" en of dit
raadsamer sou wees om te bly by Nederlands, en die on-
suiwere lokale patois te beveg. Dus nog Engels nog die
Khoesan-bedreiging was die hoofargument. Die vyand
was Hoog-Nederlands self.
Die Manifes (1875) en die Patriot (1876) het groot
korrespondensie uitgelok. Hoofregter Henry de Villiers
beweer wel in 1876 dat alleen Engels se voortbestaan ver-
seker is, maar vra mense om Afrikaans wetenskaplik
te begin beskryf. Pannevis belowe dat nougesette studie
Afrikaans se besondere krag en skoonheid sal openbaar.
In 1876 publiseer die Genootskap van Regte Afrikaners
"Eerste beginsels van die Taal" met geen uitsprake oor die
ontstaansprobleem. Tromp beweer wel in 1879 dat Afri-
kaans "zeker wel het leelijkste en mees vermengde dialek
is dat ooit bestond."
Die taaltoestand in die laaste dekades van die 19de
eeu is dus: (1) mense praat suiwer Nederlands as hulle kan.
(2) by deftige geleenthede praat mense 'n soort
geleentheids-Nederlands, waar baie van die
woorde en grammatikale vorme al eintlik
Afrikaans is.
(3) Die platter vorm van Afrikaans word gebruik
in die daaglikse lewe, en ook deur vreemdelinge
en nie-Afrikaners.
Bostaande nou alles volgens G.S. Nienaber. Prof. Nienaber
was natuurlik die een wat, nog onder die ou bedeling toe dit
onpopule^r was, sterk uitgekom het vir die invloed van die
Khoesan groep van tale op die ontwikkeling van Afrikaans.
"Vollie", ek is geinteresseerd oor die gebruik wat jy maak
van die woord "siel" wanneer jy praat van die spreker op die
S.A.U.K. program. Mag ek vra watter velkleur hy gehad het?

Gloudina Bouwer
Re: Die Herkoms van Afrikaans [boodskap #7593 is 'n antwoord op boodskap #7574] Do, 07 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 05 Nov 1996 18:09:47 -0800, Vollie wrote:
<<<>Volgens my inligting is die GRA gestig juis as 'n soort van 'n
> opstandige beweging om Afrikaans te bewaar, maar was dit in verset teen
> die ver-engelsing >>>

Ek is sinies oor die afgestofde koeie van kultuur. So ek is
bevooroordeeld.

Ek dink net dit: Daar was nou nie juis tekens van bruin velle onder
die mense van die GRA nie, was daar?
Re: Die Herkoms van Afrikaans [boodskap #7602 is 'n antwoord op boodskap #7574] Vr, 08 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos wrote:
>
> On Tue, 05 Nov 1996 18:09:47 -0800, Vollie wrote:
>
<<<>Volgens my inligting is die GRA gestig juis as 'n soort van 'n
>> opstandige beweging om Afrikaans te bewaar, maar was dit in verset teen
>> die ver-engelsing >>>
>
> Ek is sinies oor die afgestofde koeie van kultuur. So ek is
> bevooroordeeld.
>
> Ek dink net dit: Daar was nou nie juis tekens van bruin velle onder
> die mense van die GRA nie, was daar?

Daar was dalk nie, maar Koos, ek dink jy probeer nou daardie tyd se GRA
en omstandighede beoordeel volgens 4 jaar terug se
apartheidsstandaarde... Moenie so bevooroordeeld en sinies wees nie - ek
dink daai ouens se doelwitte was vir hulle tyd heel aanvaarbaar en
goedbedoeld gewees.
Vorige onderwerp: Oorlog in die Kaap - PAGAD
Volgende onderwerp: Die Afrikaner: Tribunale beplan nuwe heksejag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 09:59:50 MGT 2024