Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Motorlisensietyd - alweer.
Motorlisensietyd - alweer. [boodskap #75792] Vr, 11 April 2003 07:52 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sien dis alweer tyd vir lang toue en ongelukkige mense wat moet tyd mors
om hul kaart-tipe lisensies te kry.- daar is nog meer as 'n miljoen stoutes
wat nog nie aansoek gedoen het nie.

Hierdie hele spulletjie is glo ingestel deels om die vervalste
motorlisensies op te spoor - maar dit het nie eintlik so gewerk nie, want as
jy 'n vervalste lisensie in jou vervalste ID-boek of regte ID - boek gehad
het, is jy nog steeds die trotse besitter van 'n nuwe, wettige, kaart-tipe
lisensie.
Dis nou ten spyte van die feit dat die regering bewus was dat daar meer as
50% van die lisensies wat sedert 1998 uitgereik is, onregmatig was - die
lisensiehouers is nie getoets nie, het nie oogtoetse ondergaan nie, het die
lisensies gekoop, of die lisensies is deur ongemagtigde persone uitgereik.

Annette
Re: Motorlisensietyd - alweer. [boodskap #75811 is 'n antwoord op boodskap #75792] Vr, 11 April 2003 11:45 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie interessant hoe die ANC die lewe van die reeds-gereguleerde mense
(hoofsaaklik blankes) verder probeer reguleer nie. Seker om dit so verspot
maklik is.

Glo jy vir een oomblik dat 'n gesondheidsinspekteur die nuwe anti-rook
regulasies by enige shebeen sal afdwing? Of dat 'n TV-lisensiebeampte 'n
skwatterkamp gaan besoek?

Daar waar die ANC/SAKP/COSATU-regering werklik 'n impak kan hê, daar is
hulle afwesig.

"Annette" skryf in boodskap news:b75sgg$bk6ja$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek sien dis alweer tyd vir lang toue en ongelukkige mense wat moet tyd mors
> om hul kaart-tipe lisensies te kry.- daar is nog meer as 'n miljoen stoutes
> wat nog nie aansoek gedoen het nie.
>
> Hierdie hele spulletjie is glo ingestel deels om die vervalste
> motorlisensies op te spoor - maar dit het nie eintlik so gewerk nie, want as
> jy 'n vervalste lisensie in jou vervalste ID-boek of regte ID - boek gehad
> het, is jy nog steeds die trotse besitter van 'n nuwe, wettige, kaart-tipe
> lisensie.
> Dis nou ten spyte van die feit dat die regering bewus was dat daar meer as
> 50% van die lisensies wat sedert 1998 uitgereik is, onregmatig was - die
> lisensiehouers is nie getoets nie, het nie oogtoetse ondergaan nie, het die
> lisensies gekoop, of die lisensies is deur ongemagtigde persone uitgereik.
>
> Annette
>
Vorige onderwerp: Zapiro Spotpremte oor die inval
Volgende onderwerp: Zimbabwe ruk reg ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 23:01:09 MGT 2024