Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oorlog in die Kaap - PAGAD
Oorlog in die Kaap - PAGAD [boodskap #7573] Ma, 04 November 1996 00:00 na volgende boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
'n Paar weke gelede is daar voorspel dat PAGAD
net die oorsaak van oorlog in die Kaap sal wees.

Sondag het die waterkant in Kaapstad in 'n oorlog
zone verander, toe die polisie en pagad haaks
geraak met mekaar, toeriste,bystanders,inkopers
moes hardloop om weg te kom. Baie mense het
seergekry (beide polisiemanne en pagadmanne).

Ongelukkig is een pagadman doodgeskiet, en hy was
n Imam.

Daar word beweer dat die oorledene, Mnr Achmat
Najjaar, nie deur die polisie geskiet is nie, omdat hy
met 'n 0,765 kaliber wapen geskiet is.

Die polisie gebruik nie die kaliber wapens nie en het die
dag net rubberkoeëls geskiet.

Nou verklaar pagad 'n heilige oorlog.

Kapenaars het gedink dat die Kaap altyd minder
misdadig as bv die Transvaal sal wees, maar die
droom is gister vir altyd verpletter.

Die Kaap het 'n groot muslim gemeenskap, hierdie
gemeenskap is goed gevestig en is beslis een wat
die geld en die moed het om groot weerstand teen
die regering te bied.

Wat 'n jammerte dat 'n groep soos pagad wat
anti-misdaad is en met goeie bedoelings hulle
gruwe onder die mense en die pers se aandag
wou bring, nou deur die regering as die misdadigers
aangesien word.

Wat 'n jammerte dat ons in 'n samelewing woon waar
moordenaars,verkragters,skakers vrygespreek word,
maar die goeie nugter werkende mens sonder vryheid
van spraak in 'n publieke plek soos honde weggejaag
word.

DIE REGERING IS NIE BEVOEG OM TE REGEER NIE !!

- laastens, BRING TERUG DIE DOODSTRAF

--
PLANT n suurlemoenboom
---Vyg
Re: Oorlog in die Kaap - PAGAD [boodskap #7580 is 'n antwoord op boodskap #7573] Di, 05 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon Dreyer  is tans af-lyn  Gideon Dreyer
Boodskappe: 35
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gedenk die vyeboom sonder vrugte, voordat jy begin kap.
xfiles
Re: Oorlog in die Kaap - PAGAD [boodskap #7586 is 'n antwoord op boodskap #7573] Wo, 06 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
940...  is tans af-lyn  940...
Boodskappe: 9
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article <01bbca84$8a6095a0$Loca...@Meester.new.co.za>, "Vyg"
<vy...@new.co.za> writes:

>Wat 'n jammerte dat 'n groep soos pagad wat
>anti-misdaad is en met goeie bedoelings hulle
>gruwe onder die mense en die pers se aandag
>wou bring, nou deur die regering as die misdadigers
>aangesien word.

Doen Pagad nie nou juis wat hulle teen baklei nie? Hulle is teen bendes maar
het ontaard in een van die grootste bendes!

Ek praat belslis nie die misdaad deur die bende en dwelm sindikate goed nie
maar daar moet tog sekerlik 'n vreedsamer oplossing wees.

Hopelik sal die hele Pagad besigheid tog die regering se oė oopmaak sodat iets
daadwerkliks aan die misdaad in SA gedoen kan word.

Kom ons stig PAPGAD (People Against Pagad-Gangs and Drugs) :-)

Groetnis uit Stellenbosch waar die eksamen beveg moet word!
Murray
Re: Oorlog in die Kaap - PAGAD [boodskap #7612 is 'n antwoord op boodskap #7573] Vr, 08 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Doen Pagad nie nou juis wat hulle teen baklei nie? Hulle is teen bendes maar
> het ontaard in een van die grootste bendes!

Ja, jy's reg. Ongelukkig is bende mentaliteit
aan die groei, groepe hier, groepe daar.

Dit verbaas my nie, waar daar n SWAK regering
is, is daar STERK bendes.

Waar daar sterk bendes is, is anargie.

Pagad is gelykstaande aan die AWB, en
van hulle gepraat, hoekom is die AWB
deesdae so stil ?

Broei daar iets in die donkerte of het hulle
almal gaan boer oor die grens ?
----------------------------
PLANT 'n moordenaar
----------------------------
(ses voet onder - die wurms is honger)
---Vyg
Vorige onderwerp: Zackie Achmat adres
Volgende onderwerp: Die Herkoms van Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 05:38:34 MGT 2024