Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » HOOGLIED van UYS KRIGE
HOOGLIED van UYS KRIGE [boodskap #7572] Ma, 04 November 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie hooglied ( 'n loflied aan die Skepper en die
heelal, bewonder en besing in die gestalte van 'n geliefde),
word spesiaal opgedra aan al die Maties, die wat in Suid-
Afrika bly, en hulle wat versprei het oor die aardbol.

HOOGLIED
'n Fragment
deur Uys Krige

Die nag is stil en rustig-sterk
soos die ou-ou eikebome...
Maria buk, haar klere val
en die lied is nou volkome.
Maria's skoner, reiner selfs
as my maanvervulde drome.

Die Tweelingpieke slaap,
net hulle verre valle skater.
Die maanlig lê soos sneeu, die skad’wees
swarter as 'n krater.
Maria was haar liggaam
in ou Helderberg se water.

Die water het 'n sagte glans
soos die glans van fynste sye.
Dit pêrel langs haar skouers af,
haar heupe en haar dye.
Maria is 'n beeld geboots
uit die nag se silwer en sy swye.

Sy stap 'n strook van duister binne
en die swaarste skad'wee skitter,
Sy staan weer in 'n poel van lig
en die maanlig self is witter.
Sy aarsel tussen lig en skadu
en die halwe lig begin te sidder.

Die nag stap kalm oor die berge
en die dou kleef aan haar skene.
Die nag, van kwik en silwer,
straal tussen die sterre en spoelstene:
silwer van spieëls en nat palmiet,
kwik van haar borste, haar bene!

(ingetik deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: Aantal afrikaanstaligen
Volgende onderwerp: Hier l^e Die Knoop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 01:46:03 MGT 2024