Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » WYN, MIELIES, LUKWARTE EN OU TANNIES...........
WYN, MIELIES, LUKWARTE EN OU TANNIES........... [boodskap #7521] Sa, 26 Oktober 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Ek ry verlede sondag saam met my 4-jarige seun buite die stad rond
op soek na goedkoop dop. (Ek het duur smaak en 'n plat sak!)
Ons ry tussen die wingerdlande deur buite Perth.
My seun geniet dit vreeslik en ek wys hom die piepklein druif-
korreltjies wat al groter gaan word in die somerson.
Hy stel voor ons kom elke week kyk dat ons sien hoe dit vorder.
Ons kom op 'n plaas uit waar hul goedkoop wyn uit 2 liter houers
verkoop. Ek snuif en proe die wyn en dit is hemels!.
Koop dadelik 2 bottels. Chenin Blanc en Colombard.
(Die boer spaar geweldige botteleringskoste ens, en
die wyn is tog dieselfde gehalte as in 'n duur gekurkte bottel).
Australie is bekend vir 'n paar goeie (en baie duur) wyne. Dis al.
Die res is popule^re drinkwyn wat eintlik maar hoofpynpis is.
Maar die uitstekende wyne wat hul wel het word nie hier waardeer nie.
Soos baie van die Margaret River wyne suid van Perth. Briljante witwyn,
maar die wynboere sê die groothandelaars koop dit nie omdat die
publiek net "bekende" wyne koop.

Ons ry verder en kom af op 'n bejaarde ou tannie met wilde grys hare
wat buite haar ou huis goed verkoop. 'n ou plaashuis met groot bome.
Sy verkoop boerbone, pampoen en lukwarte en weeg dit met 'n hangskaal.
Sy is omtrent net so oud soos my ma.
My hart bloei dadelik vir haar en ou tannies soos sy en my ma,
wat so lief vir die grond is, en nou in 'n woonstel moet sit.
Een van die dae moet die tannie ook van die plaas af, na 'n ouetehuis ?
Maar soos my ma het die tannie 'n vonkel in haar oog.
Sy vra my waar ek vandaan kom: ('n immigrant-aksent is SO opvallend!)
Sy gaan haal onmiddelik 'n gedroogde mielie en wys my trots: Dit is 'n
Afrikaanse witmielie wat sy iewers gekry het. (In Australie kry jy
net sagte geel mielies).
Sy vertel hoe verbaas sy was dat ons mielies so hoog groei.
(hulle geel mielie is maar klein). Maar sy sê ons mielies is te hard
vir haar om te eet. (Ai, die ou tande is sekker maar stomp of uit)
Ek koop lukwarte en verlang sommer huistoe. Vir die eerste keer in
sy lewe eet my seun 'n lukwart. (Baie skaars in Australie).
Hy verwonder hom daaraan, veral die pitte.
Ek dink terug aan my jeug: lukwartsteel in die bure se boom, todat die
takke breek, voelskiet in die lukwartboom, lukwartpit ver-spoeg,
maagpyn van groen lukwarte ens.

Waarheen is ons op pad met ons materialisme, stede, sement en
grasperk suburbia, duur wynbottels en etikette, ouetehuise en selfsug ?
Mis ons nie dalk uit op dit wat belangrik is nie ?

Vriendelike groete.
Re: WYN, MIELIES, LUKWARTE EN OU TANNIES........... [boodskap #7531 is 'n antwoord op boodskap #7521] Ma, 28 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 26 Oct 1996 17:34:40 GMT, gal...@ibm.net wrote:

Mis ons nie dalk uit op dit wat belangrik is nie ? >>>[/color]

Goeie vraag.

By the way, Dennis Beckett het onlangs 'n TV-program oor Australie en
Suid-Afrikaners in Australie gemaak wat hier vertoon is.
Hy is nogal krities op Australie.
Se dis mooi en skoon en ryk en blink maar die Australiers mis 'n derde
dimensie wat hy reken Suid-Afrikaners deesdae het.
Ek dink hy bedoel dat baie Suid-Afrikaners deesdae ander etnisiteite
raaksien met 'n positiewe oog en tolleransie vir mekaar het en so aan.

Hy was ook nogal krities oor die mense wat gewaai het.
Dit was 'n program wat wat deur Suid-Afrikaners oor Suid-Afrikaners
was maar Australie as 'n katalisator gebruik het.

Dit het waarskynlik aan ons gese: Julle is normaal. Julle het in
sekere aspekte selfs 'n dieper kennis.
Die genesing van die land vereis dit.

Dis jammer julle kan dit nie daar sien nie. Dit sal waarskynlik 'n
interresante sideways kyk vir julle ook inhou oor die hele ding
Re: WYN, MIELIES, LUKWARTE EN OU TANNIES........... [boodskap #7545 is 'n antwoord op boodskap #7521] Wo, 30 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Koos skryf:

> By the way, Dennis Beckett het onlangs 'n TV-program oor Australie en
> Suid-Afrikaners in Australie gemaak wat hier vertoon is.
> Hy is nogal krities op Australie.
> Se dis mooi en skoon en ryk en blink maar die Australiers mis 'n derde
> dimensie wat hy reken Suid-Afrikaners deesdae het. .....
> ........Dit het waarskynlik aan ons gese: Julle is normaal. Julle het in
> sekere aspekte selfs 'n dieper kennis.

Man ek sou dit BITTER GRAAG wou gesien het, want ek stem 100% saam.
En ek ken baie immigrante wat presies net so dink, so die ou het
definitief iets beet.
As mens soveel lief en leed sien soos in SA, soveel rou emosies,
verskille tussen arm en ryk, soveel haat maar ook soveel toenadering
en naasteliefde: Dan voel dit vir jou asof jy die mens sien en leer
ken vir wat hy werklik is.
In SA word menswees deeglik op die proef gestel.
Omstandighede wat so rof is soos in SA bring eenvoudig die slegste
en goedste in mense na vore.
Maar in Australie se middelklas gemiddeldheid kry mens dit nie.
Dit gaan te goed hier. En in die proses van te goed gaan word mens
op die ou end arm van gees. En dit is wat ek vreeslik mis hier,
'n bietjie gees, of "diepte".

Dit is ongelooflik vir my hoeveel teenwoordigheid van gees die
ou mense in SA aan die dag le^. My ou skoonmoeder wat die nuwe
volkslied trots aan my seun leer en stadigaan ook respek vir
Nelson leer kry het. Dis nou iemand wat ek gesweer het NOOIT
sou verander uit haar oogklap-konserwatisme nie.
En my ma, al oud, wat helder oordag oor die kop geslaan en beroof is,
maar wat haar eenvoudig nie laat afsit nie en nie vol haat is nie.
Lyk my die ou tannies pas hul beter aan as die jongklomp ?

Vriendelike groete.
Re: WYN, MIELIES, LUKWARTE EN OU TANNIES........... [boodskap #7546 is 'n antwoord op boodskap #7521] Wo, 30 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Oct 1996 15:05:00 GMT, gal...@ibm.net wrote:

>>[/color]

Die posting ook gekry op Dinsdag 30 Okt.

Die vreemde ding wat nou in SA gebeur is dat Afrikaanse mense soms
meer deur die swart bevolking aanvaar word as wat die Engelse
"liberals" aanvaar word.
Ek sukkel nog om dit te verstaan.
Miskien is dit omdat die Afrikaners 'n wit groep is wat die persepsie
dra dat hulle hier bly en die land aanvaar?

(Se ek aan 'n Afrikaner in Australie!!!! :) :) )
Re: WYN, MIELIES, LUKWARTE EN OU TANNIES........... [boodskap #7618 is 'n antwoord op boodskap #7521] Sa, 09 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Jo  is tans af-lyn  Jo
Boodskappe: 5
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
gal...@ibm.net wrote:

> |
> | ___/////
> | / \ /|
> | / O \ \/ |
> J > / /\ |
> \_________/ \|
> \\\
> Koos skryf:

>> By the way, Dennis Beckett het onlangs 'n TV-program oor Australie en
>> Suid-Afrikaners in Australie gemaak wat hier vertoon is.
>> Hy is nogal krities op Australie.
>> Se dis mooi en skoon en ryk en blink maar die Australiers mis 'n derde
>> dimensie wat hy reken Suid-Afrikaners deesdae het.
> .....
>> ........Dit het waarskynlik aan ons gese: Julle is normaal. Julle het in
>> sekere aspekte selfs 'n dieper kennis.

> Man ek sou dit BITTER GRAAG wou gesien het, want ek stem 100% saam.
> En ek ken baie immigrante wat presies net so dink, so die ou het
> definitief iets beet.
> As mens soveel lief en leed sien soos in SA, soveel rou emosies,
> verskille tussen arm en ryk, soveel haat maar ook soveel toenadering
> en naasteliefde: Dan voel dit vir jou asof jy die mens sien en leer
> ken vir wat hy werklik is.
> In SA word menswees deeglik op die proef gestel.
> Omstandighede wat so rof is soos in SA bring eenvoudig die slegste
> en goedste in mense na vore.
> Maar in Australie se middelklas gemiddeldheid kry mens dit nie.
> Dit gaan te goed hier. En in die proses van te goed gaan word mens
> op die ou end arm van gees. En dit is wat ek vreeslik mis hier,
> 'n bietjie gees, of "diepte".

> Dit is ongelooflik vir my hoeveel teenwoordigheid van gees die
> ou mense in SA aan die dag le^. My ou skoonmoeder wat die nuwe
> volkslied trots aan my seun leer en stadigaan ook respek vir
> Nelson leer kry het. Dis nou iemand wat ek gesweer het NOOIT
> sou verander uit haar oogklap-konserwatisme nie.
> En my ma, al oud, wat helder oordag oor die kop geslaan en beroof is,
> maar wat haar eenvoudig nie laat afsit nie en nie vol haat is nie.
> Lyk my die ou tannies pas hul beter aan as die jongklomp ?

> Vriendelike groete.

Ja, ek moet saamstem met Galjoen - hier is 'n dimensie by die
Suid-Afrikaners wat my stomslaan. Die Akademici hier in SA is iets
besonders en ek het absolute groot respek vir al ons Professore en
lektore wat ten spyte van al die negatiwiteit net Kop oplig en
aanstoot na 'n mo^re wat soms maar baie onseker is.

Iets wat sommer lekker is om te sien in die Intensiewe Eenheid waarin
ek nou werk is die veranderde houding van die swart personeel en ook
die feit dat hulle graag Afrikaans praat en met jou wil praat.
Ek leer huidiglik Noord Sotho en dit is verstommend hoe baie
ver-Afrikaansde woorde in hulle taal voorkom. Die nuutste Wrap of dan
Party wrap song wat baie gewild is bevat die drie sinne Oor en oor
(soos tipiese Afrika musiek nou maar is met sy besonderse ritme) nl:
Waar was jy? en Where were you? en O no le kai? en ook dan met die
swaaai afnoot / nootaf neiging.

Sodra mens bereid is om iemand op sy "Home-ground" te ontmoet of dan
erkenning te gee aan sy taal, werk jy deur na sy hart!

Groetnis
Spyker
Vorige onderwerp: Die Afrikaner: Tribunale beplan nuwe heksejag
Volgende onderwerp: Fragmente oor die Liefde van GERT VLOK NEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 03:39:06 MGT 2024