Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Welgedaan Pat!
Welgedaan Pat! [boodskap #75069] Do, 27 Maart 2003 16:35 na volgende boodskap
Paul  is tans af-lyn  Paul
Boodskappe: 163
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoop dat haar nuwe Party die ANC al die hel op aarde sal gee.Sy is per
slot van sake die enigste Parlementslid wat haar werk doen.Was dit nie vir
haar nie,het Tony Yengeni nie sy gat gesien nie.
You go girl!
Sy verdien veel beter as wat sy tot op hede van die PAC
gekry het en dit lyk of sy die enigste politikus is wat haar werk doen tot
voordeel van die kiessers(al die kiessers)in
ons land.Ek hoop van harte dat die kiessers haar sal beloon vir dit wat sy
sedert 1994 vermag het en probeer vermag.Hoop sy gooi net die "Struggle" uit
en dan sal sy ook heelwat Blanke stemme trek.Sy is nou nie 'n bang-gat
nie.Miskien gaan ek ook my gewig by haar ingooi op Nasionale vlak en my
KP-stem op Provinsiale vlak!
Ek het ook in 1994 asook in 1999 my stem op die twee
vlakke verdeel,aangesien ek glo dat dit op sekere vlakke tot voordeel strek
waar dit nodig is.

Op vir Pat!
Re: Welgedaan Pat! [boodskap #75091 is 'n antwoord op boodskap #75069] Vr, 28 Maart 2003 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Paul wrote:

die kiessers(al die kiessers)in
> ons land
> Op vir Pat!

Daar het jy dit nou, du Plessis.
Een van die kiesers wat gaan stem.
En ek neem aan dat Patricia de
Lille se Afrikaanse spelling beter
is as joune. Tensy jy nou deur die
woord "kiesser" bedoel mense wat
geken word deur hulle kieste
(of miskien is hulle uithaler-
soeners.)

Penkop met sy tong in sy kies.
Re: Welgedaan Pat! [boodskap #75109 is 'n antwoord op boodskap #75091] Sa, 29 Maart 2003 03:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink sy sou egter veel beter gedoen het om haar by die DA te skaar - nou
sal sy 'n enkele verkiesing oorleef.
skryf in boodskap news:3E845262.9080801@rogers.com...
>
> Paul wrote:
>
> die kiessers(al die kiessers)in
>> ons land
>> Op vir Pat!
>
> Daar het jy dit nou, du Plessis.
> Een van die kiesers wat gaan stem.
> En ek neem aan dat Patricia de
> Lille se Afrikaanse spelling beter
> is as joune. Tensy jy nou deur die
> woord "kiesser" bedoel mense wat
> geken word deur hulle kieste
> (of miskien is hulle uithaler-
> soeners.)
>
> Penkop met sy tong in sy kies.
>
Re: Welgedaan Pat! [boodskap #75119 is 'n antwoord op boodskap #75109] Sa, 29 Maart 2003 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 29 Mar 2003 05:57:07 +0200, "Jonas" wrote:

> Ek dink sy sou egter veel beter gedoen het om haar by die DA te skaar - nou
> sal sy 'n enkele verkiesing oorleef.
> skryf in boodskap news:3E845262.9080801@rogers.com...

>> Paul wrote:

>> die kiessers(al die kiessers)in
>>> ons land
>>> Op vir Pat!

>> Daar het jy dit nou, du Plessis.
>> Een van die kiesers wat gaan stem.
>> En ek neem aan dat Patricia de
>> Lille se Afrikaanse spelling beter
>> is as joune. Tensy jy nou deur die
>> woord "kiesser" bedoel mense wat
>> geken word deur hulle kieste
>> (of miskien is hulle uithaler-
>> soeners.)

>> Penkop met sy tong in sy kies.


Terug op ou weivelde
met alles steeds dieselfde
en 'n Paul wat steeds nie kan spel
maar soos ook in die verlede alte wel
tevrede is om die reuk
oor my naam te neuk.

En 'n ant
wat heel blatant
my op die rant
van moedeloosheid se kant laat stant.

En toehoorders wat al
net so mal
glo wat sy sê
sonder om ooit in verskil te belê...

Lekker om vanaand
te kom kyk of die groep huiwer op die afdraand
en dan te sien met spesiale swier
ek is steeds hier...:-))) !

>
Re: Welgedaan Pat! [boodskap #75120 is 'n antwoord op boodskap #75119] Sa, 29 Maart 2003 18:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sat, 29 Mar 2003 20:34:26 +0200, Dave Du Plessis wrote:

>
>>> Daar het jy dit nou, du Plessis.

>
>
> Lekker om vanaand
> te kom kyk of die groep huiwer op die afdraand
> en dan te sien met spesiale swier
> ek is steeds hier...:-))) !
>

en 'n bouWer
se verstand word al hoe louer
want was dit Jonas (of wie?)
wat jou 'n keer of drie
daarop gewys het
dat 'n van met hoofletters gespel word,
huh, bouWer?

du Plessis
Re: Welgedaan Pat! [boodskap #75124 is 'n antwoord op boodskap #75120] So, 30 Maart 2003 03:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave Du Plessis wrote:

> dat 'n van met hoofletters gespel word,
> huh, bouWer?
>
> du Plessis

My fout was nie om -du- met 'n
kleinletterjie te spel nie, maar
om -Plessis- met 'n hoofletter
te spel, du plessis.
Wat beteken "plessis" in alle geval
in Frans?

Tant Hessie du Toit
Re: Welgedaan Pat! [boodskap #75126 is 'n antwoord op boodskap #75124] So, 30 Maart 2003 04:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Sun, 30 Mar 2003 03:56:12 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Wat beteken "plessis" in alle geval
> in Frans?
>
> Tant Hessie du Toit
>
>

Dubbel Plesier, bouwer. Want om met 'n Du Plessis
geasosieer te wees, kan nie anders beskryf word nie.

DU PLESSIS
Re: Welgedaan Pat! [boodskap #75129 is 'n antwoord op boodskap #75126] So, 30 Maart 2003 17:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave Du Plessis wrote:

> Dubbel Plesier, bouwer. Want om met 'n Du Plessis
> geasosieer te wees, kan nie anders beskryf word nie.

Wel, ek moet saamstem. Dis 'n dubbele plesier.
Maar nou weet ek nog nie wat "plessis" in Frans
beteken nie. As ek so 'n van gehad het, sou ek
darem al uitgevind het. Ek kry dit nie in die
Franse woordeboek nie. Dis seker 'n deklensie
(as daar so 'n woord is) van 'n ander Franse
woord.

La plume de tante Hessie.
du plesi [boodskap #75174 is 'n antwoord op boodskap #75129] Wo, 02 April 2003 00:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
La plume de tante Hessie.
Maar nou weet ek nog nie wat "plessis" in Frans
beteken nie. As ek so 'n van gehad het, sou ek
darem al uitgevind het. Ek kry dit nie in die
Franse woordeboek nie. Dis seker 'n deklensie
(as daar so 'n woord is) van 'n ander Franse
woord.

Wouter
Van Frans weet ek niks, maar daar is aan my vertel dat Du Plessis
afkomstig is van die dorp Plesi (spelling?). Laasgenoemde se naam
is afgelei van die gevlegde heiningskanse wat hulle om die dorp gebruik
het as skild teen aanvalle. Die woord "plexus", soos in "solar plexus"
het dieselfde oorsprong, dit dui ook op 'n vlegting (van spiere).
Re: du plesi [boodskap #75201 is 'n antwoord op boodskap #75174] Wo, 02 April 2003 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

daar is aan my vertel dat Du Plessis
> afkomstig is van die dorp Plesi (spelling?). Laasgenoemde se naam
> is afgelei van die gevlegde heiningskanse wat hulle om die dorp gebruik
> het as skild teen aanvalle. Die woord "plexus", soos in "solar plexus"
> het dieselfde oorsprong, dit dui ook op 'n vlegting (van spiere).

Dankie. Dit verklaar dus waarom
ek nie die woord in 'n Franse
woordeboek kan kry nie.

Gloudina
Re: du plesi [boodskap #75361 is 'n antwoord op boodskap #75174] Vr, 04 April 2003 18:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Swart Simon  is tans af-lyn  Swart Simon
Boodskappe: 101
Geregistreer: Julie 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark" wrote in
message news:3e8a3547.0@news1.mweb.co.za...
> La plume de tante Hessie.
> Maar nou weet ek nog nie wat "plessis" in Frans
> beteken nie. As ek so 'n van gehad het, sou ek
> darem al uitgevind het. Ek kry dit nie in die
> Franse woordeboek nie. Dis seker 'n deklensie
> (as daar so 'n woord is) van 'n ander Franse
> woord.
>
> Wouter
> Van Frans weet ek niks, maar daar is aan my vertel dat Du Plessis
> afkomstig is van die dorp Plesi (spelling?). Laasgenoemde se naam
> is afgelei van die gevlegde heiningskanse wat hulle om die dorp gebruik
> het as skild teen aanvalle. Die woord "plexus", soos in "solar plexus"
> het dieselfde oorsprong, dit dui ook op 'n vlegting
(van spiere).

Moet ook nie vergeet van 'n 16de/17de eeuse Franse
Hugenote-leier met die naam van Philippe de Mornay,
Seigneur du Plessis-marly (a.k.a. Mornay du Plessis).

Swart Simon
Re: du plesi [boodskap #75362 is 'n antwoord op boodskap #75361] Vr, 04 April 2003 22:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Swart Simon wrote:

> Moet ook nie vergeet van 'n 16de/17de eeuse Franse
> Hugenote-leier met die naam van Philippe de Mornay,
> Seigneur du Plessis-marly (a.k.a. Mornay du Plessis).

Dankie, Simon, dat jy vir ons daaraan
herinner dat Koos du Plessis vir ons
hierdie stukkie geskiedenis van die
Afrikaner soos amber in sy digwerk nagelaat
het. Maar nou is my vraag: Wie is die "Mornay"
in die lied "Mornay." Ek het nog altyd
aangeneem dit is sy vrou, of een of ander
vrou. "Jy is alles vir my, Mornay/ Jy is
alles Mornay." Maar is dit nou nie toeval
as Koos du Plessis, met so 'n Hugenote-naam,
gaan trou met 'n meisie wie se naam "Mornay"
is nie, wat mens moet aanneem dus ook uit 'n
Hugenote-familie kom? Weet iemand wie dié
Mornay is?

Gloudina
Re: du plesi [boodskap #75363 is 'n antwoord op boodskap #75361] Vr, 04 April 2003 23:21 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Swart Simon wrote:

> Moet ook nie vergeet van 'n 16de/17de eeuse Franse
> Hugenote-leier met die naam van Philippe de Mornay,
> Seigneur du Plessis-marly (a.k.a. Mornay du Plessis).

Terwyl ons nou op die onderwerp van die
Hugenote is, behoort mens jou geheue weer
bietjie te verfris oor hierdie deel van die
Afrikaner-geskiedenis.( My ma se nooiensvan
was Rossouw, en haar ma se nooiensvan weer
Fouche, so die Hugenote is definitief deel
van my erfenis.) Ek weet nie of vandag
se kinders in die laerskool nog leer van
die Edik van Nantes (1598) nie, maar ek kan
duidelik onthou dat ek daarvan geleer het
voordat ek by die hoërskool uitgekom het.
Philippe de Mornay (1549-1623 - rofweg die
tyd van Shakespeare) was die kampvegter vir
die Hugenote. ( Die woord Hugenoot kom glo
af van die Duitse "eidgenossen.") Hy is nie
gedood in die "St. Bartholomew's Day Massacre"
(verskoon die Engels) nie, en het ongeveer
die sekretaris geword vir Henri de Navarre,
wat later Henri 1V van Frankryk geword het.
Hy was intstrumenteel in die optrek van die Edik
van Nantes (1598) wat staatsregte gegee het aan die
Hugenote in Frankryk. Henri 1V het later weer
Katoliek geword, en onder Louis X111 is de Mornay
afgesit van die pos wat hy beklee het in Saumur.
Die Edik van Nantes is afgeskaf in 1685 (dus
nie baie lank na die Nederlanders aan die Kaap begin
het nie.) Die Hugenote het uit Frankryk begin vlug,
en baie van hulle het na Nederland gegaan, waarvan-
daar sommige van hulle dan vanaf 1688 na die Kaap
verhuis het.

Gloudina
Vorige onderwerp: Namibië geskiedenis
Volgende onderwerp: KKNK se getalle is af
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:49:07 MGT 2024