Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit
Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74679] Wo, 19 Maart 2003 23:05 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

Ek kan sien jy het weer lank weggekom met 'spin'. Kom ons kyk 'n bietjie na
jou opmerkings oor Vancouver as VOORBEELD.

Analise:

Doudie ken 'n suid afrikaner wat uit Vancouver terug is SA toe. [Anecdote
(Afr?)- verseker, mite - moontlik.] Volgens Statistics Canada (statscan) se
2001 sensus se daar het op daardie stadium 34,990 suid-afrikaans gebore
mense in Kanada gebly, waarvan 7,835 Vancouver gekies het. Die SA-ners in
Vancouver het vermeerder met 36.1% vanaf die 1996 sensus. [FEITE] Hierdie is
mobiele mense wat kan kies waar hulle gaan, kies almal 'n vreeslike plek om
te gaan bly. Yeah right.

Jy praat oor dinge soos 'n enkele individu se optrede (verskriklike optrede,
toegegee) - die massamoordenaar - om 'n algemene punt oor 'n groot stad te
maak. Daar is sulkes orals. Dit is so goed ons bespreek Milwaukee en maak of
almal Dahmers is. Nonsens.

Dan haal jy 'n totale trivialiteit aan - die premier se boozy trip in Hawai
(sic). Minstens erken hy dit, en dra die gevolge. Dink jy dit gebeur orals?

En so aan, dan dis jy 'n bietjie drama oor east-Vancouver op, dieselfde
trant.

Kom ons dink. Doudie ken iemand wat weg is uit Vancouver. Statscan se
SA-ners in Vancouver het met 36.1% oor 5 jaar vermeerder na amper 8000.
Klaar gedink.

Doudie haal anecdote aan. Mercers / die UN studies kyk na dosyne kriteria en
bevind dat Vancouver 'n uitstekende plek is om te woon. Klaar gedink.

Jy sien Doudie, jy kan hierdie tipe van nonsies opdis as objektiewe
waarneming vir die wat nie die agtergrond het om jou aan te vat nie. Maar
die ou Bees ken Vancouver goed, ek ken Statscan se uitstekende website. Ek
was al dosyne kere in Vancouver, veral toe ek net oorkant die berge in
Calgary gebly het. Ek is weer daar oor 3 maande om my gesin op vakansie te
neem. Al die pad uit Australia. En ek kan enige plek in die wereld kies.

Wanneer laas was jy daar? Was jy al OOIT daar?

QED.

Balans en feit uitoorle mite, anecdote en spin. Altyd.

Bees

Ps. Hierdie pos gaan nie oor Vancouver nie.

skryf in boodskap news:3E786AF5.3030902@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
>> Ou Bees, hier stry jy verniet. Gloudina het my oortuig dat Kanada 'n nes van
>> onheil is waar ouers snags bekommerd om die kersie hul kinders vashou en dat
>> ons hier in Suid-Afrika die misdaadsituasie hopeloos oorskat.
>>
>> Hierdie debat het ons al gehad. Glo my, dis futiel.
>
> Jy vergeet natuurlik, met opset, om te sê dat
> die hele debat begin het toe jy vertel het
> dat jou korrespondent in Vancouver sê dat
> hulle in Vancouver net klein oortredinkies
> het soos mense wat nie hulle biblioteek-
> boeke betyds ingee nie. Dit terwyl hulle nou
> al oor die dertig lyke uitgegrawe het op 'n
> plasie net buite Vancouver. Dit nadat die
> premier van British Columbia vir dronk bestuur
> in Hawai gevang is. Dit terwyl dele van downtown
> Vancouver van die ergste hole in Kanada is, en
> mense in gegoede buurtes vra dat daar iets gedoen
> moet word om die groeiende probleem van prostitute
> in hulle buurtes te bekamp.Dit nou, bo en behalwe
> die feit dat mense in duur condominiums sit waarvan
> die dakke so lek weens slegte struktuur dat die
> provinsie moet ingryp. Ek ken SA wat Vancouver toe
> getrek het en nou weer terug is in SA. Dit ten spyte
> van die feit dat dit nou glo, saam met Zurich, die
> beste stad in die wereld is om in te bly.
>
> Gloudina
>
Re: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74681 is 'n antwoord op boodskap #74679] Do, 20 Maart 2003 03:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Bees wrote:


> Jy sien Doudie, jy kan hierdie tipe van nonsies opdis as objektiewe
> waarneming vir die wat nie die agtergrond het om jou aan te vat nie.

Ek herhaal weer, ou Bees, dat die argument
oor Vancouver se "gevaarlikheid" onstaan het
omdat Koot, 'n gekultiveerde persoon, 'n
professor aan 'n universiteit in SA, kom vertel
het dat sy informant oor Vancouver vertel dat
die enigste misdaad in Vancouver nou dinge is
soos oortredings van mense wat nie hulle boeke
betyds biblioteek toe neem nie. Nou DAAG EK JOU
UIT om vir Koot te vertel hoe veilig Vancouver
is. Komaan, vertel hom DAT VANCOUVER TOTAAL VEILIG
is.

Gloudina
Re: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74699 is 'n antwoord op boodskap #74681] Do, 20 Maart 2003 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Net 'n klein sakie - soos die gerugte oor my voortydige dood, is die
stelling oor die pos wat ek tans beklee effens oordryf. Ek is ook nie
gekultiveerd nie - ek is 'n skaap in wolfsklere.

Koot

skryf in boodskap news:3E7934FD.8070600@rogers.com...
>
> Bees wrote:
>
>
>> Jy sien Doudie, jy kan hierdie tipe van nonsies opdis as objektiewe
>> waarneming vir die wat nie die agtergrond het om jou aan te vat nie.
>
>
> Ek herhaal weer, ou Bees, dat die argument
> oor Vancouver se "gevaarlikheid" onstaan het
> omdat Koot, 'n gekultiveerde persoon, 'n
> professor aan 'n universiteit in SA, kom vertel
> het dat sy informant oor Vancouver vertel dat
> die enigste misdaad in Vancouver nou dinge is
> soos oortredings van mense wat nie hulle boeke
> betyds biblioteek toe neem nie. Nou DAAG EK JOU
> UIT om vir Koot te vertel hoe veilig Vancouver
> is. Komaan, vertel hom DAT VANCOUVER TOTAAL VEILIG
> is.
>
> Gloudina
>
Re: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74704 is 'n antwoord op boodskap #74699] Do, 20 Maart 2003 08:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dolly?:)))))
Annette

.ac.za> skryf in boodskap news:b5btsa$eea$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Net 'n klein sakie - soos die gerugte oor my voortydige dood, is die
> stelling oor die pos wat ek tans beklee effens oordryf. Ek is ook nie
> gekultiveerd nie - ek is 'n skaap in wolfsklere.
>
> Koot
>
> skryf in boodskap news:3E7934FD.8070600@rogers.com...
>>
>> Bees wrote:
>>
>>
>>> Jy sien Doudie, jy kan hierdie tipe van nonsies opdis as objektiewe
>>> waarneming vir die wat nie die agtergrond het om jou aan te vat nie.
>>
>>
>> Ek herhaal weer, ou Bees, dat die argument
>> oor Vancouver se "gevaarlikheid" onstaan het
>> omdat Koot, 'n gekultiveerde persoon, 'n
>> professor aan 'n universiteit in SA, kom vertel
>> het dat sy informant oor Vancouver vertel dat
>> die enigste misdaad in Vancouver nou dinge is
>> soos oortredings van mense wat nie hulle boeke
>> betyds biblioteek toe neem nie. Nou DAAG EK JOU
>> UIT om vir Koot te vertel hoe veilig Vancouver
>> is. Komaan, vertel hom DAT VANCOUVER TOTAAL VEILIG
>> is.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74710 is 'n antwoord op boodskap #74681] Do, 20 Maart 2003 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Lees die Ps. van my booskap. (Of die titel, for that matter.) Dit gaan nie
oor Vancouver nie. Dit gaan oor emosionele, ongebalanseerde argumente wat
rus op mite en anecdote. Ek weet nog steeds nie wat anecdote in Afr is nie.

Bees

skryf in boodskap news:3E7934FD.8070600@rogers.com...
>
> Bees wrote:
>
>
>> Jy sien Doudie, jy kan hierdie tipe van nonsies opdis as objektiewe
>> waarneming vir die wat nie die agtergrond het om jou aan te vat nie.
>
>
> Ek herhaal weer, ou Bees, dat die argument
> oor Vancouver se "gevaarlikheid" onstaan het
> omdat Koot, 'n gekultiveerde persoon, 'n
> professor aan 'n universiteit in SA, kom vertel
> het dat sy informant oor Vancouver vertel dat
> die enigste misdaad in Vancouver nou dinge is
> soos oortredings van mense wat nie hulle boeke
> betyds biblioteek toe neem nie. Nou DAAG EK JOU
> UIT om vir Koot te vertel hoe veilig Vancouver
> is. Komaan, vertel hom DAT VANCOUVER TOTAAL VEILIG
> is.
>
> Gloudina
>
Re: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74714 is 'n antwoord op boodskap #74699] Do, 20 Maart 2003 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Net 'n klein sakie - soos die gerugte oor my voortydige dood, is die
> stelling oor die pos wat ek tans beklee effens oordryf.

Man, Koot, hier in Noord-Amerika noem ons
mos almal professors. Sommer uit wans uit
is jy assistant-professor, klim jy 'n bietjie
is jy associate professor, en uiteindelik,
as jy goed is "full professor." Laasgenoemde
is nou ongeveer soos "professor" in SA. So
in my oë is jy professor Koot, outoriteit op
die sosio-ekonomie van Vancouver.

Gloudina
Re: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74730 is 'n antwoord op boodskap #74710] Do, 20 Maart 2003 16:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" wrote:

> Ek weet nog steeds nie wat anecdote in Afr is nie.

Grappige storie?
Of sommer net plein "storie".
As jy rerig dit saam met "mite" wil gebruik, dan sou ek dink
"fabelagtige storie" sal ook pas?
Anders kan jy sommer maar net "anekdote" gebruik.
Ek raai maar net.
Re: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74731 is 'n antwoord op boodskap #74710] Do, 20 Maart 2003 17:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Bees wrote:

> Lees die Ps. van my booskap. (Of die titel, for that matter.) Dit gaan nie
> oor Vancouver nie. Dit gaan oor emosionele, ongebalanseerde argumente wat
> rus op mite en anecdote. Ek weet nog steeds nie wat anecdote in Afr is nie.

So, so sito sito, sit sit so, versterk
Bees die mite dat Vancouver 'n paradys
is waar die enigste oortredinkies gepleeg
word deur mense wat gedagvaar word omdat
hulle biblioteekboeke te laat inhandig.
'n Mite wat begin by 'n mens in Vancouver
wat lieg dat hy/sy blou in die gesig is, maar
wat wat dan uit SA versprei word deur
nie 'n verregse witnerf nie, maar 'n
akademikus met baie talente, sommige waarvan
op Litnet ter insae is.

Gloudina
Re: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74732 is 'n antwoord op boodskap #74710] Do, 20 Maart 2003 17:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Bees wrote:

Ek weet nog steeds nie wat anecdote in Afr is nie.

Dit hang alles af wat die woord "anecdote"
in Engels beteken, hoe jy dit in Afrikaans
gaan vertaal. Die Afrikaanse woord "anekdote"
is in gebruik, maar jy gee in jou bostaande
gebruik aan die woord "anecdote" 'n pejoratiewe
betekenis, en miskien moet jy dus meer
minagtend klink wanneer jy dit in Afrikaans
vertaal. Soos "stories" "ou verhaaltjie"
of soiets.

Gloudina
Re: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74746 is 'n antwoord op boodskap #74731] Do, 20 Maart 2003 22:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nee, nee.

Ek versterk geen mites nie. Ek verwerp anekdotiese "inligting" soos die
biblioteekboek storie met dieselfde minagting wat ek 'n storietjie soos "ek
ken iemand wat daar padgegee het".

Ek stel voor dat mens feite gebruik. Daarom sou ek se: Vancouver is 'n groot
stad met groot stad voordele, maar ook die negatiewe dinge wat met enige
groot stad saamgaan. As mens kyk na die willekeurige demografiese bewegings
van mense uit SA, is dit duidelilk dat amper 8000 hulle daar gevestig het.
Onthou, die is mense met keuses. Die syfer het met 36% toegeneem in net 5
jaar. (En Vancouver is die stad wat die verste van SA is - dit is amper ewe
ver wes en oos.)

Verder is daar objektiewe studies (Mercers / UN) wat bevind het dat, op
grond van 'n weie reeks kriteria, en vergeleke met ander groot stede, 'n
goeie plek is om te bly.

DIT is hoe mens so 'n vraag benader.

Grizzly-Bees.

skryf in boodskap news:3E79FB8B.8040200@rogers.com...
>
> Bees wrote:
>
>> Lees die Ps. van my booskap. (Of die titel, for that matter.) Dit gaan nie
>> oor Vancouver nie. Dit gaan oor emosionele, ongebalanseerde argumente wat
>> rus op mite en anecdote. Ek weet nog steeds nie wat anecdote in Afr is
nie.
>
> So, so sito sito, sit sit so, versterk
> Bees die mite dat Vancouver 'n paradys
> is waar die enigste oortredinkies gepleeg
> word deur mense wat gedagvaar word omdat
> hulle biblioteekboeke te laat inhandig.
> 'n Mite wat begin by 'n mens in Vancouver
> wat lieg dat hy/sy blou in die gesig is, maar
> wat wat dan uit SA versprei word deur
> nie 'n verregse witnerf nie, maar 'n
> akademikus met baie talente, sommige waarvan
> op Litnet ter insae is.
>
> Gloudina
>
Re: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74761 is 'n antwoord op boodskap #74714] Vr, 21 Maart 2003 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Cool.

skryf in boodskap news:3E79BCB5.7030509@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
>> Net 'n klein sakie - soos die gerugte oor my voortydige dood, is die
>> stelling oor die pos wat ek tans beklee effens oordryf.
>
>
> Man, Koot, hier in Noord-Amerika noem ons
> mos almal professors. Sommer uit wans uit
> is jy assistant-professor, klim jy 'n bietjie
> is jy associate professor, en uiteindelik,
> as jy goed is "full professor." Laasgenoemde
> is nou ongeveer soos "professor" in SA. So
> in my oë is jy professor Koot, outoriteit op
> die sosio-ekonomie van Vancouver.
>
> Gloudina
>
Re: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74762 is 'n antwoord op boodskap #74731] Vr, 21 Maart 2003 08:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Cooler.

skryf in boodskap news:3E79FB8B.8040200@rogers.com...
>
> Bees wrote:
>
>> Lees die Ps. van my booskap. (Of die titel, for that matter.) Dit gaan nie
>> oor Vancouver nie. Dit gaan oor emosionele, ongebalanseerde argumente wat
>> rus op mite en anecdote. Ek weet nog steeds nie wat anecdote in Afr is
nie.
>
> So, so sito sito, sit sit so, versterk
> Bees die mite dat Vancouver 'n paradys
> is waar die enigste oortredinkies gepleeg
> word deur mense wat gedagvaar word omdat
> hulle biblioteekboeke te laat inhandig.
> 'n Mite wat begin by 'n mens in Vancouver
> wat lieg dat hy/sy blou in die gesig is, maar
> wat wat dan uit SA versprei word deur
> nie 'n verregse witnerf nie, maar 'n
> akademikus met baie talente, sommige waarvan
> op Litnet ter insae is.
>
> Gloudina
>
Re: Mite en spin vs. Feite en objektiwiteit [boodskap #74788 is 'n antwoord op boodskap #74679] Vr, 21 Maart 2003 14:58 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Bees wrote:

Ek is weer daar oor 3 maande om my gesin op vakansie te
> neem. Al die pad uit Australia.

Bees, ek verbeel my dat jy ongetroud
was toe jy in Calgary was. Is jy intussen
getroud? Vertel van jou familie. Is jou
vrou Kanadees. Miskien kom kuier jy by
skoonfamilie in Vancouver? Onthou tog om
'n sambreel saam te bring.

Gloudina
Vorige onderwerp: Wie kan help?
Volgende onderwerp: gloudina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 00:54:49 MGT 2024