Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bolliewood is hier.
Bolliewood is hier. [boodskap #74645] Wo, 19 Maart 2003 06:57
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vliegtuie vol Indiese selibrate soos akteurs, sangers en politici oorval glo
ons hier ter ondersteuning van hulle span se hopelike oorwinning in die
wêreldbeker.
Hulle moet egter eers Kenia wen om in die eindronde teen Australië te kan
speel.
Ons is al verlede jaar in Oktober vertel dat AL die kaartjies uitverkoop
is - nou is daar skielik 500 kaartjies wat soek vir 'n koper vir hierdie
halfeindstryd. As hulle sou aankondig dat elkeen maar hulle eie bier en coke
kan in neem, dan word daardie kaartjies gou verkoop.
Terloops - ek hoor vanoggend dat 'n ander Kirsten-broer ( nie Gary of Peter
nie) by die afrigting van die Keniane betrokke was.

Annette
Vorige onderwerp: Sadam o Sadam
Volgende onderwerp: Lotto
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 18 14:31:06 MGT 2024