Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Bees wonder...
Die Bees wonder... [boodskap #74557] So, 16 Maart 2003 13:23 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Na sowat twee jaar se wegbly, het ek gewonder of Gloudina (@igs), Propacem,
oom Hans Walvis, dies meer nog hier "uithang". Dan was daar Leendert - hy en
G was heeldag (en nag) in mekaar se hare.

Is dit nog die moeite werd om te kom kuier, of het die groep verander in 'n
gekerm oor krieket, rugby, plaaslike politiek en ander gevolglose
trivialiteite?Die eerste 30 poste wat ek afgelaai het laat my maar wonder.

Bees

Voorheen van Namibia, SA, Engeland, Kanada, nou in Australia.
Re: Die Bees wonder... [boodskap #74561 is 'n antwoord op boodskap #74557] So, 16 Maart 2003 14:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Bees wrote:

> Na sowat twee jaar se wegbly, het ek gewonder of Gloudina (@igs), Propacem,
> oom Hans Walvis, dies meer nog hier "uithang". Dan was daar Leendert - hy en
> G was heeldag (en nag) in mekaar se hare.
>
> Is dit nog die moeite werd om te kom kuier, of het die groep verander in 'n
> gekerm oor krieket, rugby, plaaslike politiek en ander gevolglose
> trivialiteite?Die eerste 30 poste wat ek afgelaai het laat my maar wonder.

> Voorheen van Namibia, SA, Engeland, Kanada, nou in Australia.

Ag, liewe Bees, welkom terug! Ek hoop ek
onthou reg. Destyds van Alberta? Wat het
jou laat besluit om na Australië te gaan?
Nee, ek is nog hier. Dis mos my nes.
Leendert het die handdoek ingegooi ( hier
gebruik ek die anglisisme wat ek my af en
toe veroorloof.) Propacem (Leswin Laubscher)
kom nie meer so baie hier nie, maar het darem
in die afgelope jaar eenkeer ingeloer. Oom
Hans Walvis het sy eie republiek gestig, maar
ons het ons eie "Suidwester" hier wat soveel
strooi praat dat jy tog asseblief bietjie
hier moet bly en hom so nou en dan kortvat.

Gloudina @rogers
Re: Die Bees wonder... [boodskap #74565 is 'n antwoord op boodskap #74557] So, 16 Maart 2003 16:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nou waaroor wil jy praat? Ek dink ons het al elke liewe tema waaraan jy kan
dink sat bespreek op hierdie groep.

"Bees" wrote:
>
> Is dit nog die moeite werd om te kom kuier, of het die groep verander in 'n
> gekerm oor krieket, rugby, plaaslike politiek en ander gevolglose
> trivialiteite?Die eerste 30 poste wat ek afgelaai het laat my maar wonder.
>
> Bees
>
> Voorheen van Namibia, SA, Engeland, Kanada, nou in Australia.
>
Re: Die Bees wonder... [boodskap #74573 is 'n antwoord op boodskap #74561] So, 16 Maart 2003 23:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Inderdaad, ek was toe in Alberta (Calgary). Gewerk in Calgary en in
Yellowknife, NWT.

Ek werk vir 'n internasionale maatskappy - ek leer die wereld so ken. Ek was
vir twee jaar in Perth, maar oor 'n maand verhuis ek na Brisbane.

Verlang nogal terug na Kanada partydae. Ek gaan BC / Alberta toe vir 'n paar
weke in Julie. Gaan 'n week of so in Nelson, BC spandeer - was 'n paar keer
daar, pragtige dorpie op die Kootenay-meer.

Ek sal later inloer en kom skoorsoek of iets. ( Wat is "skoor"? )

Groete

Bees

>
> Ag, liewe Bees, welkom terug! Ek hoop ek
> onthou reg. Destyds van Alberta? Wat het
> jou laat besluit om na Australië te gaan?
> Nee, ek is nog hier. Dis mos my nes.
> Leendert het die handdoek ingegooi ( hier
> gebruik ek die anglisisme wat ek my af en
> toe veroorloof.) Propacem (Leswin Laubscher)
> kom nie meer so baie hier nie, maar het darem
> in die afgelope jaar eenkeer ingeloer. Oom
> Hans Walvis het sy eie republiek gestig, maar
> ons het ons eie "Suidwester" hier wat soveel
> strooi praat dat jy tog asseblief bietjie
> hier moet bly en hom so nou en dan kortvat.
>
> Gloudina @rogers
>
Re: Die Bees wonder... [boodskap #74590 is 'n antwoord op boodskap #74565] Ma, 17 Maart 2003 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
: > Bees
: >
: > Voorheen van Namibia, SA, Engeland, Kanada, nou in Australia.
---
hardloop jy weg van Interpol?

begin 666 wink2.gif
M1TE&.#EA#P`/`)$#`/___P```/__`/___R'_"TY%5%-#05!%,BXP`P$````A
M^00%+ $#`"P`````#P`/```",YP=F3`N%B(5IY:E0VH V$VJ))"5 %Z+.=
MJ5B:HQ)?76UC^"AX3L[R_7*]!JO5R- :!0`A^00%,@`#`"P%``,`!0`$```"
(!92/&1
Re: Die Bees wonder... [boodskap #74596 is 'n antwoord op boodskap #74573] Ma, 17 Maart 2003 17:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
As baklei en karakterskending jou tipe van vermaak is, dan is jy nou by die
verkeerde plek. Gloudina is effe getem met ons welwillendheid.:)))
Annette

"Bees" skryf in boodskap news:3e750566$0$13154$5a62ac22@freenews.iinet.net.au...
> Inderdaad, ek was toe in Alberta (Calgary). Gewerk in Calgary en in
> Yellowknife, NWT.
>
> Ek werk vir 'n internasionale maatskappy - ek leer die wereld so ken. Ek was
> vir twee jaar in Perth, maar oor 'n maand verhuis ek na Brisbane.
>
> Verlang nogal terug na Kanada partydae. Ek gaan BC / Alberta toe vir 'n paar
> weke in Julie. Gaan 'n week of so in Nelson, BC spandeer - was 'n paar keer
> daar, pragtige dorpie op die Kootenay-meer.
>
> Ek sal later inloer en kom skoorsoek of iets. ( Wat is "skoor"? )
>
> Groete
>
> Bees
>
>
>
>
>>
>> Ag, liewe Bees, welkom terug! Ek hoop ek
>> onthou reg. Destyds van Alberta? Wat het
>> jou laat besluit om na Australië te gaan?
>> Nee, ek is nog hier. Dis mos my nes.
>> Leendert het die handdoek ingegooi ( hier
>> gebruik ek die anglisisme wat ek my af en
>> toe veroorloof.) Propacem (Leswin Laubscher)
>> kom nie meer so baie hier nie, maar het darem
>> in die afgelope jaar eenkeer ingeloer. Oom
>> Hans Walvis het sy eie republiek gestig, maar
>> ons het ons eie "Suidwester" hier wat soveel
>> strooi praat dat jy tog asseblief bietjie
>> hier moet bly en hom so nou en dan kortvat.
>>
>> Gloudina @rogers
>>
>
Re: Die Bees wonder... [boodskap #74599 is 'n antwoord op boodskap #74573] Ma, 17 Maart 2003 18:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Bees wrote:

> Ek sal later inloer en kom skoorsoek of iets. ( Wat is "skoor"? )

Ek kan jou nie help nie, want ek het nie
'n etimologiese woordeboek nie. Ek kry ook
nie die woord "skoor" in die Nederlandse
woordeboek nie. Maar ek voel dat dit van
Germaanse oorsprong moet wees. Miskien uit
Duits?
In die Engels SA woordeboek kry ek die
oorsprong van "skollie" wat vir my interessant
is. Dit is glo afkomstig van die Nederlandse
"schoelje" (rogue, rascal). Hulle sê verder
"Dutch sailors, so the tradition goes, shouted
schoelje at the seagulls which swooped to snatch
up ship's offal and the word came to be used for
vagrants." So dit lyk my die woord was dus oor-
spronklik seagulls? (Ek dog die Nederlands vir
seagulls sou "seemeue" wees.)
Van meeue gepraat. Hier naby ons is die
Thousand Islands gebied in die Oostelike deel van
Lake Ontario, waar daar letterlik meer as duisend
kleiner en groter eilande is, baie waarop daar
huise en selfs 'n kasteel gebou is. ( Dit was die
playground van ryk New Yorkers in die twintigerjare
van die vorige eeu.) Mens neem gewoonlik jou buite-
landse besoekers op een van die bootreise tussen
die Thousand Islands. Aan die einde van so 'n trip,
so omtrent vyftien minute voor mens dok, dan begin
jy opmerk dat daar meeue langs die boot begin vlieg
in formasie, aan albei kante. En daar is soms nogal
'n geniepsige geveg oor watter meeu in die formasie
naaste aan die boot kan vlieg. Aan die einde van die
rit, waar daar dan letterlik honderde meeue die boot
volg, besef jy waarom dit gaan: hulle wag vir die
oorskiet kos wat die bootpersoneel uitgooi van die
kombuisie wat daar op die boot is. Dis heelwaarskynlik
meestal brood en French fries en sulke dinge, wat die
meeue dan in die vlieg opraap, as hulle kan, of anders
onder op die water probeer bykom.

Gloudina van Gananoque.
Re: Die Bees wonder... [boodskap #74600 is 'n antwoord op boodskap #74596] Ma, 17 Maart 2003 18:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> As baklei en karakterskending jou tipe van vermaak is, dan is jy nou by die
> verkeerde plek. Gloudina is effe getem met ons welwillendheid.:)))

Miskien is dit liewers andersom?

Die mense van Swellendam.
Re: Die Bees wonder... [boodskap #74619 is 'n antwoord op boodskap #74599] Di, 18 Maart 2003 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dankie G. Wie het die kasteel gebou? (Wat wil hulle he vir die kasteel?
Klink 'n interresante plek om af te tree. ;-)

Bees

skryf in boodskap news:3E76135F.1080200@rogers.com...
>
> Bees wrote:
>
>
>> Ek sal later inloer en kom skoorsoek of iets. ( Wat is "skoor"? )
>
> Ek kan jou nie help nie, want ek het nie
> 'n etimologiese woordeboek nie. Ek kry ook
> nie die woord "skoor" in die Nederlandse
> woordeboek nie. Maar ek voel dat dit van
> Germaanse oorsprong moet wees. Miskien uit
> Duits?
> In die Engels SA woordeboek kry ek die
> oorsprong van "skollie" wat vir my interessant
> is. Dit is glo afkomstig van die Nederlandse
> "schoelje" (rogue, rascal). Hulle sê verder
> "Dutch sailors, so the tradition goes, shouted
> schoelje at the seagulls which swooped to snatch
> up ship's offal and the word came to be used for
> vagrants." So dit lyk my die woord was dus oor-
> spronklik seagulls? (Ek dog die Nederlands vir
> seagulls sou "seemeue" wees.)
> Van meeue gepraat. Hier naby ons is die
> Thousand Islands gebied in die Oostelike deel van
> Lake Ontario, waar daar letterlik meer as duisend
> kleiner en groter eilande is, baie waarop daar
> huise en selfs 'n kasteel gebou is. ( Dit was die
> playground van ryk New Yorkers in die twintigerjare
> van die vorige eeu.) Mens neem gewoonlik jou buite-
> landse besoekers op een van die bootreise tussen
> die Thousand Islands. Aan die einde van so 'n trip,
> so omtrent vyftien minute voor mens dok, dan begin
> jy opmerk dat daar meeue langs die boot begin vlieg
> in formasie, aan albei kante. En daar is soms nogal
> 'n geniepsige geveg oor watter meeu in die formasie
> naaste aan die boot kan vlieg. Aan die einde van die
> rit, waar daar dan letterlik honderde meeue die boot
> volg, besef jy waarom dit gaan: hulle wag vir die
> oorskiet kos wat die bootpersoneel uitgooi van die
> kombuisie wat daar op die boot is. Dis heelwaarskynlik
> meestal brood en French fries en sulke dinge, wat die
> meeue dan in die vlieg opraap, as hulle kan, of anders
> onder op die water probeer bykom.
>
> Gloudina van Gananoque.
>
Re: Die Bees wonder... [boodskap #74622 is 'n antwoord op boodskap #74590] Di, 18 Maart 2003 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nope.

Ek hardloop na, nie weg van.

"Tobie" skryf in boodskap news:b55btm$f94$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> : > Bees
> : >
> : > Voorheen van Namibia, SA, Engeland, Kanada, nou in Australia.
> ---
> hardloop jy weg van Interpol?
>
Re: Die Bees wonder... [boodskap #74623 is 'n antwoord op boodskap #74619] Di, 18 Maart 2003 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Bees wrote:

> Dankie G. Wie het die kasteel gebou? (Wat wil hulle he vir die kasteel?
> Klink 'n interresante plek om af te tree. ;-)

Dit was 'n ryk Amerikaner wat Boldt Castle
gebou het. Dis onlangs gerestoureer nadat
dit bietjie in verval geraak het. Ek dink
dis heelwaarskynlik nou die besit van
New York staat. Ek was nog nooit daarin
nie, maar as jy met die langer bootrit
vanaf Gananoque tussen die Thousand Islands
toer, dan stop die boot gereeld daar, en
kan jy afklim en die eiland besien. Dis 'n
baie klein eilandjie. Dit is nie eintlik
'n goeie plek om af te tree nie, want die
water om jou sal vir omtrent vier of vyf
maande van die jaar bevries wees. Dit
sal 'n lekker somervakansieplek wees. Dis
in die deel van die Thousand Islands wat
in Amerikaanse waters is. Ek wonder of
Sterrenkijker dit kon sien toe hy met die
boot in die St. Lawrence Seaway opgevaar het.

Gloudina
Re: Die Bees wonder... [boodskap #74641 is 'n antwoord op boodskap #74557] Wo, 19 Maart 2003 06:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" skryf in boodskap news:...
>
> Is dit nog die moeite werd om te kom kuier, of het die groep verander in 'n
> gekerm oor krieket, rugby, plaaslike politiek en ander gevolglose
> trivialiteite?Die eerste 30 poste wat ek afgelaai het laat my maar wonder.
>
Bees

Was jy nog hier toe daai advertensie-liedjie, "Rugby, braaivleis,
sunny skies and Chevrolet", gereeld oor die radio gespeel was? Ons het
nie meer Chevs hier nie, maar die ander drie is nog daar en deel van
ons "kultuur". Krieket ook, veral na 1968 toe die Springbokke Bobby
Simpson se Ozzies so afgeslag het. En die politiek? Mens kan seker nie
sonder dit lewe nie :-)

Groete en welkom terug, Drom
Re: Die Bees wonder... [boodskap #74643 is 'n antwoord op boodskap #74641] Wo, 19 Maart 2003 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Van politiek gepraat - Prof Turok het toe mos in Argus se briewekolom 'n
brief geskryf waar hy 'n rede gee hoekom Yengeni so stout is - dit is omdat
hy as voorheenbenadeelde nie gewoond was om skielik te moes rondloop in duur
pakkies klere nie:))
Nietemin - die Yengeni uitspraak is glo blykbaar vandag - maar ek verwag nie
enige vuurwerke nie.

Annette

"Drom" skryf in boodskap news:1e507c17.0303182244.1fdad211@posting.google.com...
> "Bees" wrote in message
news:...
>>
>> Is dit nog die moeite werd om te kom kuier, of het die groep verander in 'n
>> gekerm oor krieket, rugby, plaaslike politiek en ander gevolglose
>> trivialiteite?Die eerste 30 poste wat ek afgelaai het laat my maar wonder.
>>
> Bees
>
> Was jy nog hier toe daai advertensie-liedjie, "Rugby, braaivleis,
> sunny skies and Chevrolet", gereeld oor die radio gespeel was? Ons het
> nie meer Chevs hier nie, maar die ander drie is nog daar en deel van
> ons "kultuur". Krieket ook, veral na 1968 toe die Springbokke Bobby
> Simpson se Ozzies so afgeslag het. En die politiek? Mens kan seker nie
> sonder dit lewe nie :-)
>
> Groete en welkom terug, Drom
Re: Die Bees wonder... [boodskap #78356 is 'n antwoord op boodskap #74557] Di, 27 Mei 2003 18:57 Na vorige boodskap
flinder  is tans af-lyn  flinder
Boodskappe: 11
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Junior Lid
Hulle kuier op ander geselsgroepe rond. Meer aktief as ooit.

"Bees" skryf in boodskap news:3e747bd1$0$13151$5a62ac22@freenews.iinet.net.au...
> Na sowat twee jaar se wegbly, het ek gewonder of Gloudina (@igs), Propacem,
> oom Hans Walvis, dies meer nog hier "uithang". Dan was daar Leendert - hy en
> G was heeldag (en nag) in mekaar se hare.
>
> Is dit nog die moeite werd om te kom kuier, of het die groep verander in 'n
> gekerm oor krieket, rugby, plaaslike politiek en ander gevolglose
> trivialiteite?Die eerste 30 poste wat ek afgelaai het laat my maar wonder.
>
> Bees
>
> Voorheen van Namibia, SA, Engeland, Kanada, nou in Australia.
>
Vorige onderwerp: Someuser
Volgende onderwerp: Ietsie snaaks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 00:26:28 MGT 2024