Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Info gesoek: Jhb
Info gesoek: Jhb [boodskap #7344] Vr, 04 Oktober 1996 00:00 na volgende boodskap
Louis  is tans af-lyn  Louis
Boodskappe: 32
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek is onlangs ingelig dat ek verplaas is na Jhb. My nuwe kantoor is
binne-in die middestad van Johannesburg. Die probleem is dat ek nou 'n
huis moet koop, iewers in Gauteng.

Die vraag is nou: in watter woonbuurt in Jhb sal u my aanbeveel om
eiendom te koop ?

Enige intelligente opinies sal opreg waardeer word.

Dankie
Louis
Re: Info gesoek: Jhb [boodskap #7356 is 'n antwoord op boodskap #7344] Ma, 07 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
ljb wrote:

binne-in die middestad van Johannesburg. Die probleem is dat ek nou 'n[/color]
> huis moet koop, iewers in Gauteng.

> Die vraag is nou: in watter woonbuurt in Jhb sal u my aanbeveel om
> eiendom te koop ?

> Enige intelligente opinies sal opreg waardeer word.>>>

'n Mens moet weet:
1. Hoeveel geld gaan jy he vir 'n huis (min of meer)
2. Hoe ver wil jy ry werk toe.
3. Moet jou kinders skool toe. Is hulle eng of afr wat skool betref.

Daar is bv. Westcliffe - wonderlik, geskiedkundig, teen 'n bult
lowergroen en fokkin duur. As jy 'n miljoen het is dit die plek. Dis
so 20 minute in die verkeer na die middestad toe.

Daar is Parktown. Dis so R500 000. Ook great. Selfde afstand.
Aucklandpark - in dieselfde soot klas. Gelee om die RAU.

Daar is Kensington. Bietjie nader aan die middestad as die voriges.
Gevestig. middel tot bo-middel klas met goeie skole. Ook ou, ruim
huise. Dit wissel van so R160 000 tot by 'n miljoen in Bedfordview wat
die een grens van Kensington is.

Dis die naby plekke.
Die verder wissel in dieselfde soort prysklas.
Re: Info gesoek: Jhb [boodskap #7379 is 'n antwoord op boodskap #7344] Di, 08 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
Louis,

Die beste voorstel wat ek kan maak - is paar jaar gelede hierheen
verplaas, is kry 'n vriend in JHB en kom kuier 'n naweek waartydens jy
net gaan kyk hoe die verskillende voorstede lyk en so hier en daar
probeer uitvind in watter prysklas elke voorstad le. Dan gesels jy en
jou vrou daaroor, as jy getroud is, en besluit min of meer in watter
rigting, afstand vanaf die werk, ens. julle wel wil woon, en daarna
begin jy in die areas vir 'n huis soek. Probeer ook vooraf uitvind van
skole, besighede ens. sodat jy 'n ingeligde besluit kan neem, wat
voordelig onmiddellik, sowel as later sal wees.

Probeer gerus Homestead, Germiston - net oos van Primrose, of selfs
sommige dele van Edenvale - beide is naby die snelweg JHB toe.

Sterkte

Johan
Re: Info gesoek: Jhb [boodskap #7447 is 'n antwoord op boodskap #7344] Do, 17 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskap
Johan van Vollenhoven  is tans af-lyn  Johan van Vollenhoven
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Junior Lid
varkboer@.icon.co.za wrote:
>
> johan van vollenhoven gee die volgende advies:
>>
>> Probeer gerus Homestead, Germiston - net oos van Primrose, of selfs
>> sommige dele van Edenvale - beide is naby die snelweg JHB toe.
>>
>> Sterkte
>>
>> Johan
>
> haai johan,
>
> dis net vir my ongelooflik interessant hoe spesifiek jy in jou advies is.
> homestead is darem baie klein om sommer net so genoem te word?
>
> groete,
>
> varkboer

Vriend, jy vra dan hulp, en ek gee dit, bloot omdat ek daar woon en dit
baie aangenaam en rustig vind. Klink my jy het 'n witwatersrand
straatkaart byderhand - 'n goeie belegging vir iemand wat hierheen wil
verhuis, so kyk maar na die areas rondom Homestead ook, bv. Primrose,
Gerdview, Rustivia, Sunny Rock, Primrose Heuwel..., ens...

Hoop jy kry 'n plekkie wat nie te duur is nie.

Groetnis.

Johan
Re: Info gesoek: Jhb [boodskap #7448 is 'n antwoord op boodskap #7344] Do, 17 Oktober 1996 00:00 Na vorige boodskap
varkboer  is tans af-lyn  varkboer
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
johan het so geantwoord op my vorige gekrabbel:

> Vriend, jy vra dan hulp, en ek gee dit, bloot omdat ek daar woon en dit
> baie aangenaam en rustig vind. Klink my jy het 'n witwatersrand
> straatkaart byderhand - 'n goeie belegging vir iemand wat hierheen wil
> verhuis, so kyk maar na die areas rondom Homestead ook, bv. Primrose,
> Gerdview, Rustivia, Sunny Rock, Primrose Heuwel..., ens...
>
> Hoop jy kry 'n plekkie wat nie te duur is nie.
>
> Groetnis.
>
> Johan

skies vir die misverstand, maar dis nie ek wat die advies gesoek het nie. ek
woon in elk geval in edenvale en het tot baie onlangs nog in boksburg gebly.
ek was selfs in 'n homestead skool - Goudrif.

maar dis reg, promote jou area!

groete.

varkboer.
Vorige onderwerp: Krugerdagprogram
Volgende onderwerp: Spaanse grotjes voor iedereen!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:40:55 MGT 2024