Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "pipperel" ?
"pipperel" ? [boodskap #74326] Vr, 07 Maart 2003 22:33 na volgende boodskap
loes&patrick  is tans af-lyn  loes&patrick
Boodskappe: 239
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Die woord "Pipperel" staan niet in die
Nederlandse Etymologisch woordenboek
(van Dalen, uitgawe 1997)
Dit lyk op 'n verbastering - dus -
moontlik is die woord "Pimpernel" bedoel
wat die naam van 'n plant is: "Pimpernellenkruid"
Of uit 'n ou Frans verhaal "Die rooi Pimpernel"
Het jy geen Nederlands Etymologisch woordenboek nie
Norbert? Baie interessant vir 'n egte taalkundige
so's jy is ne?
Patrick
Re: "pipperel" ? [boodskap #74335 is 'n antwoord op boodskap #74326] Sa, 08 Maart 2003 16:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Destyds het die ou mense gepraat dat wanneer
iemand stres oor iets dan sê hulle die ou het /
kry die pipperellakoors / papperellakoors
Kom uit die Boland (Wellington) gebied.
Re: "pipperel" ? [boodskap #74337 is 'n antwoord op boodskap #74335] Sa, 08 Maart 2003 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" wrote:

> Destyds het die ou mense gepraat dat wanneer
> iemand stres oor iets dan sê hulle die ou het /
> kry die pipperellakoors / papperellakoors
> Kom uit die Boland (Wellington) gebied.

O, ek hou van hierdie woord - pipperallakoors. Dankie Toobs! :-)
Ek is tans besig om vinnig pipperellakoors te ontwikkel, want ons het
'n lekkasie iewers in my seun se badkamer, en dit drup deur die plafon
tot in die eetkamer wat direk daaronder is. Dis Saterdag - manlief is
in Dallas, en die loodgieters vra verskriklik baie om net die fout te
soek. Nou het ek maar braaf (of dom) 'n gat in die plafon gesny om te
probeer sien wat aangaan. Besef toe dat die storie bietjie bo my
vuurmaakplek is, en dog toe om te kom pos lees en hoop die gat in die
dak sal weggaan en die lek sal vansself regkom! Ai toggie! :-)
Re: "pipperel" ? [boodskap #74342 is 'n antwoord op boodskap #74335] Sa, 08 Maart 2003 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Tobie wrote:

> Destyds het die ou mense gepraat dat wanneer
> iemand stres oor iets dan sê hulle die ou het /
> kry die pipperellakoors / papperellakoors
> Kom uit die Boland (Wellington) gebied.

Ja! Jy het iets hier beet. Ek dink
mense moet die taalmanne daar op
Stellenbosch bel en uitvind hierom-
trent. Ek is baie geinteresseer.
Ek ken ook die uitdrukking "pippe-
rella-koors."

Gloudina
Re: "pipperel" ? [boodskap #74344 is 'n antwoord op boodskap #74337] So, 09 Maart 2003 05:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
hmmm ...... gewoonlik is die huis se plafon mos bo
die vuurmaak plek, nie waar nie, in RSA anyway :-)
ek hou van jou nuwe isp adres ..... heheheheh
Suimpeerts

het die huis nie 'n luik waardeur jy kan ingaan
tot bo-op die plafon nie?
---
"Katryn" wrote in message
Re: "pipperel" ? [boodskap #74346 is 'n antwoord op boodskap #74344] So, 09 Maart 2003 16:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" wrote:

> hmmm ...... gewoonlik is die huis se plafon mos bo
> die vuurmaak plek, nie waar nie, in RSA anyway :-)

Hey! :-))

> ek hou van jou nuwe isp adres ..... heheheheh

Ja - so leer mens maar. Ek wil nie graag weer ongewensde privaat
posse kry nie. :-)

> het die huis nie 'n luik waardeur jy kan ingaan
> tot bo-op die plafon nie?

Nee - ongelukkig nie. Maar die goeie nuus is dat dit nou reg is, en
my pipperellakoors het afgekom na normaal. :-) My man (nogsteeds
uithuisig) het die bouers gebel, en hulle het tot gisteraand laat
gewerk om die lekkasie te vind, reg te maak en die gat in die plafon
weer toe te maak. (Ek het dit nogal geniet om te help.)
Dis maklik om gate in die mure en plafonne hier te sny, want dis mos
alles "drywall" wat soos 'n gips tipe ding is. Al die binnemure word
daarmee gebou (met hout strukture wat dit ondersteun. Net die
buitenste mure word soms met bakstene gebou. Ons huis is gedeeltelik
baksteen/siersteen buite. Maar dis maar net een lagie bakstene, en
nie die dubbel laag soos wat julle huise in SA is nie.
Elkgeval - dit was nogal lekker om weer met modder te speel. :-))
(Mens noem die goed wat mens gebruik om gate toe te maak en die some
van die drywall mure gelyk te maak, "mud". )
Re: "pipperel" ? [boodskap #74354 is 'n antwoord op boodskap #74342] Ma, 10 Maart 2003 06:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken 'n persoon wat 'n paar jaar terug werklik gediagnoseer is met
"pappalellekoors", met ongeveer so 'n spelling. Dis blykbaar 'n werklike
kwaal wat 'n mens nogal kan tam en siek maak.

K

skryf in boodskap news:3E6A5020.1090203@rogers.com...
>
> Tobie wrote:
>
>> Destyds het die ou mense gepraat dat wanneer
>> iemand stres oor iets dan sê hulle die ou het /
>> kry die pipperellakoors / papperellakoors
>> Kom uit die Boland (Wellington) gebied.
>
> Ja! Jy het iets hier beet. Ek dink
> mense moet die taalmanne daar op
> Stellenbosch bel en uitvind hierom-
> trent. Ek is baie geinteresseer.
> Ek ken ook die uitdrukking "pippe-
> rella-koors."
>
> Gloudina
>
Re: "pipperel" ? [boodskap #74360 is 'n antwoord op boodskap #74354] Ma, 10 Maart 2003 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dog altyd dis papparellekoors, en was nog altyd onder die indruk dat dit
die ou weergawe van jappiegriep is.
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:b4hb46$bo6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek ken 'n persoon wat 'n paar jaar terug werklik gediagnoseer is met
> "pappalellekoors", met ongeveer so 'n spelling. Dis blykbaar 'n werklike
> kwaal wat 'n mens nogal kan tam en siek maak.
>
> K
>
> skryf in boodskap news:3E6A5020.1090203@rogers.com...
>>
>> Tobie wrote:
>>
>>> Destyds het die ou mense gepraat dat wanneer
>>> iemand stres oor iets dan sê hulle die ou het /
>>> kry die pipperellakoors / papperellakoors
>>> Kom uit die Boland (Wellington) gebied.
>>
>> Ja! Jy het iets hier beet. Ek dink
>> mense moet die taalmanne daar op
>> Stellenbosch bel en uitvind hierom-
>> trent. Ek is baie geinteresseer.
>> Ek ken ook die uitdrukking "pippe-
>> rella-koors."
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: "pipperel" ? [boodskap #74380 is 'n antwoord op boodskap #74360] Ma, 10 Maart 2003 09:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan Merolant  is tans af-lyn  Jan Merolant
Boodskappe: 5
Geregistreer: Maart 2003
Karma: 0
Junior Lid
Annette heeft geschreven in bericht ...
> Ek dog altyd dis papparellekoors, en was nog altyd onder die indruk dat dit
> die ou weergawe van jappiegriep is.
> Annette

Ik vond een lied van Anton Goosen, waarin pipperella-koorts voorkomt.
Weet iemand
wat pipperella-koorts in het Engels is?

Groeten,
Jan

KLAWERTJIES NATLEI (Anton Goosen)
------------------

DIE OSSEWAENS BLOM OOR DIE GANSE KERKPLEIN
TENTE VERRYS TOE DIE STOF EERS VERDWYN
NEE DIS NIE NAGMAAL SOOS ALMAL VERWAG, DIS DIE OU ZAR SE BOERESPORTDAG
DIE KOETSROETE VANAF DIE WITWATERSRAND
WEMEL VAN MENSE VAN OOR DIE HELE LAND
BURGERS EN UITLANDERS WAT ALMAL KYK, LADIES EN NIGGIES WAT SPOGGERIG LYK

DIS JUKSKEI EN KENNETJIE, 3-BENE-IN-‘N-SAK
TOUTREK TOT ALMAL SE RÛE KNAK

SKYFSKIET MET MAUSERS EN JUKSKEIE SMYT
BEESBLASE RONDSKOP EN BOKS IN DIE KRYT

KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI
KOM SAAM MET MY OM ‘N KLAPSOEN TE KRY
KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI
DIE ANDER GAAN LOER AS ONS TWEETJIES VRY

(Solo)

OOM PAUL SIT SO RUSTIG VANDAG BY SY HUIS
BELOER DIE GEBEURE PYP IN DIE VUIS
AGTER DAAI GOUERAAM BRIL OP SY OË, TUUR HY OOK SOMS NA DIE DUIWE DAARBO
BEGRAFNISRYSBREDIE EN DIK POETOEPAP, DROË BEESBILTONG EN WORS OM TE HAP
DIE REUK VAN DIE VLEISBRAAI DRYF TOT OP SY STOEP
OOM PAUL VLOOG OP OM DIE VROU TE GAAN ROEP

O VROUTJIE GAAN TREK AAN JOU MOOISTE ROK
NOU GAAN ONS EERS DAARDIE UITLANDERS SKOK
WAT’S DIT MET HOM BY HAARSELF WONDER SY
HY SKROU OF HY DALK PIPPERELLAKOORS KRY
KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI
KOM SAAM MET MY OM ‘N KLAPSOEN TE KRY
KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI
}DIE ANDER GAAN LOER AS ONS TWEETJIES VRY

(Solo)

EN SO’T HY GESÊ EN SO IS GEDAAN, ALLES IN STYL SOOS DIT HOM MOS BETAAM
ALMAL KON RAAI WIE HET PYPROOK GEWEN, OOK LOOP OP PALE HET HY GOED GEKEN
SY VROUTJIE WAT 16 KINDERS WOU HÊ
DAAI DAG HET SY DAREM HAAR SÊ GOED GESÊ
KLAWERTJIES NATLEI DIE LAASTE ITEM, VOOR HY KON STRY IS HY GOED
VASGEKLEM

LIEFIES OMHELS HULLE NET HY EN SY
BESIG OM DIE KLAWERTJIES GOED NAT TE LEI
DAAR HET OOM PAUL OOK GOED AANGESTEEK
KLAWERTJIES NATLEI’T SY OU HART GEWEEK

KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI
KOM SAAM MET MY OM ‘N KLAPSOEN TE KRY
KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI}
DIE ANDER GAAN LOER AS ONS TWEETJIES VRY

(Solo)

O WAAR IS DIE DAE, DIE BOERESPORT DAE
VAN KLAWERTJIES NATLEI AGTER DIE WA
Re: "pipperel" ? [boodskap #74383 is 'n antwoord op boodskap #74380] Ma, 10 Maart 2003 09:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jan, dis koors!! nie koorts nie:)))
Annette

"Jan Merolant" skryf in boodskap news:b4hkpd$20dm37$1@ID-102081.news.dfncis.de...
>
> Annette heeft geschreven in bericht ...
>> Ek dog altyd dis papparellekoors, en was nog altyd onder die indruk dat dit
>> die ou weergawe van jappiegriep is.
>> Annette
>
>
> Ik vond een lied van Anton Goosen, waarin pipperella-koorts voorkomt.
> Weet iemand
> wat pipperella-koorts in het Engels is?
>
> Groeten,
> Jan
>
> KLAWERTJIES NATLEI (Anton Goosen)
> ------------------
>
> DIE OSSEWAENS BLOM OOR DIE GANSE KERKPLEIN
> TENTE VERRYS TOE DIE STOF EERS VERDWYN
> NEE DIS NIE NAGMAAL SOOS ALMAL VERWAG, DIS DIE OU ZAR SE BOERESPORTDAG
> DIE KOETSROETE VANAF DIE WITWATERSRAND
> WEMEL VAN MENSE VAN OOR DIE HELE LAND
> BURGERS EN UITLANDERS WAT ALMAL KYK, LADIES EN NIGGIES WAT SPOGGERIG LYK
>
> DIS JUKSKEI EN KENNETJIE, 3-BENE-IN-'N-SAK
> TOUTREK TOT ALMAL SE RÛE KNAK
>
> SKYFSKIET MET MAUSERS EN JUKSKEIE SMYT
> BEESBLASE RONDSKOP EN BOKS IN DIE KRYT
>
> KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI
> KOM SAAM MET MY OM 'N KLAPSOEN TE KRY
> KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI
> DIE ANDER GAAN LOER AS ONS TWEETJIES VRY
>
> (Solo)
>
> OOM PAUL SIT SO RUSTIG VANDAG BY SY HUIS
> BELOER DIE GEBEURE PYP IN DIE VUIS
> AGTER DAAI GOUERAAM BRIL OP SY OË, TUUR HY OOK SOMS NA DIE DUIWE DAARBO
> BEGRAFNISRYSBREDIE EN DIK POETOEPAP, DROë BEESBILTONG EN WORS OM TE HAP
> DIE REUK VAN DIE VLEISBRAAI DRYF TOT OP SY STOEP
> OOM PAUL VLOOG OP OM DIE VROU TE GAAN ROEP
>
> O VROUTJIE GAAN TREK AAN JOU MOOISTE ROK
> NOU GAAN ONS EERS DAARDIE UITLANDERS SKOK
> WAT'S DIT MET HOM BY HAARSELF WONDER SY
> HY SKROU OF HY DALK PIPPERELLAKOORS KRY
> KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI
> KOM SAAM MET MY OM 'N KLAPSOEN TE KRY
> KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI
> }DIE ANDER GAAN LOER AS ONS TWEETJIES VRY
>
> (Solo)
>
> EN SO'T HY GESê EN SO IS GEDAAN, ALLES IN STYL SOOS DIT HOM MOS BETAAM
> ALMAL KON RAAI WIE HET PYPROOK GEWEN, OOK LOOP OP PALE HET HY GOED GEKEN
> SY VROUTJIE WAT 16 KINDERS WOU HÊ
> DAAI DAG HET SY DAREM HAAR Sê GOED GESÊ
> KLAWERTJIES NATLEI DIE LAASTE ITEM, VOOR HY KON STRY IS HY GOED
> VASGEKLEM
>
> LIEFIES OMHELS HULLE NET HY EN SY
> BESIG OM DIE KLAWERTJIES GOED NAT TE LEI
> DAAR HET OOM PAUL OOK GOED AANGESTEEK
> KLAWERTJIES NATLEI'T SY OU HART GEWEEK
>
> KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI
> KOM SAAM MET MY OM 'N KLAPSOEN TE KRY
> KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI}
> DIE ANDER GAAN LOER AS ONS TWEETJIES VRY
>
> (Solo)
>
> O WAAR IS DIE DAE, DIE BOERESPORT DAE
> VAN KLAWERTJIES NATLEI AGTER DIE WA
>
Re: "pipperel" ? [boodskap #74399 is 'n antwoord op boodskap #74354] Ma, 10 Maart 2003 13:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Mar 2003 08:24:27 +0200, "Koot"
wrote:

> Ek ken 'n persoon wat 'n paar jaar terug werklik gediagnoseer is met
> "pappalellekoors", met ongeveer so 'n spelling. Dis blykbaar 'n werklike
> kwaal wat 'n mens nogal kan tam en siek maak.
>
Hallo, Koot,

Michael Paparella is 'n bekende Amerikaanse neus-, keel- en
oorspesialies. Dit sou my nie verwonder nie moes daardie siekte 'n
naam van hom het gekry. Miskien wel 'n soort oorontsteking.

Groetjies,

Norbert (uit Vlaandere)
Re: "pipperel" ? [boodskap #74405 is 'n antwoord op boodskap #74380] Ma, 10 Maart 2003 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jan Merolant wrote:

> Ik vond een lied van Anton Goosen, waarin pipperella-koorts voorkomt.
> Weet iemand
> wat pipperella-koorts in het Engels is?

> KLAWERTJIES NATLEI (Anton Goosen)

> HY SKROU OF HY DALK PIPPERELLAKOORS KRY
> KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI
> KOM SAAM MET MY OM 'N KLAPSOEN TE KRY

> O WAAR IS DIE DAE, DIE BOERESPORT DAE
> VAN KLAWERTJIES NATLEI AGTER DIE WA

Nou word die saak darem regtig interessant.
En wat merkwaardig is, is dat mens weer sprake
het van "klawer" saam met die "pipperellakoors."
Ek hoop iemand kontak 'n taaldepartement iewers
en vind uit wat die antwoord is. Koot, wat van
jou taaldepartement? Ek wonder of "pipperella-
koors" miskien mononucleiosis (spelling?) is.
Dis mos iets waar mens geweldig opswel, en dis
iets wat tradisioneel met soenery geassosieer
word. Maar wat die klawertjies natlei agter die
wa beteken, dit kan mens nou net wonder.

Gloudina
Re: "pipperel" ? [boodskap #74413 is 'n antwoord op boodskap #74380] Ma, 10 Maart 2003 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
dankie Jan vir dié informasie.
groete
---
"Jan Merolant"
---knip---
: Ik vond een lied van Anton Goosen, waarin pipperella-koorts voorkomt.
: Weet iemand
: wat pipperella-koorts in het Engels is?
:
: KLAWERTJIES NATLEI (Anton Goosen)
: ------------------
:
: NOU GAAN ONS EERS DAARDIE UITLANDERS SKOK
: WAT'S DIT MET HOM BY HAARSELF WONDER SY
: HY SKROU OF HY DALK PIPPERELLAKOORS KRY
Re: "pipperel" ? [boodskap #74428 is 'n antwoord op boodskap #74335] Di, 11 Maart 2003 08:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> Destyds het die ou mense gepraat dat wanneer
> iemand stres oor iets dan sê hulle die ou het /
> kry die pipperellakoors / papperellakoors
> Kom uit die Boland (Wellington) gebied.

Tobie

Ek het in die suidelike punt van die ou Natal groot geword, op 'n plek
waar armblankes (na die eeste Wêreldoorlog, vererger deur die
depressie en groot droogte van die vroeë 30s) gebruik is as arbeiders
om met hulle hande en 'n koevoet boompies vir die staat te plant teen
'n weeklikse loon van 6/4. Meeste was Vrystaatse plaasboere wat
uitgeboer het, defnitief geen Wellington mense nie.

Daar het ek ook hierdie woord leer ken, maar ek kan gladnie onthou
waarvoor dit gebruik was nie. Nie vir stress, jappiegriep of depressie
nie. Dis "moderne" begrippe. Daai dae was 'n mens sommer net
befoeterd, dikbek of sommer net vol s___t.

Groete, Drom
Re: "pipperel" ? [boodskap #74429 is 'n antwoord op boodskap #74405] Di, 11 Maart 2003 09:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal prof Ernst Kotze vra. Hy's 'n lopende ensiklopedie.

K

skryf in boodskap news:3E6C9F54.3010406@rogers.com...
>
> Jan Merolant wrote:
>
>
>> Ik vond een lied van Anton Goosen, waarin pipperella-koorts voorkomt.
>> Weet iemand
>> wat pipperella-koorts in het Engels is?
>
>> KLAWERTJIES NATLEI (Anton Goosen)
>
>> HY SKROU OF HY DALK PIPPERELLAKOORS KRY
>> KLAWERTJIES NATLEI, KLAWERTJIES NATLEI
>> KOM SAAM MET MY OM 'N KLAPSOEN TE KRY
>
>> O WAAR IS DIE DAE, DIE BOERESPORT DAE
>> VAN KLAWERTJIES NATLEI AGTER DIE WA
>
>
> Nou word die saak darem regtig interessant.
> En wat merkwaardig is, is dat mens weer sprake
> het van "klawer" saam met die "pipperellakoors."
> Ek hoop iemand kontak 'n taaldepartement iewers
> en vind uit wat die antwoord is. Koot, wat van
> jou taaldepartement? Ek wonder of "pipperella-
> koors" miskien mononucleiosis (spelling?) is.
> Dis mos iets waar mens geweldig opswel, en dis
> iets wat tradisioneel met soenery geassosieer
> word. Maar wat die klawertjies natlei agter die
> wa beteken, dit kan mens nou net wonder.
>
> Gloudina
>
Re: "pipperel" ? [boodskap #74432 is 'n antwoord op boodskap #74428] Di, 11 Maart 2003 15:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Drom wrote:

Nie vir stress, jappiegriep of depressie
> nie. Dis "moderne" begrippe. Daai dae was 'n mens sommer net
> befoeterd, dikbek of sommer net vol s___t.

Bedoel jy die "pipperella koors" sou
beteken die mens is sommer net dikbek
en befoeterd, ensovoorts? Dus 'n
manier om te sê die mens is sommer net
miserabel?

Gloudina
Re: "pipperel" ? [boodskap #74433 is 'n antwoord op boodskap #74429] Di, 11 Maart 2003 15:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Ek sal prof Ernst Kotze vra. Hy's 'n lopende ensiklopedie.

Goed. Onthou om vir hom te vertel beide van
die Merolant-aanhaling van die raaisel, en
van die Anton Goosen lied. As hy nie van
hierdie uitdrukking bewus is nie, en as dit
nie in Afrikaanse naslaanwerke bestaan nie,
dan is daar stof vir 'n meestersverhandeling
hier. Onthou om vir hom te vertel van die
saamgaande klawer-konneksie.

Gloudina
Re: "pipperel" ? [boodskap #74443 is 'n antwoord op boodskap #74432] Wo, 12 Maart 2003 06:08 Na vorige boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Drom wrote:
> Bedoel jy die "pipperella koors" sou
> beteken die mens is sommer net dikbek
> en befoeterd, ensovoorts? Dus 'n
> manier om te sê die mens is sommer net
> miserabel?

Gloudina

Soos gesê kan ek nie onthou nie. Iewers in my agterkop sê iets vir my
dat die woord dalk gebruik was as iemand siek "gespeel" het en dus nie
skool of werk toe wou gaan nie, maar ek is nie seker nie.
Drom
Vorige onderwerp: Pipperellakoors (die oplossing?)
Volgende onderwerp: ken julle mirc?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 20:15:11 MGT 2024